PRET­TI­GE POE­DING­MAND­JIE VIR DIE KIN­DERS

Rooi Rose - - KOM EET SAAM -

GE­NOEG VIR 4-6

Hou die kin­ders aan die ein­de van die piek­niek be­sig met ’n ver­ras­sings­mand­jie.

KARAMELSOUS

1 blik ka­ra­mel 250 ml (1 k) room

WITSJOKOLADE-GANACHE

100 g witsjokolade, ge­kap 250 ml (1 k) room

PAK IN

8-10 aar­beie 8-10 mal­va­lek­kers 125 ml (½ k) sjo­ko­la­de­ver­mi­cel­li 100 g ge­vlok­te a­man­dels, lig­gies ge­roos­ter

KARAMELSOUS

1 Gooi die ka­ra­mel in ’n klein ka­strol en ver­hit oor ma­ti­ge hit­te. Laat ef­fens af­koel.

2 Voeg die room by en meng goed deur. Gooi in ’n glas- of plas­tiek­hou­er wat dig se­ël.

3 Witsjokolade-ganache: Ver­hit die room in ’n klein ka­strol, trek die ka­strol van die hit­te af en voeg die witsjokolade by. Roer tot die s­jo­ko­la­de ge­smelt is. Gooi in ’n glas- of plas­tiek­hou­er wat dig se­ël.

4 Ryg die aar­beie en mal­va­lek­kers op so­sa­tie­stok­kies. Gooi die ver­mi­cel­li en a­man­dels in t­wee ver­skil­len­de dig­slui­ten­de bak­kies.

5 Pak al­les in ’n piek­niek­mand­jie en laat el­ke kind die aar­beie en mal­va­lek­kers in die on­der­skei­de­li­ke sou­se en bo­lae doop. Hou dit weg van die groot­men­se af!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.