LAATONTBYT

Rooi Rose - - KOSKAS -

Daar­die ou staat­ma­ker, laatontbyt of brunch, word nou wê­reld­wyd her­ont­dek.

Dit is die per­fek­te ma­nier van kui­er en ont­haal wan­neer dit te laat vir ont­byt en te vroeg vir mid­dag­e­te is. Die laat­ont­byt­spys­kaart hoef geen­sins by ont­byt­ge­reg­te te hou nie - von­kel­wyn, slaaie en see­kos werk net so goed. Win­ches­ter Man­si­ons in See­punt het die kuns van die per­fek­te laatontbyt be­mees­ter. Hier kan jy el­ke Son­dag van elf­uur af na har­te­lus in die prag­ti­ge bin­ne­hof smul ter­wyl jy al­te lek­ker na be­ken­de jazz-mu­si­kan­te luis­ter. Die Win­ches­ter Man­si­on-ont­byt­buf­fet (R345-R395 pp) be­gin met ’n ver­skei­den­heid see­kos­se (selfs ont­byt-soesji) en tra­di­si­o­ne­le ont­byt­ge­reg­te en ein­dig met Son­dag­mid­dag-roos­ter­stuk­ke en na­tuur­lik ’n ta­fel wat kreun on­der poe­ding. Gaan kyk by win­ches­ter.co.za vir die pro­gram van jazz-mu­si­kan­te en be­spreek som­mer da­de­lik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.