EIKESTADBEDERF

Rooi Rose - - RONDRITS -

Wat kan lek­ker­der wees as om eer­li­ke kos in die his­to­rie­se hart van S­tel­len­bosch te ge­niet? On­der die be­kwa­me lei­ding van sjef Rob Rains­ford is S­tel­len­bosch Kom­buis se spys­kaart ge­vul met in­heem­se én uit­heem­se guns­te­lin­ge, keu­rig be­rei en voor­ge­sit.

Die mees­te van die vars, sei­soe­na­le be­stand­de­le word bin­ne ’n ra­di­us van 50 km om S­tel­len­bosch ver­bou. Die wyn­lys be­vat ’n puik ver­skei­den­heid be­ken­de, so­wel as boe­tiek­wy­ne uit die streek, as­ook ar­ti­san-bier.

Die sy­paad­jie-stoep is ver­al op die lang, soel aan­de in die fees­tyd ge­wild. Gas­te be­gin graag met ’n gla­sie Bo­land­wyn en dik­wels duur die ge­sel­lig­heid tot ná poe­ding en kof­fie. Om al­les te kroon, word die mil­de ont­byt­buf­fet vry al­ge­meen ge­re­ken as een van die bes­te in die dorp.

• S­tel­len­bosch Kom­buis, op die hoek van Dorp- en An­drin­gastraat, be­derf be­soe­kers met maal­tye en ver­sna­pe­rin­ge van hoog­staan­de ge­hal­te in ’n gemaklike, ge­sins­vrien­de­li­ke om­ge­wing - gra­tis Wi-Fi in­ge­sluit.

• Ont­byt, mid­dag- en aand­e­te is daag­liks be­skik­baar.

• Bel 021 883 2893 of kyk by stel­len­boschkit­chen.co.za; e­a­tout.co.za/ve­nue/s­tel­len­bosch-kit­chen; Fa­ce­book: S­tel­len­bosch Kit­chen; In­sta­gram: @st­b_­kit­chen E­a­tOut

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.