Swart op wit Va­li­ant Swart

Rooi Rose - - INHOUD -

EK ONT­HOU DAAR­DIE SO­MER van meer as der­tig jaar ge­le­de as­of dit gis­ter was. Ek was ’n jong lat van so 21 jaar oud: ei­e­wys, bul­let p­roof, vol vry­heid­stre­wes en min ge­pla deur die ver­re voor­uit­sig van ’n loop­baan in die groot­mens­wê­reld

Dit was ’n bie­tjie meer as twee jaar se­dert ek my ou­er­huis ver­laat het om te gaan stu­deer, en in die lang u­ni­ver­si­teits­va­kan­sies, win­ter en so­mer, was daar al­tyd die on­weer­staan­ba­re roep­stem van nu­we be­stem­mings an­der­kant die ho­ri­son.

Tyd vir my en my tjom­mies om ons kar­re met surf­bo­ards, blik­kies­kos, boks­wyn en my al­om­teen­woor­di­ge ki­taar te laai en te ver­kas na waar ons ook al sou op­ein­dig. Die on­ver­bon­den­heid en die ein­de­lo­se moont­lik­he­de het van meet af aan by my ge­re­so­neer. Ek het my al­gaan­de ’n an­der soort be­staan as die ge­wo­ne, ge­roe­ti­neer­de norm be­gin voor­stel - ge­noem­de ki­taar na­tuur­lik ’n sen­tra­le deel van die prent­jie.

In die goue so­mer van wel­eer daag ek en die ge­wo­ne span ka­lan­te een son­ni­ge og­gend by die prag­ti­ge Noet­zie-strand bui­te Knys­na op, daar waar dit aan die oos­te­kant deur die ge­lyk­na­mi­ge ri­vier be­grens word. Ons dren­tel oor die sand tot aan die oe­wer van die k­lein strand­meer wat die ri­vier­mond vorm en stap die koel, ko­per wa­ter in - ’n la­fe­nis in die De­sem­ber­son.

’n En­tjie van ons af is ’n span jong seuns­kin­ders in die wa­ter aan die bal­jaar. ’n Paar van die dap­pe­res duik beur­te­lings van so ’n mid­del­slag hoog­te rots in die ri­vier in en daag die res uit om die­self­de te doen.

“Kom ons gaan wys hul­le hoe maak ’n mens bom­me,” stel my pêl Bok­kie voor, en ek en hy gaan sluit by die laai­ties aan. Ons maak hul­le tou­wys in die bom-kuns en som­mer gou-gou spring hul­le ewe wind­ma­ker van die krans af – net een ou­tjie is ’n bie­tjie bang.

Toe die an­der rak­kers hom van on­der uit die wa­ter be­gin tart, staan ons na­der en praat hom moed in. “Spring, man. Wys hul­le wie’s baas. Voe­te eer­ste. Hou a­sem op.”

Die man­ne­tjie draai sy ge­sig na ons toe en hy kyk te­rug na die ri­vier daar on­der. Toe sê hy: “Tar­zan sê: ‘Moe­nie dink nie, doen net!’” en daar trek hy deur die lug en tref die wa­ter met ’n sier­li­ke plas. Die an­der ou­tjies juig hom toe en klop hom op die skou­er met ’n “nou is jy ’n man!” Toe be­gin die dui­ke­ry in al­le erns - met ons jong protégé voor in die ry.

Dit was min of meer die trant waar­in die res van die loom dag ver­loop het, tot ons teen die na­mid­dag be­sluit het om aan te skuif en na bly­plek vir die nag te gaan soek. Ons het af­skeid ge­neem van ons nu­we span­ne­tjie v­rien­de en be­lo­we om gou weer te kom kui­er.

Die res van die so­mer was ’n ein­de­lo­se ge­swerf tus­sen bran­ders en strand­oor­de, tot­dat die nu­we jaar ons eens­klaps met klas­roos­ters, re­gis­tra­sie­toue en splin­ter­nu­we a­von­tu­re on­der die ei­ke­bo­me be­trap het.

Teen daar­die tyd was ek en my ki­taar lank reeds on­af­skeid­baar. Ek het die blu­es leer speel, en lied­jie­skryf met meer erns be­gin be­na­der. Toe ek my oë uit­vee, is ek die lei­er van die In­ter­var­si­ty­or­kes, en ’n toe­ge­wy­de oor­ga­we aan die rock­ster-leef­styl het pos­ge­vat.

Die jaar het ver­by ge­dob­ber, en op ’n goeie dag in De­sem­ber be­vind ek en die ou­ens ons nog­maals in Knys­na se ge­wes­te en net daar be­sluit ons om ’n swem by Noet­zie te gaan vang. Ons het ge­won­der of ons weer die span dui­kers van die vo­ri­ge so­mer sou raak­loop, en of hul­le ons sou ont­hou. Ek het so ’n en­tjie voor­uit na die swem­plek toe aan­ge­stryk. Toe ek oor die laas­te duin stap en die strand­meer voor my ver­skyn, is die man­ne van die vo­ri­ge jaar weer in die wa­ter aan’t bal­jaar. Hul­le her­ken my da­de­lik en draf ju­be­lend na­der. “Waar’s jou tjom­mie?” vra die ou­tjie wat ons vier sei­soe­ne ge­le­de leer duik het – hy is som­mer al ’n kop lan­ger – en op daar­die oom­blik kom Bok­kie ook oor die duin ge­stap.

Hy word gees­drif­tig ver­wel­kom en sum­mier word daar ’n aar­di­ge af-s­how-ery van hul duik­vaar­dig­he­de aan ons ten toon ge­stel - en ons kon maar net te­vre­de oor die vol­tooi­de sir­kel glim­lag.

’n Uur of twee la­ter het ons af­skeid ge­neem en weer die pad ge­vat. Dit was die laas­te keer dat ons die ou­tjies ge­sien het, as­ook die laas­te keer dat ek en my tjom­mies saam op Noet­zie se strand was voor­dat die ar­my, ver­de­re stu­die en oor­se­se es­ka­pa­des ’n ein­de aan ’n era van goue sei­soe­ne ge­maak het.

Ek won­der soms oor daar­die duik­kna­pie – van­dag al ’n man van by die veer­tig vir wie ons des­tyds aan­ge­moe­dig het om sy vrees te oor­kom, en of ons hom in ter­me van ’n gro­ter prent­jie ge­help het om sy vler­ke te sprei en sy i­de­a­le on­be­van­ge na te streef.

En of hy een goue so­mer al sy eie seuns daar leer duik het en vir hul­le die sto­rie van Tar­zan ver­tel het ...

Die an­der ou­tjies juig hom toe en klop hom op die skou­er met ’n ‘nou is jy ’n man!’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.