Ko­me­di­ant­wees se keer­sy

Ko­me­di­an­te laat ons lag, maar wat is vir hul­le snaaks? En hoe moei­lik is dit nou eint­lik om snaaks te wees? Drie ak­teurs wat ons in 2018 met hul ko­mie­se ta­len­te be­ïn­druk het, ver­tel self

Rooi Rose - - INHOUD - Deur ILSE SALZWEDEL

Cin­dy S­wa­ne­poel (37) is ver­al be­kend vir haar rol as dr. An­ne­li­ze Roux in Bin­ne­lan­ders, maar se­dert sy in 2003 haar dra­ma­graad aan Ma­ties be­haal het, was sy al te sien in ’n he­le paar TV-reek­se, on­der meer E­go­li, Ge­troud met Rug­by, 7de Laan, Ge­ne­ra­ti­ons en Vil­la Ro­sa. Haar rol in Bal­la­de vir ’n En­ke­ling en die kykNET-reeks Proes­straat het van haar ’n be­ken­de ge­sig ge­maak. Meer on­langs het Cin­dy ge­ho­re by die Sil­wer­skerm­fees laat ska­ter met haar uit­beel­ding van die flui­ten­de pre­di­kants­vrou in die kort­fliek Fluit-Fluit. Dié rol het vir haar ’n be­kro­ning as die bes­te ak­tri­se by die fees be­sorg.

Wan­neer het jy be­sef jy is snaaks? “Ek was van kleins af maar ’n per­for­mer, en was ver­al mal oor mi­miek. Ek was nog op la­er­skool toe ek al ’n Cas­per de Vries-skets ge­me­mo­ri­seer het – ek het dit ge­du­rig op­ge­voer vir al­mal wat wou kyk. Maar ek het nooit dra­ma op s­kool ge­neem nie, en het eint­lik eers in ma­triek be­sef dis ’n moont­li­ke stu­die­rig­ting. Ek wou oor­spronk­lik toe­ris­me gaan swot het.”

Dit het 15 jaar se har­de werk ge­verg voor­dat jy jou groot deur­braak ge­maak het ... “Ja, wat ’n reis! In my kin­der­te­a­ter­dae het ek se­ker el­ke dier in die die­re­ryk ge­speel! Ek het ’n ak­sent en ’n ma­ni­ë­ris­me vir elk­een. Maar son­der kin­der­te­a­ter sou ek nie die vaar­dig­he­de ge­had het wat ek nou het nie. En dit het my voe­te ste­wig op Moe­der Aar­de ge­hou. Daar was tye toe ek reg­tig brand­arm was en ek het dik­wels ge­dink ek moet an­der werk soek. Kin­der­te­a­ter was baie lank my brood en bot­ter. Ek dink dit het my ge­leer om ka­rak­ters goed te slyp. Wan­neer jy vir kin­ders speel, moet jou ka­rak­ters eer­lik en ge­loof­waar­dig wees. As jy by­voor­beeld moet val, moet jy reg­tig vol­uit val voor­dat hul­le sal lag. Ek dink dit het my vaar­dig­he­de baie ge­slyp en dit help met iets soos ko­me­die. Met ko­me­die is tyds­be­re­ke­ning baie be­lang­rik. Dis iets wat in ’n mens moet kliek en wat jy moet ver­staan. Dit het my ook ge­leer om nie self­be­wus te wees nie, wat weer ge­help het met Proes­straat, want in ko­me­die gaan dit nie oor mooi lyk nie – jy moet jou­self heel­te­mal ver­geet. Fluit-Fluit was ’n heer­li­ke er­va­ring. Ek kon ook heer­lik im­pro­vi­seer.”

Van wat­ter soort ko­me­die hou jy? “Ek kyk graag na vroue wat stand-up- ko­me­die doen - ek be­won­der hul­le. Dit is nou maar so dat ’n vrou baie meer voor­oor­de­le moet oor­kom wan­neer hul­le skerp­skerts doen. In Proes­straat was ek meest­al die e­nig­ste vrou tus­sen drie mans, en ek het toe be­sef daar is ’n per­sep­sie by die ge­hoor - nie by my me­de-ak­teurs nie - dat se­ke­re grap­pies aan man­li­ke ko­me­di­an­te ‘ be­hoort’. Ek re­bel­leer steeds daar­teen.”

Wat is vir jou snaaks: si­tu­a­sie of woord­spe­ling? “Ek hou van al­bei, maar vir woord­spe­ling moet ’n mens reg­tig slim wees. Maar ek is eint­lik mal oor si­tu­a­sies. Dink maar aan hoe snaaks is iets wan­neer jy nie mag lag nie, soos in die kerk of op stel. Ko­me­die slaag wan­neer jy jou daar­mee kan ver­een­sel­wig. Ko­me­die bring ver­lig­ting, selfs as - en soms juis om­dat - dit van tra­ge­die kom.”

Ben­nie Fou­rie se eer­ste A­fri­kaan­se flie­krol was in die bran­der­plank­ry-rol­prent Die Pro (2015), maar dit was ver­al sy spel in Vir die Vo­ëls en Sy klink soos Len­te (2016) wat van hom ’n be­ken­de ge­sig ge­maak het. Hy was ook die skry­wer en re­gis­seur van die skreeu­snaak­se 2014 Sil­wer­skerm-kort­prentwen­ner, Vuil Was­goed, wat in 2017 as vol­leng­te rol­prent uit­ge­reik is (met Ben­nie in een van die hoof­rol­le ). Ag­ter die skerms was hy as­sis­tent­re­gis­seur van Mooi­ri­vier, Born t o Win en Beurt krag.

Ben­nie (30) is ook die me­de­skep­per van die ge­wil­de kykNET-ko­me­die Ho­tel. In­te­res­sant ge­noeg het Ben­nie – wat ’n B.Com.-regs­graad met na­graad­se di­plo­mas in on­der­wys én be­sig­heids­be­stuur het-in 2018 vir die eer­ste keer’ n for­me­le vorm van dra­ma-op­lei­ding ge­had: ’n kur­sus van drie maan­de by Se­cond Ci­ty, C­hi­ca­go se voor­ste ko­me­die­te­a­ter en s­kool vir im­pro­vi­sa­sie.

Waar­na kan jou aan­han­gers in 2019 uit­sien? Ek,

Bou­wer Bosch, S­chalk Be­zui­den­hout, Mi­la Guy, Beer A­dri­aan­se en Bar­ba­ra Bra­sing­ton be­gin die jaar op ’n hoë noot met ’n sket­s­ko­me­die wat by die Woord­fees op­ge­voer gaan word. Teen Ju­nie be­gin ons ook met ver­fil­ming van nog ’n reeks van Ho­tel. Ek was ook die draai­boek­re­gis­seur van ’n nu­we fliek van Ni­co Pa­na­gio, en daar kom ’n reis­ko­me­die­pro­gram wat ek saam met my broers doen. Ons noem dit Broer­toer. Een van my groot dro­me is om meer stand-up te doen.”

Hoog­te­pun­te in 2018? C­hi­ca­go was be­slis die hoog­te­punt van my jaar. Hul­le spe­si­a­li­seer in skets-, im­pro­vi­sa­sie- en stand-up- ko­me­die. Die drie maan­de daar was vars en u­niek. Die der­de reeks van Ho­tel was ook ’n groot hoog­te­punt - dit was as­of ons nie meer be­heer ge­had het oor die s­how nie. Dit het so half ’n eie le­we ge­kry.”

Jy is ook bin­ne­kort te sien in ’n erns­ti­ger rol in die rol­prent ’n An­der Mens. Wat was die groot uit­da­ging? “Ek speel die rol van Da­ni­ël Nie­mand, en die ar­me man dink glad nie sy le­we is ko­mies nie. In­teen­deel, hy sien dit as taam­lik tra­gies. Maar daar is wel ko­mie­se fa­set­te, en ek moes hard daar­teen speel en diep gaan delf om mooi, eer­li­ke oom­blik­ke te skep. Die groot­ste uit­da­ging van die rol was die 16 kg wat ek daar­voor moes aan­sit. Of nee, die groot­ste uit-

‘In ko­me­die gaan dit nie oor mooi lyk nie – jy moet jou­self heel­te­mal ver­geet’

‘Toe men­se voor­ge­stel het dat ek ’n ko­me­di­ant word, het ek ge­dink hul­le is lek­ker laf ’

da­ging was eint­lik om dit te ver­loor – dis nou ’n jaar la­ter en ek suk­kel steeds.” Wat is vir jou snaaks? “Ko­me­die is vir my ’n kom­bi­na­sie van ’n klomp goed. Slim woord­spe­ling op sy tyd is snaaks, maar ek hou baie meer van si­tu­a­sie-ko­me­die. Wan­neer ek ko­me­die skryf, hou ek nie van pit­tig wees nie. Ek neem ko­me­die baie erns­tig op, en goed deur­dag­te, goed op­ge­stel­de si­tu­a­sies en slim ko­me­die is vir my baie snaaks. ’n Klom­pie ja­re ge­le­de was daar nog baie ta­boes oor waar­voor ’n mens kon lag, maar dees­dae is daar eint­lik min oor. So, om ’n on­der-die-belt grap­pie te ver­tel – wat des­tyds ’n ta­boe was – is wat my be­tref nie ko­me­die nie. Jy moet hard werk om eer­li­ke, snaak­se ko­me­die te skep. Dis ’n kuns om men­se te laat lag son­der om vuil te praat of te wees. Ek be­skou ko­me­die-skryf as pro­bleem­op­los­sing. Jy skep ’n si­tu­a­sie, en kies die snaaks­ste ma­nier om daar­uit te kom. Soms skryf jy jou in ’n hoek en dan moet jy jou maar weer daar­uit skryf.”

Wat­ter soort ko­me­die is vir jou die moei­lik­ste? “Stand-up! Dis los­han­de die heel moei­lik­ste ding wat ek nog in my le­we ge­doen het. In C­hi­ca­go was dit deel van my kur­sus, en my self­ver­troue het ’n re­de­li­ke knou ge­kry. Dis vrek moei­lik om snaaks te wees in ’n an­der taal en ’n an­der kul­tuur. Ek het el­ke keer ge­won­der: hoe­kom doen ek dit? Maar el­ke keer was daar ook ’n ge­voel van ‘dis die lek­ker­ste ding in die wê­reld!’ So, ja, ek wil vir se­ker meer daar­van doen. By­ge­sê, dis iets wat my baie, baie ne­de­rig hou.”

Ma­riet­te Loub­ser het die af­ge­lo­pe twee jaar be­kend­heid ver­werf vir haar een­vrou­ko­me­die Wan­neer Trou Jy? en Toe­ris-Toe­ris. Die 34-ja­ri­ge ak­tri­se het mu­siek­te­a­ter aan die des­tyd­se Tech­ni­kon P­re­to­ria en dra­ma aan die U­ni­ver­si­teit van S­tel­len­bosch ge­swot. Haar eer­ste werk was as aan­bie­der van die SABC2-pro­gram Ho­san­na, maar daar­na het sy twee jaar lank te­ver­geefs ou­di­sies ge­doen. Ma­riet­te ver­tel dat sy la­ter be­gin dink het die to­neel­wê­reld is nie vir haar be­doel nie. Sy het toe on­der meer blom­me en de­kor vir trou­es ge­doen en was selfs drie jaar lank by ’n S­tel­len­bos­se kerk se stu­den­te­be­die­ning be­trok­ke. Maar toe die so­veel­ste mens hier teen die ein­de van 2016 vir haar vra hoe­kom sy nie stand- up oor­weeg nie, het sy be­sluit: hoe­kom nie? Aan die be­gin van 2017 was die eer­ste op­voe­ring van Wan­neer Trou Jy? in die Paarl, haar tuis­dorp. Veer­tig ver­to­nings la­ter (on­der meer in Du­blin, Lon­den, Am­ster­dam en Na­mi­bië) is sy klaar weer fluks aan die toer met ’n twee­de een­vrou-ko­me­die, Toe­ris-Toe­ris. En al is dit vir die diep ge­lo­wi­ge Ma­riet­te ’n be­gin­sel­saak dat daar geen vuil taal of vul­gê­re grap­pies in haar ver­to­nings moet wees nie, lag ge­ho­re steeds dat die tra­ne loop. Wan­neer het jy be­sef jy is snaaks? “As ek eer­lik moet wees, eint­lik eers on­langs. Ek het ge­dog ek en my pel­le is maar net lek­ker men­se wat baie lag as ons by­me­kaar is – ek het nie eint­lik ge­weet hul­le lag vir my nie! Baie men­se het deur die ja­re vir my ge­vra hoe­kom doen ek nie stand-up nie, maar ek het ge­dink hul­le is lek­ker laf.”

Wat is vir jou die lek­ker­ste van ko­me­di­ant wees? “Om te lag – ons as groot­men­se het dit baie no­dig. Dis heer­lik om te sien hoe die ge­hoor uit hul mae lag. Dan weet ek din­ge loop lek­ker. En die ge­sel­sies ná die tyd, wan­neer hul­le kom ver­tel wat­ter de­le vir hul­le die snaaks­ste was, laat my voel of die s­how eint­lik net aan­hou. Soms be­leef ek ’n oom­blik tus­sen ver­to­nings wan­neer ek won­der of ek reg­tig snaaks is, maar dan han­teer ek dit soos e­ni­ge an­der uit­da­ging in die le­we: ek byt op my tan­de en doen my bes.”

Wie of wat is vir jou reg­tig snaaks? “Kin­ders! Hul­le is so eer­lik en op­reg, en hoe jon­ger, hoe meer op­reg en hoe meer sê hul­le wat hul­le dink. En groot­men­se is op hul snaaks­ste wan­neer hul­le óf baie ont­span­ne óf baie ge­span­ne is. Woord­spe­ling kan baie snaaks wees – ver­al wan­neer men­se vir hul­self ga­te gra­we met woor­de.”

In Wan­neer Trou Jy? spot jy ver­al met jou en­kel­lo­pen­de sta­tus. Waar kry jy jou ma­te­ri­aal? “Ek leef dit! Ek het die ver­moë om die snaaks­ste men­se en si­tu­a­sies te lok, so ek kry my ma­te­ri­aal uit die reg­te le­we. Ek sê ook al­tyd by my ver­to­nings dat dit wat die men­se hoor, 97% die waar­heid is. Ek sit so 3% by vir rit­me en vloei, maar ver­der be­taal men­se eint­lik maar om van hul­self te hoor. Uit my oog­punt, na­tuur­lik.”

VIR CIN­DY S­WA­NE­POEL GAAN KO­ME­DIE OOR GOEIE TYDS­BE­RE­KE­NING. “’N MENS MOET HARD WERK OM EER­LI­KE, SNAAK­SE KO­ME­DIE TE SKEP,” MEEN BEN­NIE FOU­RIE.

MA­RIET­TE LOUB­SER KRY HAAR KOMEDIEMATERIAAL IN DIE AL­LE­DAAG­SE LE­WE.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.