Kan­sa-kui­er in die Kaap

‘rooi ro­se’-le­sers het on­langs weer in S­tel­len­bosch saam­ge­trek vir die jaar­lik­se Kan­sa-tee, en op dié ma­nier ge­help om geld vir ’n goeie doel in te sa­mel

Rooi Rose - - INHOUD -

Die rooi ro­se Kan­sa-tee vir 2018 in S­tel­len­bosch se stad­saal was weer baie spe­si­aal. Van­jaar was ons so ge­luk­kig om ook in die Kaap vir SPAR as hoof­borg te ver­wel­kom. Die te­ma, “InSPARa­sie”, het aan­lei­ding ge­gee tot ge­ïn­spi­reer­de ta­fels met ver­beel­ding­ry­ke de­kor en uit­hang­ge­reg­te. Kort na­dat die ge­sel­lig­heid amp­te­lik be­gin het, het Lo­mie Laub­scher uit haar rol­stoel ’n kort woord aan al­mal ge­rig. Sy was nog be­oor­de­laar by die tee en het al­mal se har­te ge­raak met haar po­si­tie­we en op­ge­wek­te woor­de oor haar pad met kan­ker. Dit was vir ons ‘n groot ver­lies dat sy ‘n paar dae daar­na, op 26 Ok­to­ber, fi­naal ge­groet het. Pie­ter Koen het die lei­sels van die ver­rig­tin­ge baie pro­fes­si­o­neel by­me­kaar­ge­hou maar nog­tans met sy hu­mor ver­maak. RSG-aan­bie­der Mar­te­li­ze B­rink se toe­spraak het al­mal mee­ge­voer met die bood­skap om te al­le tye die bes­te van jou om­stan­dig­he­de te maak. B­ren­dan Pey­per se sang het daar­na heer­li­ke ver­maak verskaf. Elk­een wat daar was, het die styl­vol­le dag ge­niet, ver­al ook die ge­luk­ki­ge trek­king aan die ein­de met ho­pe lief­li­ke pry­se.

Die ge­leent­heid het ons op­nuut laat be­sef hoe be­lang­rik ’n goeie on­der­steu­nings net­werk in die stryd teen kan­ker is. Daar­om sê ons weer dan­kie aan el­ke borg, gas­vrou en hel­per vir die rol wat jul­le in die suk­ses van die dag ge­speel het. Son­der jul­le sal ons Kan­sa-tee nie van krag tot krag kan gaan nie. Ons sien uit om vol­gen­de jaar weer saam met jul­le te werk. rr

• MARTIE PANSEGROUW, RE­DAK­TEUR ROOI RO­SE, MAR­TE­LI­ZE B­RINK, PIE­TER KOEN • B­REN­DAN PEY­PER • EL­SA­BÉ VAN ZYL, ADVERTENSIEBESTUURDERSPAR WESKAAP EN NA­MI­BIË,HENLEY BO­THA, ORGANISEERDER KAN­SA WES-KAAP, REINHARD LOTZ, BEMARKINGSBESTUURDER CAX­TON, MARTIE PANSEGROUW, RE­DAK­TEUR ROOI RO­SE, ADRIANA GRUNDLINGH, BEMARKING ROOI RO­SE • DIE SPARTAFELGENOTE: ANLEZIA EN LEANIE VENTER, EL­SA­BÉ VAN ZYL, ELFRIEDE DEL­PORT, DEBBIE DE GOE­DE, LIHANA GELDENHUYS, MICHEL GROE­NE­WALD, CILLA WAGENAAR, DOMINIQUE KOTZE, ANDREW FRAN­CIS. BO VAN LINKS:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.