Om­hels die toe­koms

Rooi Rose - - INHOUD - Deur CHRISTIAAN J DE SWARDT CIN­TAI­NE S­CHUT­TE

Ver­werp en ver­geet die ver­gry­pe van 2018 en gryp die be­lof­tes en moont­lik­he­de aan wat in 2019 wink!

Jy kom al­leen in die wê­reld in en jy ver­laat die wê­reld al­leen. Op jou le­wens­pad tel jy ge­sken­ke en skat­kis­te op, maar net jý is ver­ant­woor­de­lik vir jou ge­luk. Soos ek al­tyd vir my­self sê: ‘ Trust the wait, em­bra­ce the un­cer­tain­ty, en­joy the beau­ty of be­co­ming. W­hen no­thing is cer­tain, a­ny­thing is pos­si­ble.’ En moet vir niks bang wees nie!” sê Cin­tai­ne S­chut­te (31).

“Vrees rem jou. Ek het daar­in ge­slaag om te vol­hard in my ver­hou­ding met my­self, met wie ek is, wat ek wil hê, en waar­heen ek op pad is. Dit is die bes­te ge­skenk wat ek vir my­self kon gee.”

Cin­tai­ne, wat nou in haar be­kroon­de rol in Christiaan Olwagen se rol­prent Die See­meeu te sien is, is be­kom­merd oor die lang­ter­myn­uit­wer­king van die droog­te in die land, die wa­ter­te­kort in Kaap­stad, die ge­skie­te­ry in sko­le wat wê­reld­wyd met ’n ver­bys­te­ren­de spoed toe­neem en die A­me­ri­kaan­se pre­si­dent, Do­nald Trump, se on­ge­loof­li­ke, ab­sur­de stand­pun­te.

Maar sy is ver­heug dat pre­si­dent Cy­ril Ra­map­ho­sa kor­rup­sie wil ta­kel, dat die dam­me vol­ler word en dat La­dy­smith Black Mam­ba­zo hul vyf­de Gram­my ge­wen het. “Dit maak my trots om ’n Suid-A­fri­ka­ner te wees!”

Dit is ver­bly­dend dat Suid-Ko­rea en Noord-Ko­rea ge­sa­ment­lik die O­lim­pie­se S­pe­le kon aan­bied. “Mis­kien is daar tog vre­de te vind in hier­die waan­sin­ni­ge, on­stui­mi­ge po­li­tie­ke kli­maat.”

Cin­tai­ne vra em­pa­tie met me­kaar. “Ons moet be­sef dat min­der­be­voor­reg­tes in ons land voor­keur moet kry. On­der­steun or­ga­ni­sa­sies wat hul­le daar­voor be­y­wer. Ons moet op­voed. Ons moet elk­een ons deel doen om kli­maats­ver­an­de­ring te help be­veg. Be­rei voor en her­win as jy k­lein wil be­gin. Ons het in 2018 ge­sien hoe Suid-A­fri­ka­ners te mid­de van die groot­ste droog­te kon saam­staan en me­kaar in dié moei­li­ke tye kon on­der­steun. Mag ons daar­die in­ge­steld­heid koes­ter en nog meer han­de vat. Wees ver­al ’n bie­tjie sag­ter met jou­self. Dit is my wens dat al­mal se stout­ste dro­me waar word, dat ons net lig, lief­de en lag er­vaar en dat daar on­ge­loof­li­ke lek­ker uit­da­gings op ons pad kom.

En dat ons meer in me­kaar se oë sal kyk … ”

KYLE GRANT

Ek het op­ge­hou drink en rook. Ek het be­sluit om die waar­heid te leef – én ek staan s­terk in my voor­ne­mens,” sê Kyle Grant (33), ak­teur en lid van die trio ADAM.

Sin­lo­se plaas­moor­de, sty­gen­de pe­trol­pry­se en die af­na­me van CD-ver­ko­pe in die land be­kom­mer hom, maar hy is ver­heug oor die Ti­mes Up-be­we­ging wat in Hol­ly­wood ont­staan het. “Dit het baie van die ‘ bo-blink-on­der-stink’-waar­he­de ont­bloot. Die A­fri­kaan­se mu­siek­be­dryf het dit ook drin­gend no­dig en die skur­ke moet ont­mas­ker word.”

Kyle se plan­ne vir 2019 is ge­smee. “Ek gaan ’n bie­tjie min­der tyd op so­si­a­le me­dia be­stee, meer tyd maak om my fa­mi­lie en die na­tuur - die le­we! - te waar­deer en te ge­niet. Ons moet in­trek, stil word en be­daar. Ons moet werk­lik weer vir me­kaar be­gin om­gee, ’n bie­tjie min­der op ons­self kon­sen­treer en eer­der ons lief­de deel. Ons moet min­der praat en meer luis­ter. In­spi­reer, mo­ti­veer en werk hard!”

HANNEKE BENADÉ

As ek Nu­we­jaars­voor­ne­mens maak, kom ek dit – uit ge­woon­te - nie na nie, maar ek hoop soms dat wat ek ook al doen, dat ek dit dié jaar be­ter sal doen. Ek dink wel as ek daar­van hou om iets te doen, is my kan­se be­ter dat ek sal vol­hard. Maar as dit ’n straf is, of as ek dit té veel oor­dink, dan werk dit nie,” sê die vi­su­e­le kuns­te­naar Hanneke Benadé (46).

Dié veel­be­kroon­de kuns­te­naar, wat aan­vank­lik in druk­werk en li­to­gra­fie ge­spe­si­a­li­seer het, se jong­ste ten­toon­stel­ling, Mi­se-en- scè­ne, ont­gin haar cho­re­o­gra­fie­se oog waar­mee sy beel­de skep wat tyd­lo­se oom­blik­ke in die al­le­daag­se vas­vat. Sy ge­bruik mo­del­le, re­kwi­sie­te en kos­tuums wat sy in ’n to­neel ma­ni­pu­leer en skep daar­mee ’n ge­voel wat plek en tyd fnuik.

Hanneke er­vaar die im­pak van die wê­reld ook vi­su­eel. Sy is be­kom­merd oor die ont­stel­len­de toe­na­me in na­tuur­ram­pe, e­ko­no­mie­se kri­sis­se, soos in Ve­ne­zu­e­la, en po­li­tie­ke en so­si­a­le kon­flik wê­reld­wyd. Maar daar is ook goeie nuus. Die wê­reld is weer be­wus ge­maak van die plas­tiek­pro­bleem. Die Ver­e­nig­de Ko­nink­ryk en Ka­na­da het ’n ver­bod ge­plaas op die ver­vaar­di­ging van on­der meer mi­kro­bal­le­tjies wat in tan­de­pas­ta en ge­sig­af­skil­fe­raars ge­bruik word. Dié bal­le­tjies be­land ui­t­ein­de­lik in die o­se­aan en in die di­eet van see­die­re en selfs in die mens­li­ke voed­sel­ket­ting. Wê­reld­wyd is lan­de be­sig om en­kel-ge­bruik plas­tiek te ver­bied. Daar is vir die eer­ste keer waar­ge­neem dat die o­soon­laag wel her­stel en ver­klein en dat vlak­ke van chloor af­koms­tig van chloor­flu­oor­kool­stof af­neem, en die EU wil al­le plas­tiek teen 2030 her­win­baar maak.

Sy is ook ’n vu­ri­ge kamp­veg­ter vir die­re­reg­te. “Die DBV het sken­kings no­dig. Ma­hat­ma Gand­hi het ge­sê die groots­heid van ’n na­sie kan be­oor­deel word deur hoe sy die­re be­han­del word. Ons be­hoort skaam te wees.”

Dit is haar wens dat ons sal op­hou om ons fou­te te her­haal, dat ons sleg­te gewoontes sal af­sweer, dat ons die goeie gewoontes wat ons ge­kweek het, sal ont­gin en dat ons me­kaar sal re­spek­teer. “Ek hoop dat ons meer be­wus­te­lik sal le­we.”

Die TV-aan­bie­der I­vor Price (38) sê dit het hom am­per veer­tig jaar ge­neem om in sy Nu­we­jaars­doel­wit­te te slaag. Wat sy loop­baan be­tref, wou hy hom as te­le­vi­sie­aan­bie­der her­po­si­si­o­neer ná sy tyd as SABC2-nuus­le­ser. “Waar nuus­lees ’n dik­wels koue en kli­nie­se pro­ses is, ver­eis leef­styl­pro­gram­me iets an­ders. Ek wou vir men­se my hart wys.” Hy hét en die uit­ein­de­li­ke be­noe­ming as TV-aan­bie­der van die jaar is vir hom ’n be­wys dat hy dit “dalk” reg­ge­kry het.

“Dit was ook my wens om in 2018 ’n gees­te­li­ke ver­die­ping te er­vaar. Ek het let­ter­lik min­der be­gin praat en meer be­gin doen. In die stil­tes het ek God se stem ge­vind - én weer my eie stem. En ek’t ’n dank­baar­heids­lys be­gin maak. My be­ker loop oor, want eint­lik voel ek half skul­dig oor al die se­ë­nin­ge en er­va­rings wat oor my pad ge­kom het.”

Dit was sy jaar van oor be­gin; van wéér pro­beer ná ’n am­per­se uit­klop­hou in 2017. “Ek moes my Su­per­man-kle­re aan­trek en vir die eer­ste keer ’n su­per­held vir nie­mand an­ders nie as net my­self wees.”

Toe ont­dek hy die boek Ye­ar of Yes deur die A­me­ri­kaan­se TV-ver­vaar­di­ger en skry­wer S­hon­da R­hi­mes, waar­in sy men­se aan­moe­dig om ’n jaar lank “ja” te sê vir al­les wat hul ke­le laat toe­trek. Dis pre­sies wat I­vor ge­doen het – met be­son­der­se re­sul­ta­te. “My ske­du­le was rof en on­be­skof. Meest­al het ek net vier aan­de per maand in my eie bed ge­slaap, maar s­joe, wat ’n jaar!”

Hy het in 2018 meer as 100 000 km af­ge­lê om uit­son­der­li­ke boe­re se s­to­ries te ver­tel as deel van sy TV-pro­gram Land­bou­week­liks op VIA. “Wat ek ver­al ont­hou, is die be­le­we­nis­se weg van die te­le­vi­sie­ka­me­ras: ’n plaas­wer­ker en ek wat ’n traan stort om­dat hy na sy pa se er­ken­ning hun­ker, die be­wen­de stem van ’n har­de boer wat ver­lang na sy vrou wat haar le­we ge­neem het, die blon­de­kop­seun wat met ope arms na my aan­ge­hard­loop kom.”

Dan was daar die ge­du­ri­ge ge­jaag tus­sen ge­sel­lig­he­de en o­pen­ba­re op­tre­des. Maar dit is al­les er­va­rings wat sy le­we help red het. “Dit het my ge­leer om dap­per te wees; om weer in my­self te glo; om meer van my­self vir an­der te gee.”

Hy sê ons moet weer be­gin om van ver­soe­ning en so­si­a­le ko­he­sie werk te maak. “Nie op die kum­ba­ya-ma­nier van

‘My wens is dat an­der ook in 2019 die voor­reg en in­vloed van hul eie stem­me sal ont­dek’

Ma­di­ba nie, maar eer­der ’n mo­del skep waar ons me­kaar weer son­der skaam­te in die oë kan kyk. Daar was die af­ge­lo­pe jaar weens ons sme­ri­ge po­li­tiek op so­veel ver­skil­len­de vlak­ke ’n breuk in ver­hou­dings. Ons moet saam­werk om dit te her­stel.”

Dit is ’n ver­kie­sings­jaar - en po­li­ti­ci gaan uit hul pad uit om ons ver­der as ’n na­sie te ver­deel. “Dit is im­mers wat po­li­ti­ci doen. Hul­le maak me­kaar en an­der ver­dag so­dat hul­le meer stem­me vir hul­self kan kry. Ek hoop nie dat ons in 2019 ver­der voor po­li­tie­ke re­to­riek sal

– I­vor Price

swig nie; dat ons sal be­sef dat ons nie ’n an­der keu­se het as om met me­kaar oor die weg te kom nie. Ons kan dit net­so­wel lek­ker maak en saam bou aan ’n land waar­op al­mal trots kan wees.”

I­vor sê hy is hei­lig oor­tuig daar­van dat die mees­te van ons te min vir ons me­de­mens doen. “Ons praat me­kaar heel­tyd warm op so­si­a­le me­dia, maar dit is nie die­self­de as om jou han­de in die pro­ses vuil te maak nie. Praat min­der en doen meer, dus. Ek is op­nuut ge­ïn­spi­reer om tot ak­sie oor te gaan.”

Hy maan ook: Bly weg van ku­ber­ge­veg­te en lees wy­er oor die werk­li­ke stand van sa­ke. Sit jou sel­foon neer en lees eer­der ’n boek.

“My wens is dat an­der ook in 2019 die voor­reg en in­vloed van hul eie stem­me sal ont­dek; dat hul­le dap­per ge­noeg sal wees om ook die son op hul eie ge­sig­te te voel. Dit sal met jou be­ter be­gin gaan as jy be­reid is om jou sê te sê - en ter­self­der­tyd jou woor­de ver­sig­ti­ger kies. Stel ook jou­self eer­ste. Dik­wels gaan ons uit ons pad uit om an­der se le­we te ver­be­ter, maar ver­geet in die pro­ses om ook na ons­self om te sien. Jy kan nie an­der help as jy leeg­ge­tap is nie.”

SKY O­CE­AN

Die 21-ja­ri­ge nu­we­ling-san­ge­res en lied­jie­skry­wer Mar­li Mul­der, of­te­wel Sky O­ce­an, wat on­langs haar de­buu­tal­bum Spo­re van my Hart uit­ge­reik het, bieg sy suk­kel nou nog om ná die vo­ri­ge jaar se lek­ker, lang, on­ge­son­de De­sem­ber­va­kan­sie haar voor­ne­me ge­stand te doen om ’n bie­tjie ge­son­der te eet en meer te oe­fen.

“As die smaak­voe­ler­tjies jou ver­lei, dan lyk ’n ki­lo of twee som­mer na niks! En, so graag as wat ek my as­ma wil be­heer, bly oe­fe­ning ook gou ag­ter­weë, ver­al in die win­ter … Ek bla­meer bla­tan­te lui­heid én die koue,” skerts sy.

Op ’n erns­ti­ger noot wroeg sy oor die vloed van ras­se­haat en die land se mis­luk­te po­gings tot ver­soe­ning, die toe­na­me in werk­loos­heid en die ska­de wat men­se aan die na­tuur aan­rig.

“Ons moet op­hou af­ta­kel en mis­bruik. As ons ons na­tuur­li­ke hulp­bron­ne be­waar p­leks van ver­nie­tig, kan ons aan na­sie­trots bou. Ons kan vreug­de put uit een­voud, ons kan me­kaar on­voor­waar­de­lik lief­hê, ons kan in ge­loof uit kor­rup­sie, ver­raad, ge­weld, ver­sla­wing en self­ver­nie­ti­ging her­rys.”

Sy sê jy mág maar jou dwa­se keu­ses saam­sleep, ver­al die nu­we jaar in. “Ont­hou die wys­heid wat jy deur el­ke lie­we be­proe­wing en strui­kel­blok be­kom het, maar neem ook die oor­logs­won­de saam, want dit hét jou ver­an­der en ge­vorm tot die mens wat jy is.”

AMORE BEKKER

Ek is be­sig om die reis na bin­ne aan te pak so­dat ek lig­ter kan reis. Die eer­ste helf­te van jou le­we reis jy na bui­te; die twee­de helf­te be­hoort jy na bin­ne te reis,” peins Amore Bekker (53), die ra­dio- en TV­per­soon­lik­heid en sa­me­stel­ler van die boek Toe-Val-Lig.

“Men­se seg al ja­re lank niks ge­beur toe­val­lig nie; ek seg JUIS! Toe­val­lig staan vir Toe-Val-Lig! As jy te­rug­kyk na ’n ge­beur­te­nis wat jy nie kan ver­dui­de­lik nie, sal jy ho­pe­lik sien hoe die lig ge­val het - en dat dit nou vir jou sin maak.”

Amore maak nooit voor­ne­mens nie. “Jy kan nie van die wê­reld ’n be­ter plek maak nie; jy kan slegs jou­self ’n be­ter mens maak, en só maak jy ou­to­ma­ties die wê­reld ’n be­ter plek. Sê meer néé. Maak vre­de met jou­self, kry jou­self lief, hê em­pa­tie met jou­self, ver­ge­we jou­self, ge­niet jou­self en troos jou­self. Dan kan jy dit ál­les vir die wê­reld gee.”

CIN­TAI­NE S­CHUT­TE: “AL­LES GE­BEUR SOOS DIT MOET GE­BEUR. LEER DAAR­UIT.”

HANNEKE BENADÉ SÊ DIE LE­WE IS VLIETEND. “AS IETS OOR VYF JAAR NIE MEER SAAK SAL MAAK NIE, MOE­NIE LAN­GER AS VYF MI­NU­TE DAAR­OOR ONTSTELD WEES NIE.”

KYLE GRANT SÊ ONS MOET AGTERBAKSHEID EN RUGSTEKERS UITROEI. “KARMA IS ’N LE­LI­KE TEEF; EK HET VOL­LE VER­TROUE IN HAAR ... ”

I­VOR PRICE: ‘MY LIT­TE­KENS IS NIE MEER ’N HERINNERING VAN DIE PYN WAT EK BE­LEEF HET NIE, MAAR ’N HERINNERING AAN DIE GE­NA­DE WAT EK ONT­VANG HET. DIT HET MY GE­ÏN­SPI­REER OM BE­TER TE DOEN’ SKY O­CE­AN: “JY VER­LOOR NET AS JY OP­HOU PRO­BEER. WEES ’N OORWINNAAR.”

AMORE BEKKER SÊ: “NO GUTS, NO GLORY. DIE LE­WE IS ’N FEES!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.