’ n Ky­kie in die le­we van Reyn­ard Slab­bert

Reyn­ard Slab­bert en sy me­de-aan­bie­ders op ‘Bra­vo’ werk so lek­ker dat hul­le meer lag as wat hul­le werk. Daar­by is Reyn­ard se ka­ke ook baie fiks om­dat hy glo so graag eet ...

Rooi Rose - - INHOUD -

Kom dit na­tuur­lik om so sjar­mant en vrien­de­lik te wees in jou on­der­hou­de op Bra­vo vir kykNET? S­joe, dan­kie vir die kom­pli­ment. Dit is nou baie mak­li­ker om­dat ek dit baie doen. Maar aan­vank­lik was dit glad nie mak­lik nie. Ek’s ’n ak­teur en ons moet ge­woon­lik rol­le speel. Ek het in die be­gin te hard pro­beer: te veel pro­jek­teer; in die skoe­ne van ’n aan­bie­der ge­klim. Maar ’n mens moet net jou­self wees. Dit het ’n ruk ge­neem om te ver­staan dat ek net met Tan­nie Ma­rie in haar leef­ka­mer moet ge­sels.

Het jy, Tra­cey Lan­ge en Rob­bie Kru­se heel­wat pret ag­ter die skerms? Ons het rê­rig baie pret. Ek sien vir Rob­bie en Tra­cy maar min - wat sleg is, want ons laaik me­kaar. Dis ’n crew wat in­set­sels pret maak - die re­gis­seur, ka­me­ra­man­ne, klank­man­ne, al­mal van hul­le. Die span­ne in Gau­teng en in die Kaap is on­ge­loof­lik. Ons lag meer as wat ons werk. Ons al­mal ken me­kaar se fa­mi­lies, lief en leed. Dis rê­rig soos ’n fa­mi­lie. Wan­neer ons saam in ons voer­tuig ry, sal an­der men­se dink ons hou niks van me­kaar nie, want al­mal word heel­tyd “uit­ge­haal”.

Met wat­ter be­ken­de het jy die mak­lik­ste en be­vre­di­gend­ste on­der­houd ge­voer? Ek moet er­ken dat my on­der­hou­de oor die al­ge­meen mak­lik is om­dat ons met men­se werk wat in die o­pen­ba­re oog is, en wat ge­reeld met die me­dia werk. Hul­le ver­staan die pro­ses en praat som­mer mak­lik. Die mak­lik­ste: Frank Op­per­man, want ek hoef s­kaars ’n vraag te vra, dan volg die s­to­ries een ná die an­der.

Jy het ook al in tal­le ver­hoog- en TV­pro­duk­sies op­ge­tree. Wat­ter rol­le of pro­duk­sies was die be­vre­di­gend­ste? 2018 was on­ge­loof­lik. Men­se Men­se op kykNET was ’n droom wat waar ge­word het. Ek wou nog al­tyd in ’n sit­kom speel. Die cast en crew het so goed oor die weg ge­kom. Dit was mal har­de werk maar ’n fees. En ek kon el­ke dag saam met San­dra Prins­loo tee drink. Ver­hoog: Om die prins te speel in die S­neeu­wit­jie- pan­to­mi­me. Ek het op my perd (Seg­way) oor die ver­hoog ge­ry en ge­sing. Dit was e­pies.

Het jy al ’n groot fla­ter op die ver­hoog of in ’n TV-pro­gram ge­maak? Op die ein­ste S­neeu­wit­jie- ver­hoog het ek een aand nie ge­kon­sen­treer nie en van die ver­hoog af­ge­neuk. Ek was bin­ne twee se­kon­des weer op die ver­hoog ... maar ver­ne­de­ring is er­ger as die dood. Ha-ha! Ná jou dra­ma­stu­die aan die Tech­ni­kon P­re­to­ria het jy ses jaar lank die wê­reld plat ge­reis en oor­see ge­werk ook. Na wat­ter land sal jy al­tyd wil te­rug­keer, en wat­ter werk was die lek­ker­ste? Ek het baie daar­van ge­hou om in A­me­ri­ka te woon en werk. Ek het boe­sem­vrien­de ge­maak. Ek was al ’n paar keer te­rug, en kan nie wag om weer te gaan nie. Die lek­ker­ste werk was die vry­wil­li­ge diens wat ek vir die Ver­e­nig­de Na­sies ge­doen het. Dit was nie “mak­li­ke”, lek­ker werk nie, en my le­we was soms in ge­vaar ... maar ek het ge­voel ek maak ’n ver­skil.

Dink jy daar­aan om ’n CD te maak?

Dink jul­le ek moet? Net soos met e­nig­iets an­ders in die le­we kan ’n mens nie iets half aan­pak nie. Ek is op die oom­blik so be­sig

... en ’n sang­loop­baan is nie ’n grap nie. Hoe bly jy fiks? My ka­ke is báie fiks. Ek is gek na eet. Wil. Net. Heel­dag. Eet. Maar ek gim soms ... en stap. Ek kan ure en ure lank stap.

Wat doen jy graag op ’n af­dag? Eet en haal kui­ers in met die v­rien­de wat ek nie ge­reeld kon sien nie.

Waar het jy groot­ge­word en waar bly jy nou? Ek het op Em­pan­ge­ni in Zoe­loe­land groot­ge­word, s­kool in Dur­ban klaar­ge­maak. Ek bly tans in Jo’burg. Ek is ge­luk­kig hier. Ek hou van die vin­ni­ge tem­po.

Die laas­te drie goed wat jy vir jou­self ge­koop het?’ n Maat­band. Ie­mand het my­ne ge­leen en nou is dit weg en ek DIY ge­reeld. ’n Bot­tel wyn - dis Vry­dag. Spe­se­rye – dit was ’n spe­si­a­le aan­bod.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.