Ge­sond­heid! 19 nei­gings vir 2019

Die ‘ge­son­de’ nu­wig­he­de wat in 2019 op jou wag, gaan jou uit­boul. So­veel van slim en ge­sond het jy nog nie ge­hoor nie! Nie net gaan jy jou eie DNS-kon­sul­tant hê nie - daar wag nog tal­le lek­ker nu­wig­he­de op jou

Rooi Rose - - INHOUD - Deur SA­LOMÉ DEL­PORT

1 JY KRY ’N SLIMRING Wat? Het jy nog nie ’n slimring nie? Ou­kei, ons is koel met ’n slim­hor­lo­sie. Die ab­so­lu­te af­sny­punt is ’n t­re­ë­tel­ler op jou sel­foon.

Ja-nee, son­der we­a­ra­bles is jy ’n ag­ter­ge­ble­we­ne. Ons is die mees ge­me­te men­se tot nog toe. Net pa­si­ën­te in die waak­een­heid word meer in­tens ge­ë­va­lu­eer. Jy kan el­ke oom­blik weet wat jou hart­klop en bloed­druk is, hoe­veel treë jy ge­stap het, en of jy “reg” ge­oe­fen en goed ge­slaap het.

Die Ou­ra-ring kan selfs sê wat jou hart­klop­ver­an­der­lik­heid is en aan­be­veel hoe hard jy van­dag mag oe­fen. Waar dié slim dra­goed nie by­kom nie, staan die apps op jou sel­foon in. Hul­le kan jou ki­lo­jou­les en kool­hi­dra­te tel en jou e­mo­si­o­neel on­der­steun met me­di­ta­sie, ont­span­ning of ge­bed.

Te veel nut­te­lo­se in­lig­ting? Ons hou daar­van om ons­self te meet en te sien hoe ons vor­der. Met jou slim­foon wen jy al­tyd, want jy meet jou­self teen jou­self. Wat maak dit saak dat jy nie die 100 m bin­ne 10 sek. kan af­lê nie as jy weet jy is van­dag fik­ser en be­ter as gis­ter?

2 JY KRY ’N GRA­TIS DNS-TOETS Die me­ga-nei­ging van self­me­ting strek tot in die hart van el­ke sel in jou lig­gaam – jou DNS.

As jy dink dit is te duur om jou DNS te laat lees moet jy net ’n

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.