Ge­sond­heid op die vol­gen­de vlak

Ge­sond­heids­ver­wag­ting is van­jaar se gons­woord. Waar staan jou­ne? Kyk met hier­die af­tik­ly­sie waar jy klaar wen en met wat­ter ver­an­de­rin­kies jy nog meer kan by­kry

Rooi Rose - - INHOUD - Deur SA­LOMÉ DEL­PORT

Een van die s­terk kon­sep­te vir 2019 is ge­sond­heids­ver­wag­ting, eer­der as le­wens­ver­wag­ting. Baie ker­sies op die koek is nie so be­lang­rik nie. Wat saak maak, is die aan­tal le­wens­ja­re waar­in jy ge­luk­kig en ge­sond voel. Jy wil el­ke en­ke­le dag saam met jou lie­fie ge­niet, met die klein­kin­ders én die ag­ter­klein­kin­ders speel, mooi maak, lek­ker kook en eet, va­kan­sie gaan hou en al­les doen waar­voor jy lus is.

Jy sál kan, as jy nou jou ge­sond­heids­ver­wag­ting be­gin op­bou. Hoe vroe­ër jy be­gin, hoe meer voor­deel put jy daar­uit. Ge­luk­kig is dit ver­ba­send mak­lik, aan­ge­naam en boon­op be­kos­tig­baar. Jy hoef niks aard­skud­dends soos ’n ys­ter­vrou­ma­ra­thon aan te pak nie - dit is die k­lein din­ge­tjies wat die groot­ste ver­skil maak, soos ge­noeg slaap en ge­reel­de, lek­ker hart-tot-hart ge­sel­sies.

So ver­tel dr. Sa­ra Gott­fried, ge­wil­de A­me­ri­kaan­se ge­sond­heid­s­kry­wer. Sy was on­langs as gas van Met­a­ge­ni­cs in SuidA­fri­ka om haar boek Youn­ger te be­mark, wat juis op ge­sond­heids­ver­wag­ting fo­kus.

Die mee­gaan­de af­tik­gids is hoof­saak­lik op haar boek ge­grond. Kry jy pun­te vir el­ke reg­mer­kie? Nee, maar merk af wat jy reeds reg doen. Hoe na­der jy aan 57 kom hoe be­ter. Eint­lik is el­ke i­tem ’n we­ten­skap­lik be­we­se lei­draad wat jou ge­sond­heids­ver­wag­ting kan op­stoot. Toets jou­self. Dalk doen jy al die mees­te hier­van? Met die res moet jy maar net jou bes doen, sê Sa­ra.

KOOK, EET EN GE­NIET

Jy kook jou eie kos en eet 11 tot 14 tuis­ge­kook­te mid­dag- en aand­e­tes per maand. Jy drink el­ke dag ’n kop­pie krui­e­tee wat goed ge­trek het, soos s­terk rooi­bos. Jy bor­sel jou tan­de drie keer per dag en jy vlos el­ke og­gend en el­ke aand. Jy be­perk fyn sty­sels soos koel­dran­ke, koek, wit­brood en soet­goed. Jy be­perk sui­ker én sui­ker­plaas­ver­van­gers. Jy kry el­ke dag jou o­me­ga-3 in, deur aan­vul­lers, vet vis soos salm en/of o­lyf­o­lie. Jy eet drie tot vyf kop­pies groen­te per dag. Wan­neer jy op­skep, be­staan jou bord uit 80% groen­te en grow­we sty­sels. Jy ge­bruik ge­son­de o­lies, soos o­lyf­o­lie en ka­no­la, en ver­my har­de mar­ga­rien, kook­o­lie en kos wat in o­lie ge­braai is. As jy ’n al­ler­gie het, ver­my jy kon­tak daar­mee, soos die uit­sny van glu­ten as jy al­ler­gies daar­voor is, of om kat­te te ver­my as hul­le jou laat nies. Jy vas twee dae per week vir 12 uur aan­een ( by­voor­beeld van se­we-uur die aand tot elf­uur die vol­gen­de og­gend). Jy eet nie meer as vier por­sies rooi­vleis per week nie. As jy sleg slaap, sny jy kof­fie uit. As jy ná ’n glas wyn die vol­gen­de dag selfs net ’n bie­tjie moeg en dof voel, ver­my jy wyn. Jy eet twee keer per week ge­fer­men­teer­de kos soos kom­bu­cha, sau­er­kraut of eg­te jo­gurt (daar­die een wat jy tuis met ’n plant­jie maak). Jy hou in­flam­ma­sie on­der be­heer. As jy ’n al­ler­gie, as­ma of ’n chro­nie­se siek­te het, doen jy wat no­dig

is om dit te voor­kom en/of goed te be­stuur. Jy ge­bruik bor­rie, ker­rie en gem­mer. Daag­liks, as jy kan. Jy kook el­ke dag met kruie soos pie­ter­sie­lie, tie­mie, roos­ma­ryn en ba­si­lie­kruid.

Jy ge­bruik min sout.

SLAAP EN VERNUWE JOU­SELF

Jy kom el­ke og­gend vir min­stens ’n half­uur in die hel­der son­lig om jou me­la­to­nien­vlak te re­gu­leer.

Jou slaap­ka­mer is koel in die so­mer en ge­mak­lik warm in die win­ter. Jou slaap­ka­mer is snags so don­ker dat jy nie jou hand voor jou oë kan sien nie. Daar is nie e­lek­tro­nie­se speel­goed soos ’n TV in jou slaap­ka­mer nie. Jou slaap­kle­re en bed­de­goed is ge­mak­lik en help ook dat jy nie te warm of te koud kry nie. As hit­te­gloe­de jou snags wak­ker hou, ge­bruik jy bio-i­den­tie­se es­tro­geen of pro­ges­te­roon.

Jy het ’n slaap­tyd­roe­ti­ne – din­ge­tjies wat jy doen wat aan jou lig­gaam sein dat dit tyd is om af te s­ka­kel. Jy gaan slaap el­ke aand op die­self­de tyd. Jy slaap se­we tot ne­ge uur el­ke nag. As jy min­der as dit slaap, rus jy ’n half­uur deur die dag. Jy ver­my e­lek­tro­nie­se lig (soos dié van die TV en jou re­ke­naar) van so­wat drie uur voor bed­tyd. As jy wel jou re­ke­naar of TV tot slaap­tyd ge­bruik, dra jy ’n bril wat blou lig uit­sny.

Jy oe­fen sog­gens, eer­der as saans, wat help dat jy mak­li­ker aan die slaap raak.

OE­FEN EN RUS

Jy oe­fen el­ke week vir 150 mi­nu­te in ’n ma­ti­ge tem­po. (Jy kan ge­sels ter­wyl jy oe­fen). OF jy oe­fen week­liks hard vir 75 mi­nu­te. OF jy kom­bi­neer die twee en oe­fen so­wat 120 mi­nu­te el­ke week. Af­ge­sien daar­van, be­weeg jy deur die dag so­veel as wat jy kan. As jy heel­dag sit en werk, staan jy el­ke uur op en doen vir ’n mi­nuut een of an­der plo­f­oe­fe­ning, soos dans of op die plek draf. Jy het oe­fen­roe­ti­ne­tjies wat jy deur die dag in­pas. Elk­een duur van een tot vyf mi­nu­te. ’n Paar i­dees: lig en laat sak jou hak­ke as jy op die foon is; klap jou han­de by­me­kaar bo­kant jou kop ter­wyl jy wag dat die ke­tel kook; lig jou lin­ker­knie na jou reg­ter­elm­boog en her­haal ’n paar keer vin­nig met el­ke been; doen ’n plank vir ’n paar mi­nu­te; of doen ’n paar dood­ge­wo­ne op­sto­te of op­sit­te. Jy doen twee tot drie keer per week tien mi­nu­te se plo­f­oe­fe­nin­ge: jy hard­loop, trap fiets of stap so vin­nig as wat jy kan vir drie mi­nu­te, rus vir twee mi­nu­te en her­haal dit twee tot drie keer. Jy doen een tot twee keer per week strek­oe­fe­ning wat jou soe­pel hou, soos jo­ga en pi­la­tes. Jy kry krag­oe­fe­ning, soos oe­fe­nin­ge met ge­wig­te, as­ook hurk­oe­fe­nin­ge. Jy stap en klim so­veel trap­pe as wat jy kan. ( Wan­neer jy nie gaan oe­fen het nie, is die mi­ni­mum 10 000 tree!) Jy het een of twee rus­dae per week wan­neer jy nie oe­fen nie, hoe­wel jy steeds al jou mi­ni­oe­fe­nin­ge doen wat jou deur die dag aan die be­weeg hou.

JOU OM­GE­WING IS SUI­WER

Jy rook nie. Daar is nê­rens muf in jou huis of werk­plek nie, soos klam pla­fon­ne en vuil lug­re­ë­laars. Jy eet nooit kos met muf daar­op nie – al skep jy die muf af. Jy is nie aan gif­stow­we bloot­ge­stel nie, soos in­sek­gif, tuin­gif, en ny­wer­heids­be­soe­de­ling by jou huis of werk nie. Jy sau­na een keer per week. (Al­ter­na­tief, hoe­wel nie so goed nie: ’n baie warm bad wat jou laat sweet, ge­volg deur ’n vin­ni­ge koue stort. Jy móét sweet!) Jy eet el­ke dag ’n kop­pie broc­co­li en twee por­sies groen bla­re, soos in slaai of ’n groen­sap, wat jou le­wer help om van gif­stow­we

ont­slae te raak.

JY STREEL STRES WEG

Jy voel vei­lig – tuis en by die werk. Jy sing of luis­ter na mu­siek wat jou help om jou e­mo­sies uit te druk, soos mars­mu­siek wat jou op­kik­ker, of lied­jies van ver­lan­ge wan­neer jy hart­seer is. Jy slaap op jou reg­ter­sy. Jy strek daag­liks. Daar is baie ma­nie­re om al jou spie­re te strek, soos jo­ga en pi­la­tes. Jy voel ge­koes­ter en kos­baar. Hier­voor werk ge­loof, ge­bed, me­di­ta­sie, self­aan­vaar­ding, ’n dan­kie-sê dag­boek en die soort ge­sels met jou maat of ’n vrien­din wat jou laat voel dat jy ge­hoor word, ge­liefd is en sosiaal aan ’n ge­sin of ’n vrien­din­ne­kring be­hoort en deur hul­le aan­vaar word. Jy laat jou lig­gaam ont­span, soos met mas­se­ring, self­mas­se­ring van jou kop, nek en skou­ers, en diep, rit­mie­se a­sem­ha­ling. Jy er­vaar en aan­vaar, eer­der as om si­tu­a­sies en men­se te e­va­lu­eer en te oor­deel as goed of sleg, of teen jou of vir jou. (By­voor­beeld: jy sien die ver­keer is swaar en jy weet jy gaan lank op die pad en/of laat wees. Jy oor­deel jou nie nou as sleg, lui of al­tyd laat nie. Jy oor­deel ook nie die ver­keer of an­der men­se as teen jou, on­ge­ma­nierd of as­pris be­sig om jou te on­der­gra­we nie. Die ver­keer is ’n ge­ge­we, en jy maak die bes­te daar­van deur na mu­siek, ’n pot­gooi of ou­di­o­boek te luis­ter, of jou vol­gen­de pro­jek te be­plan.) As daar ’n pro­bleem­si­tu­a­sie in jou le­we is, neem jy ei­e­naar­skap daar­van en kyk hoe jy dit be­ter kan be­stuur. Jy sien jou­self nie as ’n mag­te­lo­se slag­of­fer nie.

JOU LE­WE IS IN­TE­RES­SANT

Jy stel in een of an­der veld be­lang en leer al meer daar­van, soos vo­ëls kyk of kook. Jy is by een of an­der groep be­trok­ke. Dit hou jou ver­mo­ëns skerp om te kom­mu­ni­keer, met men­se om te gaan en jou­self te hand­haaf. Jy be­plan jou dag, week, maand en jaar. So be­hou en ont­wik­kel jy jou ver­moë om doel­wit­te te stel, voor­uit daar­voor te be­plan, te­ë­spoed te han­teer, te bly vas­byt wan­neer dit no­dig is en om suk­ses­vol en trots op jou­self te voel wan­neer dit re­a­li­seer . Jy ver­ken nu­wig­he­de. (Dit kan so kom­pleks wees soos die aan­leer van ’n nu­we vaar­dig­heid, of die be­mees­te­ring van ’n nu­we teg­no­lo­gie, tot so een­vou­dig soos om op ’n nu­we plek te gaan kof­fie drink, of ’n nu­we roe­te te stap.) Jy oe­fen jou ver­moë om te me­mo­ri­seer en te ont­hou. (Kyk of jy kan ont­hou wat jy el­ke dag die week ge­doen het; me­mo­ri­seer te­le­foon­nom­mers, jou in­ko­pie­ly­sie en die pry­se van win­kel­pro­duk­te, som­mer net vir die oe­fe­ning.)

Dis nooit te laat nie. Hier­mee wen ál­mal ge­sond­heid en ge­luk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.