Wen ’n kuns­ma­ti­ge gras­perk van R12 500

Vier ge­luk­ki­ge ‘rooi ro­se’-le­sers kan elk ’n kuns­ma­ti­ge gras­perk van Nou­wens van R12 500 pa­sel­la kry - in­stal­la­sie in­ge­sluit

Rooi Rose - - INHOUD -

Met die wa­ter­be­per­kings en wyd­ver­sprei­de droog­te in die land lyk die mees­te men­se se gras­per­ke nie al­tyd te won­der­lik nie. In som­mi­ge ge­val­le het dit al in ’n droë, stow­we­ri­ge sand­put ont­aard!

Huis­ei­e­naars is op soek na al­ter­na­tie­we vir hul tui­ne – iets wat e­ko­vrien­de­lik is en mak­lik in stand ge­hou kan word. Maar dit be­te­ken nie jy hoef jou mooi groen tuin tot niet te maak nie. Kuns­ma­ti­ge gras raak dees­dae al hoe ge­wil­der – jy het heel­jaar lank die ple­sier van ’n we­li­ge groen gras­perk son­der dat jy jou kos­ba­re wa­ter hoef te ge­bruik.

By Nou­wens Car­pets, ’n ken­ner op die ge­bied, is daar ver­skeie soor­te kuns­ma­ti­ge gras be­skik­baar wat aan e­ni­ge huiseienaar se be­hoef­tes sal vol­doen. Die kuns­ma­ti­ge gras is ont­werp om naat­loos in die na­tuur­li­ke om­ge­wing in te smelt en is duur­saam so­dat jy se­ker kan wees dat dit vir ’n lang tyd­perk sal hou. Daar­by het Nou­wens Car­pets se reeks kuns­ma­ti­ge gras ’n UV-waar­borg van agt jaar. En jy hoef nooit weer gras te sny, bos­sies uit te trek, gras te plant of wa­ter te gee nie. En as jy of ie­mand in jou ge­sin al­ler­gies is vir gras­sa­de, be­hoort hier­die pro­bleem nou tot die ver­le­de. Om nie eens te praat van al die in­sek­do­ders of che­mie­se mid­dels wat ’n mens moet ge­bruik om jou gras­perk goed te laat lyk nie. As jy be­kom­merd is oor die be­skik­baar­heid van wa­ter in die toe­koms, kry ’n Nou­wens Car­pets-gras­perk wat jou op die lan­ge duur baie geld en moei­te sal spaar.

Die prys wat ge­wen kan word, sluit Nou­wens Car­pets- kuns­ma­ti­ge gras en in­stal­la­sie ter waar­de van R12 500 in – wat ge­lyk­staan­de is aan 20 vier­kan­te me­ter van Ki­ku­yu Astro Turf. Vir meer in­lig­ting, bel 058 622 1101, of be­soek nou­wen­s­car­pets.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.