Die bes­te voet­jie voor

In Ja­nu­a­rie 2018 het Clo­ver Krush se skool­skoen-veld­tog ge­wys hoe­veel hul­le vir die Suid-A­fri­kaan­se ge­meen­skap om­gee

Rooi Rose - - INHOUD -

Clo­ver Krush is ’n heer­li­ke, ver­fris­sen­de vrug­te­sap met ’n han­dels­naam wat si­no­niem is met ’n oop hart en hand. In Ja­nu­a­rie 2018 het die maat­skap­py tien­dui­send paar skool­skoe­ne by ver­skeie sko­le in Gau­teng, M­pu­ma­lan­ga, Lim­po­po, K­waZu­lu-Na­tal en in die Wes-Kaap uit­ge­deel. Dié splin­ter­nu­we skoe­ne het sko­lie­re lands­wyd die kans ge­gee om die skool­jaar met self­ver­troue te be­gin.

Die maat­skap­py het met sy #KrushGood­ness-veld­tog ge­toon dat wan­neer jy el­ke dag ie­wers ’n bie­tjie goed­heid by­voeg, jy ie­mand se wê­reld kan ver­an­der. Dis om die­self­de re­de waar­om hul­le in Ja­nu­a­rie 2019 nie net hul skool­skoen-do­na­sies tot 20 000 paar ver­dub­bel het nie, maar dit op die koop toe in meer pro­vin­sies gaan ver­sprei! Op 21 Ja­nu­a­rie gaan ver­skeie be­ken­des en rol­mo­del­le, soos Le­an­ne Ma­nas, skool­skoe­ne in ses pro­vin­sies uit­deel. Kin­ders is on­skul­dig, goed en boon­op ons toe­koms en dis juis daar­om dat Clo­ver Krush pro­beer om die skool­jaar vir hul­le mak­li­ker te maak. Op sy beurt sal die heil­saam­heid van die si­trus­sap dit ook vir hul­le mak­li­ker maak om te kon­sen­treer op dit wat saak maak: om te leer!

*Krush is as die nom­me­reen-vrug­te­sap­meng­sel aan­ge­wys in die Sun­day Ti­mes se Top Brands A­wards 2015 en 2016. Clo­ver is ook as ’n i­koon-han­dels­naam aan­ge­wys in die Ask A­fri­ca-han­dels­naam­op­na­me vir 2016 en 2017.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.