Christiaan Olwagen verskuif grense met sy A­fri­kaan­se flieks

Rooi Rose - - INHOUD - Deur CHRISTIAAN J DE SWARDT

Die veel­sy­di­ge en veel­be­kroon­de kuns­te­naar Christiaan Olwagen ge­sels oor s­to­ries en self­sug, kon­flik en kre­a­ti­wi­teit

Die seun­tjie sit in ’n la­er­skool­mu­siek­ka­mer voor die kla­vier waar­op Cathy, ’n wit poe­del­tjie, slaap. Die seun moet oe­fen ter­wyl Juf­frou “gou kan­toor toe” is. Die hond­jie bly op die kla­vier lê. So­dra die

seun op­hou oe­fen - om­dat hy te lui of te moeg of nie lus is nie - be­gin Cathy vir hom grom tot hy weer be­gin …

Dit is nie ’n to­neel uit een van sy be­kroon­de to­neel­stuk­ke of rol­pren­te nie, maar dit is die be­kroon­de dra­ma­turg, draai­boek­skry­wer, re­gis­seur, ver­vaar­di­ger en ak­teur Christiaan Olwagen (31) se sto­rie­be­gin.

Ná die Suid-A­fri­kaan­se wel­slae van sy rol­pren­te John­ny is nie dood nie en Ka­na­rie is sy nu­we rol­prent, Die See­meeu, on­langs uit­ge­reik. Die ster­be­laai­de rol­ver­de­ling met on­der meer San­dra Prins­loo, Ma­ri­us Wey­ers, Al­bert P­re­to­ri­us, Ro­lan­da Ma­rais, Cin­tai­ne S­chut­te en Ger­ben Kam­per is die­self­de en­sem­ble wat in die ver­hoog­pro­duk­sie ge­hal­te­spel ge­le­wer het.

Hy werk ook nou aan sy vier­de fliek, Pop­pie Non­ge­na, wat la­ter van­jaar uit­ge­reik word.

Christiaan, wat ver­al be­kend­heid ver­werf het vir sy dap­per, oor­spronk­li­ke ver­wer­kings van klas­sie­ke teks­te soos Ed­ward Al­bee se Wie’s bang vir Vi­r­gi­nia Woolf? Ib­sen se A Doll’s Hou­se en Lor­ca se Huis van Ber­nar­da Al­ba, was nog al­tyd ge­fas­si­neer deur so­ge­naam­de “lae en hoë” kuns. “Ek pro­beer al­tyd ’n sleu­tel­snel­ler tus­sen­in vind. Ek pro­beer kuns skep wat re­le­vant is: wat vir my én die te­a­ter- en rol­prent­gan­ger in­te­res­sant en be­vre­di­gend is. Ons maak te­a­ter en rol­pren­te vir ge­ho­re en ons moet dit al­tyd in ge­dag­te hou.

Dit gaan om re­spek en toe­gank­lik­heid. Ek is ver­sot op klas­sie­ke stuk­ke soos dit is, maar ’n deel van my wil dit vir ons ge­ho­re ver­stel. Dan be­hou ek die klas­sie­ke teks as die an­ker, maar ver­tel ’n weer­ga­we daar­van wat in ’n spe­si­fie­ke Suid-A­fri­kaan­se kon­teks toe­pas­lik is.”

Dié veel­sy­di­ge kuns­te­skep­per het sy rol­prent­de­buut in 2013 by kykNET se Sil­wer­skerm­fees in Kaap­stad ge­maak met die kort­fliek Toe­vlug, wat met toe­ken­nings vir bes­te re­gis­seur, bes­te draai­boek en bes­te kort­fliek ver­eer is. Sy fliek John­ny is nie dood nie is in 2016 met agt Sil­wer­skerm­fees­pry­se be­kroon, en kri­ti­ci het dit as ’n keer­punt en ’n ba­ken in die Suid-A­fri­kaan­se rol­prent­ge­skie­de­nis be­skryf.

Sy twee­de rol­prent, Ka­na­rie, is ook ’n vyf­ster­rol­prent. Die mu­si­ka­le oor­logs­dra­ma speel hom in 1985 in Suid-A­fri­ka af en ver­tel die sto­rie van ’n jong seun wat in ’n tyd van on­der­druk­king ge­dwing word om sy i­den­ti­teit te vind, teen die ag­ter­grond van die weer­mag, die kerk en gay-wees – mét die doel om ge­sprek tus­sen die ver­le­de en die uit­wer­king daar­van op die he­de aan te moe­dig. Dié grens­ver­skui­wen­de rol­prent, wat nie skroom om taai on­der­wer­pe kaal­vuis te ta­kel nie, het in­ter­na­si­o­na­le ge­ho­re gaan­de ge­had en is on­der meer by rol­prent­fees­te in C­hi­ca­go en At­lan­ta as die bes­te in­ter­na­si­o­na­le, nar­ra­tie­we rol­prent aan­ge­wys en het aan Christiaan ’n prys as bes­te re­gis­seur be­sorg.

Sy nu­we rol­prent, Die See­meeu, wat na die post-a­part­heids­ja­re in Suid-A­fri­ka ver­plaas is, het ook op­slae by die Mo­s­kou In­ter­na­si­o­na­le Rol­prent­fees in Rus­land ge­maak.

Christiaan, wat nie ’n vreem­de­ling vir om­stre­den­heid is nie, sê be­skeie hy het nie die fan­fa­re oor sy rol­pren­te ver­wag nie. “My doel­stel­ling was om plaas­li­ke s­to­ries te ver­tel wat in die di­a­loog- en rol­prent­land­skap op in­ter­na­si­o­na­le vlak kan mee­ding. Ek dink die mees­te men­se is kom­pleks en ge­kwes. In ’n sto­rie (en in die werk­li­ke le­we) lei dit tot dra­ma en kon­flik. Vol­maakt­heid en per­fek­si­o­nis­me is ver­ve­lig. Dank­sy ’n be­dre­we span kon ons met sa­me­wer­king - én ’n wis­sel­wer­king tus­sen oor­spronk­lik­heid en kre­a­ti­wi­teit - ge­hal­te­werk le­wer.”

Christiaan en Saar­tjie Bo­tha het An­ton T­sje­chof se klas­sie­ke te­a­ter­stuk The Se­a­gull in A­fri­kaans ver­taal en ver­werk en ge­ho­re by kuns­te­fees­te daar­mee ge­kon­fron­teer. Die stuk, Die See­meeu, is ver­plaas na die Suid-A­fri­ka van 1995, by­na hon­derd jaar na­dat dit ge­skryf is. “Dit is nog­al merk­waar­dig hóé ge­loof­waar­dig en ge­mak­lik – en ver­al be­lag­lik ón­ge­mak­lik die ka­rak­ters in dié tyd­gleuf flo­reer én kre­peer,” sê Christiaan.

Die rol­prent on­der­soek die mens se on­re­a­lis­tie­se harts­be­geer­tes, on­ver­ge­noeg­heid en self­ver­nie­ti­ging teen die ag­ter­grond van ro­man­tie­se en ar­tis­tie­se kon­flik - wat spruit uit vre­se, self­twy­fel, y­del­heid, ver­gank­lik­heid, ver­raad, be­rou, ver­lan­ge én frus­tra­sie.

Christiaan was klein­tyd ’n kuns­wed­stryd­kind, toe ont­wik­kel hy in die won­der­kind van kuns­te­fees­te en nou is hy ’n be­kroon­de rol­prent­fees­kind. “Ek is steeds by fees­te be­trok­ke, maar dit is nou meest­al rol­prent­fees­te. Ek is ver­sot op al­le kuns­vor­me, maar my hart lê by s­to­ries ver­tel. Ek wou nog al­tyd rol­pren­te maak. Dit bly uit­da­gend. Daar is ’n gro­ter span be­trok­ke, elk­een met sy eie fo­kus en am­bi­sie om sy bes te doen. Ek leer el­ke dag iets nuuts en ek werk met on­ge­loof­li­ke men­se met on­der­vin­ding en ’n ge­deel­de pas­sie vir s­to­ries ver­tel. Te­a­ter en rol­prent is ver­skil­lend in aan­slag, maar die pa­ral­lel­le is dat ek met ak­teurs op die vloer kan werk en kan fo­kus op die sto­rie wat ver­tel moet word ter­wyl ek die ge­hoor in ge­dag­te hou. Se­ke­re s­to­ries staan my aan en as daar te­mas is wat men­se on­ge­mak­lik maak, is dit hul­le saak.”

Dit het Christiaan nog nooit ge­pla dat men­se by fees­te soms

uit sy ver­to­nings strom­pel vóór die gor­dyn sak nie. “Ek mik nie daar­na om men­se te skok nie; ek wil (ont)roer - en as dit dan uit hul sit­plek­ke is, is dit ook gaaf. Ek ont­gin mens­lik­heid, en wys nie vin­gers nie. Ek maak nie stel­lings nie. Ek be­vraag­te­ken.”

Hy het sy ver­hoog­de­buut op se­we in die s­kool se By­bel­re­vue ge­maak, bui­te­muur­se dra­ma­klas­se ge­neem en sy eer­ste ver­hoog­stuk ge­skryf toe hy 14 was. “S­port was my nie be­sko­re nie. Ek’t my arm ge­breek toe ek die eer­ste keer rug­by ge­speel het; my duim toe ek die eer­ste keer k­rie­ket ge­speel het. Ek was ou­kei in swem, maar nooit gre­at nie. Ek’t nog al­tyd ge­weet ek wou s­to­ries ver­tel.”

Ná ho­ër­skool het hy daar­die be­lang­stel­lings en pas­sie aan die U­ni­ver­si­teit van S­tel­len­bosch ont­wik­kel en die kuns van sto­rie ver­tel ten vol­le ge­slyp.

Ty­dens sy dra­ma­stu­die aan Ma­ties is Christiaan in 2008 met die F­leur du Cap-toe­ken­ning as be­lo­wend­ste stu­dent be­kroon. Hy het sy hon­neurs in spel en re­gie in 2009 be­haal en in 2010 sy pro­fes­si­o­ne­le de­buut as re­gis­seur by die Na­si­o­na­le Kuns­te­fees op Gra­ham­stad ge­maak met ’n stuk wat hom in 2011 die Ro­sa­lie van der Gucht-prys as bes­te re­gis­seur be­sorg het.

As ak­teur, skry­wer en re­gis­seur is Christiaan deeg­lik op­ge­lei in kort­kuns, ka­ba­ret, ko­me­die, dra­ma, pop­pe­te­a­ter, bly­spe­le en lyf­te­a­ter.

Hy lééf s­to­ries en beeld die werk­lik­heid on­ver­glans uit.

Dit is juis met sy ou­ers, Lau­ri­ka en Lud­wig, se sto­rie wat hy KKNK-te­a­ter­gan­gers in 2014 tromp­op ge­loop het met sy stuk Dog­ma – ’n lief­des­ver­haal van vre­de en voor­spoed wat in ver­vreem­ding en ver­plet­te­ring ge­ëin­dig het. Dit het hom ook die trots­ste oom­blik van sy le­we be­sorg met ses be­noe­mings, die Kan­na vir die bes­te de­buut­pro­duk­sie en bes­te al­ge­he­le pro­duk­sie - en die KKNK se A­fri­kaans On­be­perk-toe­ken­ning vir ’n Jong Stem.

Dis ’n ou­to­bi­o­gra­fie­se werk oor ’n jong man wat die ver­brok­ke­ling van sy ou­ers se ver­hou­ding on­der­soek na­dat veel­vul­di­ge skle­ro­se by sy pa, ’n NG-pre­di­kant, ge­di­ag­no­seer is. Dis ’n ge­sprek tus­sen ge­skie­de­nis en ge­loof, i­den­ti­teit en be­staan, mens­lik­heid en die ma­gie­se.

Se­dert­dien delf hy steeds diep, soms selfs waan­sin­nig.

Dié pas­sie­vol­le den­ker het nie ’n guns­te­ling­me­di­um nie. “Die mul­ti-dis­si­pli­nê­re aard wat skryf, spel en re­gie verg, is uit­da­gend. Re­gie is ’n na­tuur­li­ker pro­ses, skryf is moei­li­ker; ’n lo­ve-ha­te- ver­hou­ding. Ek dink nie ’n mens hoef net een ding jou he­le le­we lank te doen of te wees nie. Kuns­te­naars moet en­tre­pre­neurs wees.”

Hy peins ’n oom­blik. “Mis­kien is daar aan­slui­tings en oor­een­koms­te tus­sen my en die te­mas wat ek ont­gin en die ka­rak­ters wat ek skep en uit­beeld. Ek dink dit is ui­ters be­lang­rik om uit ’n plek van eer­lik­heid te werk. Par­ty­keer, wan­neer ek ’n ka­rak­ter in­stu­deer of aan ak­teurs ver­dui­de­lik, is daar soms, af­han­gen­de van die rol, baie min van my­self daar­in; par­ty­keer té veel.”

Hy sê die rol­pren­taan­pas­sing van Die See­meeu was nog­al uit­da­gend. “Ons moes heel­wat skaaf. Ons het die oor­spronk­li­ke T­sje­chof-struk­tuur be­hou en dank­sy ’n or­ga­nie­se pro­ses het ons nie ge­hui­wer om ná ons ver­film het tot in die murg te sny en nóg te re­di­geer nie! Ek het dié rol­prent eint­lik om self­sug­ti­ge re­des ge­maak. Te­a­ter is so ver­vlie­tend en ek wou dié stuk graag op film ver­e­wig; maar dit is ook ’n vrees­aan­ja­en­de ge­dag­te, want die eind­pro­duk is vir al­tyd daar – vir al­mal om te kri­ti­seer.”

Die ver­hoog­stuk het aan pa­ro­die ge­grens en het heel­par­ty snaak­se oom­blik­ke ont­lok, met die on­mid­del­lik­heid van die ge­hoor se re­ak­sie op ge­beu­re. “Die rol­prent­weer­ga­we is don­ker­der. Ek vind wel snaak­se oom­blik­ke daar­in; an­der men­se be­hoort ook - as hul­le be­reid is om hul­le daar­voor toe­gank­lik te maak. In Rus­land is daar ’n ge­seg­de wat sê dit is drie maan­de win­ter en ne­ge maan­de te­leur­stel­ling. In dié fliek kyk ek na on­der­ont­gin­de e­mo­sies, soos me­lan­cho­lie en selfs ver­veeld­heid. As jy voel die fliek ver­veel jou, er­vaar jy ook e­mo­sie en is dit ge­slaag. Dit was ’n ris­kan­te eks­pe­ri­ment,” my­mer Christiaan.

Dit skeel hom min wat an­der men­se van hom dink; hy is im­mers “soms te­vre­de” met hom­self. Hy wéét hy het te­kort­ko­min­ge én goeie ei­en­skap­pe: “Baie van al­bei. Ek skeep my lyf se­ker ’n bie­tjie af, want ek oe­fen nie ge­noeg nie. Maar ek bant ge­trou. Ek kan hard­kop­pig en hu­meu­rig wees, maar ek pro­beer om ni­cer met my­self te wees – en nog ni­cer met an­der men­se.”

Don­der­weer, die blou van die lug, die groen van die see en ba­ba­hond­jies se kof­fie­a­sem­pies kik­ker sy dae op. En as hy kon, sou hy graag baie dae voor die TV met Netflix wou deur­bring.

Kui­ers saam met v­rien­de en fa­mi­lie, aan­dag aan kat­te en hon­de, reis én werk, verskaf hom vreug­de “en help my om min­der moe­rig te wees vir die té veel din­ge - vre­se en fo­bies - waar­mee ek wor­stel en wat my ont­stel, soos plas­tiek in die veld, in bos­se en op die strand, want dit be­land in die o­se­aan en be­dreig die na­tuur. Ek hoop om een­dag te kan sê niks kan my meer be­kom­mer en af­skrik nie. In­tus­sen wil ek net aan­hou doen wat ek nou doen: s­to­ries ver­tel, maak en skep - én ’n le­we són­der vrees en skuld ge­niet. Dis u­se­less e­mo­sies. Ek is hopeloos te erns­tig, is erg neuroties, leer my­self nog ken en ek wens ek kan ont­hou om wat ek doen meer te ge­niet. Ek is ge­luk­kig. Dis ’n voor­reg om heel­tyd te kan doen waar­voor jy lief is en ’n loop­baan daar­van te kan maak.”

En wat van Cathy, die wit hond­jie? “Ja, die ou ding grom en spook steeds vir my. Maar dit pas my. Sy hou my op my to­ne, want ’n mens mag nie te lui, te moeg of bloot net nie lus wees nie! Sy her­in­ner my daar­aan dat ek nog graag een­dag gro­ter rol­pren­te wil aan­pak; mis­kien selfs op in­ter­na­si­o­na­le vlak.

‘EK IS HOPELOOS TE ERNS­TIG, IS ERG NEUROTIES, LEER MY SELF NOG KEN EN EK WENS EK KAN ONT­HOU OM WAT EK DOEN MEER TE GE­NIET’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.