Fik­sie: Die nag van die Hot Owl

Rooi Rose - - INHOUND - Deur ELMA POT­GIE­TER

Ma­griet is be­kom­merd oor die par­ty­tjie waar­heen haar skool­gaan­de sus­ter Ber­di­ne gaan, ver­al toe sy sto­ries van dop en dag­ga hoor

Was gibt’s S­chwes­ter?” Ma­griet knip-knip haar oë voor sy van die kom­buis­ven­ster af weg­draai toe sy Lo­de­wyk se stem hoor. Die Sa­ter­dag­og­gend is son­nig maar Ma­griet se ge­moed is be­wolk ná die on­der­on­sie met haar vyf­tien­ja­ri­ge sus­ter. Ber­di­ne se laas­te woor­de eg­go in haar ge­dag­tes.

“Jy’s nie my ma nie! Karl drop my twaalf­uur. Fi­nal!”

“Ag, Wyk,” sug Ma­griet as ant­woord op haar broer se “Wat gaan aan, Sus?”

“Ber­di­ne,” sê hy al­we­tend. “Sy kort ’n goeie kop­skrop. Koffie, S­chwes?”

Ma­griet glim­lag vaal. Lo­de­wyk se ge­lief­koos­de vak­ke is Duits, wis­kun­de, rug­by en skaak – soos hy sê, “nie al­tyd in die­self­de volg­or­de nie”.

“Dan­kie. Wan­neer laas het jy haar ge­sien?”

Lo­de­wyk lyk ver­baas. “Gis­ter­og­gend skrams by die skool, want Sak­sa­rel het my gis­ter­aand laat eers af­ge­laai, an­ders sou hy kom koffie be­del het as ’n ver­sko­ning om jou te sien.”

Sak­sa­rel is eint­lik Sa­rel Sny­man, Lo­de­wyk se wis­kun­de­on­der­wy­ser en skaak­af­rig­ter, en dol op Ma­griet. Op eie uit­no­di­ging braai hy van­aand by hul­le: “Ek bring als.”

“Sy’t soos al­tyd dees­dae ge­lyk. Be­foe­ter. Hoe­kom?”

“Sy’s ge­nooi na ’n punk-par­ty­tjie van­aand by Jean-hul­le en ... sy lyk die rol. Ná gis­ter­mid­dag by die haar­kap­per is jou sus­sie se hare nou swart en stok­kies­rig.”

Lo­de­wyk ver­stik am­per. “Vir wat laat jy haar gaan? Jean hang uit met ’n spul … ”

Ma­griet se oë ver­don­ker. “Wat­se spul?”

“Jean se pa en stief­ma is stink­ryk. Boon­op loop die sto­ries by die skool dik dat hul­le koel voel oor dop en dag­ga.” “Weet die on­der­wy­sers?”

“Bedoel jy van die dop en dag­ga?”

Ma­griet knik.

“Dis dalk net sto­ries, maar ... Mei­ne gu­te S­chwes­ter, sê vir Ber­di­ne dis uit.”

“Ek het klaar ja ge­sê. Toe ek hoor dis by Jean-hul­le se huis toe dag ek … ”

Ma­griet voel min­der­waar­dig. Hoe kon sy dink sy sou haar ou­ers se plek kon vol staan ná die nood­lot­ti­ge mo­tor­on­ge­luk vier jaar ge­le­de. Ber­di­ne was elf en Lo­de­wyk der­tien. Sy was drie en twin­tig. Sy het ’n Afrikaanse pos by die ho­ër­skool ge­kry, be­gin soek na eie ver­blyf en toe …

“Sleg­te nuus, Ma­griet,” het haar pa se pro­ku­reurs­ven­noot son­der om­haal ge­sê toe hy by hul­le huis op­daag.

Ma­griet knip haar oë teen die self­be­jam­me­ring.

Alles was te skie­lik. Eers toe Ber­di­ne een og­gend twee­uur - ’n week ná die be­graf­nis en on­be­daar­lik aan die huil - by haar in die bed kom kruip, het Ma­griet met ’n skok be­sef sy sal ook Ma moet wees.

Roe­ti­ne het ge­help. Sy moes skool­hou, Lo­de­wyk is ho­ër­skool toe en Ber­di­ne was in graad ses in die laerskool.

Ma­griet het ad­vies by kol­le­gas ge­vra. ’n Ter­loop­se op­mer­king van Sak­sa­rel het ook ge­help.

“Moe­nie pro­beer ma speel nie. Lo­de­wyk en jou sus­sie is al re­de­lik groot. Wees be­skik­baar so­dat hul­le voel daar is steeds liefde en vas­tig­heid by die huis.”

Een aand het sy voor­ge­stel hul­le hou saans met ete ver­ga­de­ring om skool­din­ge te be­spreek en as an­der pro­ble­me op­duik, takel hul­le dit ook.

Na­we­ke het hul­le drie saam ont­span – uit­ge­ry na plek­ke, gaan fliek, of hul­le kon maats oor­nooi.

Toe Lo­de­wyk be­si­ger word met rug­by en skaak het sy en haar sus­sie din­ge saam ge­doen, of sy het Ber­di­ne en haar maats rond­ge­ry. Tot naas­ten­by die be­gin van die vo­ri­ge jaar het din­ge glad ver­loop.

Maar toe word Ber­di­ne vyf­tien en on­der­gaan am­per oor­nag ’n per­soon­lik­heids­ver­an­de­ring. Die vrien­de­li­ke, oop kind was eens­klaps on­toe­gank­lik. En nou dié, punk-par­ty­tjie met die swaard

van dop en dag­ga.

“Kom ons tref ’n kom­pro­mis,” het sy van­og­gend vir Ber­di­ne ge­sê: “Karl laai jou op, maar ek gaan jou haal.”

“Vir wat sê jy nie net nee nie. Noem my Jai­l­bi­rd van De­ven­ter.” Ma­griet het haar met moei­te be­dwing.

“Ons hou die re­ë­lings soos ek sê. Karl kom jou op­laai en ek gaan haal jou elf­uur by hul­le.”

Ber­di­ne het op aan­dag ge­spring en sar­kas­ties ge­da­wer: “Ja, Moe­der. Goed, Moe­der.”

Die aand ne­ge­uur het Lo­de­wyk hom by die braai ver­skoon om “’n paar din­ge te gaan Google” vir sy En­gel­se mon­de­ling.

“Ons ry met my mo­tor,” sê Sa­rel toe Ma­griet kwart oor tien haar handsak en mo­tor­sleu­tels vat om Ber­di­ne te gaan haal.

In Saxon­wold druk Sa­rel die in­ter­kom­knop­pie by die hek wat da­de­lik oop­swaai.

“Waar is die an­der mo­tors?” won­der Ma­griet hard­op.

By die voor­deur lyk me­neer La­bu­schag­ne ver­baas toe Sa­rel hul­le voor­stel. “Hul­le’s nie hier nie, kui­er ê­rens by ’n klub.” “Ver­skoon tog,” sta­mel Ma­griet en hard­loop te­rug mo­tor toe. “Goei­e­nag, me­neer La­bu­schag­ne,” sê Sa­rel en stap vin­nig weg. “Te­rug huis toe, Sa­rel. Dalk weet Wyk iets.” Ma­griet wag by die mo­tor in die straat en toe sy die twee om die hoek van hul huis sien draf, rig sy die af­stand­be­heer op die hek. “Weet jy waar ons kan be­gin soek,” vra Sa­rel vir Lo­de­wyk ter­wyl hul­le in­klim.

“Al slaat jy my dood, nee. Wag ’n bietjie, Ar­rie het nou die dag iets ge­sê van, Owl, Black, nee. The Hot Owl.” “Weet jy waar dit is?” vra Sa­rel. “Ek het al met die bus daar ver­by­ge­ry – op die hoek van Em­pi­re en nog ’n straat­jie. Daar’s ’n uit­hang­bord.”

“Hoe kon ek so na­ïef wees?” ver­wyt Ma­griet haar­self. “Ons ou­ers sou an­ders op­ge­tree het.”

“Nie nood­wen­dig nie,” sê Sa­rel. “Kyk na die ver­skil tussen jou eie en Lo­de­wyk se re­ak­sie en dié van Karl se pa. Me­neer La­bu­schag­ne voel ’n veer.”

“Hier’s ons,” sê Lo­de­wyk maar toe is hul­le ver­by.

“Ver­domp, hier’s ook nê­rens straat­na­me nie,” swets Sa­rel. Hy hou oor­kant die straat stil en Lo­de­wyk be­sluit hy moet al­leen in­gaan. Met sy toe­ryg­ste­wels, rug­bykort­broek en swart T-hemp met die slag­spreuk ro­gue-bi­ker is sy “kos­tuum” reg.

“Het jy geld? Daar’s dalk ’n toe­gangs­fooi,” en Sa­rel gee vir Lo­de­wyk ’n R200-noot.

“Dis al tien mi­nu­te,” sê Ma­griet la­ter be­kom­merd.

“Ont­span, Ma­griet. Lo­de­wyk het ’n goeie kop op sy lyf. Boon­op is hy sterk.”

“Hier kom hul­le,” sê Ma­griet ge­span­ne.

Lo­de­wyk hou sy sus­sie met sy lin­ker­hand om haar bo­arm vas. Ber­di­ne lyk klein langs haar broer, maar haar lyf­taal sê: “Ek haat jul­le!”

Lo­de­wyk maak ’n ag­ter­deur oop en stoot vir Ber­di­ne in voor hy ook in­klim.

Ma­griet sê niks. Ber­di­ne moet eers ’n ruk­kie in haar sop sto­we. Sy glim­lag am­per toe Ber­di­ne die stil­te verbreek.

“Ek moes ge­weet het Sak­sa­rel is nou pap­pie van die huis.” “Ber­di­ne!” Ma­griet skrik ook toe haar stem soos ’n sweep­slag knal. “Vra on­mid­del­lik om ver­sko­ning.”

Ma­griet swaai om in haar sitplek. “Ver­sko­ning. Nou!” Sy mag nie van­aand hier­die stryd ver­loor nie.

Stil­te.

“Sa­rel, hou as­se­blief stil,” vra Ma­griet hof­lik. Sa­rel hou in ’n par­keer­in­ham stil. “Hier­die on­be­skaaf­de, hoog­har­ti­ge hou­ding van my sus­ter wat van­aand soos een van dui­sen­de spy­kerk­op­ska­pe lyk, kry hier en nou end!”

Stil­te.

Toe ver­wer­dig Ber­di­ne haar uit die hoog­te.

“Par­don.”

“Ek­skuus?” vra Ma­griet sny­dend. “Dink jy jy gaan weg­kom met par­don? Jy gaan ’n ver­sko­ning for­mu­leer, eer­stens vir menéér Sa­rel Sny­man wat sy tyd, geld, brand­stof en mo­tor tot my be­skik­king ge­stel het. Dan gaan jy jou broer om ver­sko­ning vra om­dat hy sy tyd op ’n sno­bis­tie­se klein snui­ter moet ver­spil en daar­na gaan jy my om ver­sko­ning vra vir jou uit­tar­ting van die af­ge­lo­pe maan­de.” Stil­te.

“Nog iets, ek gaan me­neer La­bu­schag­ne bel en jy gaan praat. Hy’t vre­de met sy twee tel­ge, maar jy gaan hom in­lig waar hul­le is so­dat hy weet waar om te be­gin soek as hy sou wou.”

Die foon lui en Ma­griet gee vir Ber­di­ne haar sel­foon. “Praat!”

“Ha, hal­lo, me­neer La­bu­schag­ne.” Ber­di­ne se stem is dun.

“Dis, Ber­di­ne. My sus­ter sê ek moet, ek, ek kan nie … ” en Ber­di­ne be­gin snik.

MA­GRIET SWAAI OM IN HAAR SITPLEK. ‘ VER­SKO­NING. NOU!’ SY MAG NIE VAN­AAND HIER­DIE STRYD VER­LOOR NIE

Lo­de­wyk neem die foon. “Ver­skoon tog me­neer La­bu­schag­ne, dis Lo­de­wyk van De­ven­ter. Ek­skuus? Nee, niks fout nie. My sus­ter het ge­vra ons moet u bel so­dat u weet by wat­ter klub Jean en Karl is. Dis die Hot Owl in Em­pi­re­weg ... P­le­sier, me­neer La­bu­schag­ne.” Lo­de­wyk druk die foon dood.

Dis stil be­hal­we vir Ber­di­ne se ge­snik.

Ma­griet haal ’n pa­pier­sak­doek uit haar handsak en gee dit ag­ter­toe.

“Vee af die kro­ko­dil­tra­ne, Ber­di­ne. Ek wag op jou ver­sko­nings. Ons al­mal se aand is bederf deur jou fla­gran­te on­ge­ma­nierd­heid.”

Suk­ke­lend be­gin sy. “Jam­mer, Me­neer, ek … ” toe snik sy weer op­nuut.

“Sluk jou tra­ne, Ber­di­ne,” sê Ma­griet ferm.

“Jam­mer, Me­neer. Jam­mer vir die tyd en brand­stof wat Me­neer moes uit­ry om, om my te kom soek … ”

Bra­vo, S­chwes­ter,” sê Lo­de­wyk sag toe hy en Ma­griet la­ter al­leen in die kom­buis is. Ná al die smart­lik­he­de met ’n be­ker soet ka­kao ge­salf is, kon Ber­di­ne ui­t­ein­de­lik be­daar.

Ma­griet glim­lag flou. “Net nog iets. Ek het aan­soek ge­doen vir ’n vak­hoof­pos by ’n an­der skool – dit be­te­ken ’n sa­la­ris­ver­ho­ging, maar

dit kan ons ont­wrig. Ek moet bin­ne twee we­ke be­sluit.”

“Kom ons slaap oor die ding,” sê Lo­de­wyk toe hy op­staan en luid­rug­tig gaap.

“Dan­kie, Wyk. Jy’s ’n steun­pi­laar.”

Ma­griet is Sa­ter­dag­og­gend klaar aan­ge­trek toe sy die klop­pie aan haar ka­mer­deur hoor. “Bin­ne!” Dis Ber­di­ne met ’n skink­bord en twee kof­fie­be­kers. Sy sit die skink­bord op die spie­ël­kas neer. “Dis vir jou, om dan­kie te sê.” Ber­di­ne se stem raak weg. “Ek ... ek is so jam­mer.”

Ma­griet om­hels haar. “Ber­di­ne, jy’s my lief­ste sus­sie.” Sy hou haar ’n arm­leng­te weg. “Die kort haar­styl pas jou. Jy lyk soos ’n stou­te fee.”

“Dink jy so?” Ber­di­ne hol spieël toe. “Be­hal­we vir my dik­ge­huil­de oë.”

“Feë huil se­ker ook maar so dan en wan. Kom ons gaan maak ont­byt. Jy en Lo­de­wyk moet my raad gee oor ’n ding.”

“Dis my bieg­sto­rie,” sê Ma­griet la­ter. “Ek het aan­soek ge­doen, en nou moet ek be­sluit.”

“Het ons ek­stra geld no­dig?” vra Lo­de­wyk.

“Ja. Oor ’n jaar gaan jy u­ni­ver­si­teit toe. Daarom het ek ge­dink as ons die huis ver­koop en ’n klei­ner huis in ’n an­der buurt koop … ” Stil­te.

Lo­de­wyk won­der waar Sa­rel Sny­man in hul toe­koms in­pas. “Wat van Sak­sa­rel?”

“Gis­ter­aand se din­ge het dit vir my uit­ge­klaar. Hy is ’n won­der­li­ke vriend, maar ek is nie ver­lief op hom nie.”

“Wat van ons huis?”

“Dis die an­der ding. Hoe voel jul­le oor die huis?”

“Ek is mal oor ons huis. My dak­ka­mer­tjie en die tuin. Dis al wat ons het van Mam­ma en Pa.”

“Ek voel soos Ber­di­ne.” sê Lo­de­wyk. “Die huis is ’n goeie be­leg­ging. Dis sen­traal, na­by ons skool en die u­ni­ver­si­teit en op ’n bu­sen tax­i­roe­te.”

“Dan­kie, jul­le twee. Jul­le sê wat ek ook voel. Ek gaan nie die pos aan­vaar nie. Ons maak ’n an­der plan vir ek­stra in­kom­ste.”

Ber­di­ne spring op en om­hels Ma­griet. “Jy’s die lief­ste sus­ter in die hele wê­reld,” snik sy ge­smoord in Ma­griet se nek.

“Nou ja, da­mes, as dit al is. Ek het nou-nou ’n rug­by­oe­fe­ning – ten­sy jul­le nie son­der my hand­vaar­dig­heid oor die weg kan kom nie.”

“Ek en Ber­di­ne sal reg­kom,” en Ma­griet raps hom met ’n va­doek oor sy blad.

“Wat wil jy van­mid­dag doen?” vra Ma­griet vir Ber­di­ne toe hul­le skot­tel­goed was.

“Niks – be­hal­we dat ek Vry­dag ’n stil­le­we moet klaar hê.” “Ant­woord as­se­blief, my han­de is nat.” sê Ma­griet toe haar sel­foon lui.

“Hou net aan,” en sy fluis­ter “Me­neer La­bu­schag­ne,” toe Ma­griet haar han­de af­droog.

“Hal­lo, me­neer La­bu­schag­ne. Goed, Johan. Dit was ’n p­le­sier. Nee, daar is geen kwa­de ge­voe­lens nie. Jean kan haar ge­rus bel.”

“Waar­oor was dit?”

“Net om dan­kie te sê dat ons hom gis­ter­aand laat weet het van die Hot Owl.”

“Sal jy om­gee as ek met Jean maats is, Ma­griet? By die skool is sy heel­te­mal an­ders as wan­neer Karl by is. En dis nie waar van dop en dag­ga by hul huis nie.”

“Glad nie. Ek was net al lank­al ont­steld om­dat jy jou doel­be­wus van my ont­trek het en om toe skie­lik ge­kon­fron­teer te word deur ’n nag­klub pleks van ’n huis­par­ty­tjie.”

Ber­di­ne se oë skiet vol tra­ne.

Ma­griet om­hels haar. “Jy moet ont­hou ons drie is ’n span. Ons moet saam oor ons per­soon­li­ke sa­ke be­sluit, maar oor maats moet jy op jou eie be­sluit. Ek wil nie hê dat ie­mand, of ’n trop, na­mens jou be­sluit nie.”

Ber­di­ne se sel­foon laat sy hon­de­blaf­fie-lui­toon hoor. Se­ker Jean.

Ma­griet stap by die ag­ter­deur uit en haal diep a­sem. Gis­ter­nag se Hot Owl-sto­rie het haar ge­ruk.

Sy druk ver­sig­tig ver­by ’n struik en raak be­wus van die groot bui­te­ge­bou wat haar pa nog een­dag in ’n woon­stel wou laat ver­an­der het.

Dis ’n groot, ste­wi­ge ge­bou met die­self­de hoë staan­dak as die hoof­huis, am­per weg­ge­steek agter ’n ak­ker­boom en wild­groei­en­de strui­ke.

Ma­griet skrik ef­fens toe Ber­di­ne agter haar praat. “O, hier’s jy. Wat maak jy?”

“Ek won­der som­mer oor dié ge­bou.”

“Kom kyk gou. Ek het vir my ’n stil­le­we op die ag­ter­stoep op­ge­stel.”

La­ter maak Ma­griet koffie en stap op die ag­ter­stoep uit. Sy sit Ber­di­ne se be­ker langs haar neer.

’n I­dee is be­sig om vorm aan te neem. Sy gaan voor­stel dat hul­le die bui­te­ka­mer in ’n woon­stel en werk­plek laat om­bou. Dan kan sy en Lo­de­wyk daar ek­stra taal- en wis­kun­de­les­se vir ’n by­ko­men­de in­kom­ste gee.

Twee we­ke la­ter, op ’n Dins­dag­og­gend in die skool­va­kan­sie, sit Ma­griet in die por­taal van ’n ar­gi­teks­kan­toor. Die ge­bou was voor­heen ’n ker­kie. “Hier’s drie ar­gi­tek­te, me­vrou,” het die da­me oor die te­le­foon ge­sê. “Die broers T­heo en F­red S­te­gi­a­nos en Leo S­chultz.”

Ma­griet is vroeg en vyf mi­nu­te la­ter hoor sy iets soos ’n trek­ker wat stot­te­rend bui­te stil­hou.

“Dis Leo se S­tad­gog­ga, me­vrou,” ver­dui­de­lik die ont­vangs­da­me. “’n Twee­de­hand­se Jeep waar­op hy ‘S­tad­gog­ga’ ge­verf het. Dit keer glo dat men­se die af­fê­ring steel.”

“Mô­re, Mau­r­een. Mô­re, me­vrou,” groet die ar­gi­tek van die deur af. Die lang man is ver­skuil agter ’n paar rol­le A0-groot­te plan­ne en ’n ak­te­tas wat hy on­der sy lin­ker­arm vas­knyp. Na­ma­te hy hom deur die deur ge­ma­neu­vreer kry, word sy kop sig­baar – ’n kan­ti­ge ge­sig met dik hare wat in ve­le wind­rig­tings staan. Hy sit sy goed op die bak­steen­rooi te­ël­vloer neer en steek sy reg­ter­hand na Ma­griet uit. Sy vat sy hand en kyk in geel­bruin oë. Leeu-oë, dink sy. “Leo, tot u diens,” sê hy hart­lik en Ma­griet on­der­druk ’n gig­gel. “Stap saam,” sê hy en tel sy goed op. “Koffie, as­se­blief Mau­r­een,”

oor sy skou­er. “Ek­skuus ek loop voor, maar dis vei­li­ger.”

Die ateljee het ’n hoë pla­fon met dak­ven­sters en teen die mu­re is ge­raam­de ser­ti­fi­ka­te en af­druk­ke van pro­jek­te.

“Ek gaan oor twee uur Bur­ger­sen­trum toe. Dan vra ek som­mer die oor­spronk­li­ke plan­ne van jul huis aan en van­mid­dag kyk ons wat jul­le ge­doen wil hê.”

Ma­griet skets die ge­sin se ag­ter­grond saak­lik. “Ons al drie wil graag die bui­te­ge­bou in ’n woon- en werk­plek om­skep.”

S­tip­te­lik half­vier rol Leo ko­pieë van die oor­spronk­li­ke plan­ne van hul huis op die geel­hout­ta­fel in die eet­ka­mer oop. Al drie kyk ge­boei na die oor­sprong van hul­le groot­word­huis.

“Dees­dae te­ken ons op ’n re­ke­naar, maar kyk net na die ge­hal­te van dié ar­gi­tek se hand­te­ken­werk.” Leo lag diep.

La­ter stap hy en Ma­griet deur die ag­ter­tuin so­dat hy die bui­te­ge­bou kan be­kyk. Op die ag­ter­stoep gaan staan hy by Ber­di­ne se vol­tooi­de stil­le­we op ’n e­sel.

“Jou sus­sie kán te­ken,” sê hy. Hul­le stap in stil­te. Me­teens gaan staan hy. Ma­griet kyk vra­end op na hom.

“Wan­neer is jou ou­ers oor­le­de, Ma­griet? Mag ek jou maar so noem?”

Sy knik. “Net meer as vier jaar ge­le­de. Par­ty­maal voel dit soos gis­ter, an­der ke­re of ons drie al ’n leef­tyd so saam­woon.”

“Jul­le is ’n in­te­res­san­te klom­pie, Ma­griet. En jou taak as sus­ter én ‘ou­er’ is se­ker nie al­dag ewe mak­lik nie.”

Ma­griet sluit die bui­te­ge­bou oop en ver­tel hom spon­taan van die Nag van die Hot Owl soos hul­le dáár­die aand ge­doop het.

“’n Mens se ou­ers is so ’n van­self­spre­kend­heid. Eers as hul­le weg is, kom jy agter hoe om­vat­tend hul­le on­der­steu­ning was.”

Vroeg­aand staan Ma­griet langs S­tad­gog­ga toe Leo sy meet­in­stru­men­te in­laai.

“Nou ja … ” Hy steek sy reg­ter­hand uit. “Mag ek jou weer sien, Ma­griet? Of is daar ie­mand an­ders?” vra hy di­rek.

“Bedoel jy?”

“Ja. Ek bedoel ek wil jou graag weer sien ná van­dag – en nie as ar­gi­tek en kli­ënt nie.”

Ma­griet ant­woord nie da­de­lik nie.

“Ek het ’n nu­wer kar ook, waar­mee ek graag o­pe­ra toe gaan,” sê hy en sy leeu-oë vonkel stout as­of dit al is wat haar van ’n ant­woord weer­hou.

Sy lag. “Ek hou van stad­gog­gas,” sê sy. “Maar nog meer van o­pe­ra.” ELMA SKRYF: “EK IS VAN KLEINS AF DOL OP WOOR­DE – NA­ME, DIE­RE, DORPE – ’N SPE­LE­TJIE SAAM MET OU­SUS DIANA. LANGS DIE PAD, TER­WYL ONS RY, NU­WE WOOR­DE, HARD­OP, HUL­LE MOET MOEI­TE­LOOS UITROL. STAP IN BY DIE KOERANT. “EK WIL MET WOOR­DE WERK.” DIE NUUSREDAKTEUR STRYK ’N SLUIMERENDE PRO­BLEEM VAN BLOEMRYKE TAAL BIN­NE ’N HALFMINUUT UIT. “GEEN BYVOEGLIKE NAAMWOORDE NIE.” “NIKS NIE, ME­NEER?” “NIKS. AS JY NIE ’N DING SON­DER ’N BYVOEGLIKE NAAMWOORD GE­SÊ KAN KRY NIE, IS DIT NIE DIE MOEI­TE WERD OM TE SÊ NIE.” VERSOBEREND, OM DIE MINSTE TE SÊ ...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.