Rooi­warm­man: Mor­né Vis­ser

Die Kaap­se ak­teur Mor­né Vis­ser glo dat ak­teurs daar is om al­le soor­te men­se uit te beeld. En gaan kyk jy na die tal­le uiteenlopende rol­le wat hy al deur die ja­re ge­speel het, is dit pre­sies wat hy doen

Rooi Rose - - INHOUND - Deur ILSE SALZWEDEL. Foto deur JOHAN WILKE

Die ak­teur Mor­né Vis­ser het klein­tyd glad nie in dra­ma be­lang ge­stel nie. “Ek het die won­der­lik­ste kin­der­ja­re ge­had in Botha­sig, ’n wer­kers­klas woon­buurt in Kaap­stad. Sog­gens is ek met my BMX skool toe, en smid­dae het ek see toe ge­trap met my bran­der­plank on­der my arm vas­ge­knyp. Ek het won­der­li­ke maats ge­had, en ons het alles van ten­nis tot rug­by in die straat ge­speel.”

Ná ma­triek aan die Ho­ër­skool Hu­ge­no­te op Wel­ling­ton is hy weer­mag toe, en daar het ’n to­neel­kom­pe­ti­sie hom laat dink dat dra­ma dalk net ’n in­te­res­san­te loop­baan kan wees. “Ek was die e­nig­ste een wat nie my hand op­ge­steek het toe daar vir vry­wil­li­gers ge­vra is nie, en daar kry ek toe die op­drag!” Toe skryf hy ’n stuk, speel daar­in én be­har­tig die re­gie. “Ek was ver­baas hoe baie ek dit ge­niet het! My tan­nie Mar­jo­rie Nor­tje was ’n ver­hoog­ak­tri­se, en as kind het ek na haar stuk­ke gaan kyk. Dit het my ge­fas­si­neer. Maar al wat ek op skool wou doen, was sport en op my BMX rond­jaag.”

Het jy toe dra­ma gaan stu­deer?

Ja, aan­vank­lik het ek by die U­ni­ver­si­teit van S­tel­len­bosch vir ’n dra­ma­graad in­ge­skryf - hoe­wel ek van die kur­sus ge­hou het, het ek nie van die u­ni­ver­si­teit ge­hou nie. Toe skryf ek in vir spraak en dra­ma aan die Ca­pe A­ca­de­my of Dra­ma­tic Arts in Ob­ser­va­to­ry, Kaap­stad. In my der­de jaar is ek ’n klein rol­le­tjie aan­ge­bied in Mar­thi­nus Bas­son se produksie van S­ha­ke­spea­re se An­tho­ny and C­le­o­pa­tra. Ek het daar en dan uit my ou­er­huis ge­trek, ’n ka­mer in die stad ge­huur en be­sluit om ’n le­we uit to­neel­spel te maak. Ek het die eer­ste jaar net op die ver­hoog ge­fo­kus. Ná An­tho­ny and C­le­o­pa­tra het ek S­ha­ke­spea­re se The Tem­pest by Maynard­vil­le ge­doen en daar­na met pro­duk­sies vir sko­le ge­toer.

Jy het ’n rits rol­pren­te en te­le­vi­sie­reek­se op jou kerf­stok, asook tal­le ver­hoog pro­duk­sies. Wat­ter me­di­um ver­kies jy?

Al drie. Die uit­een­lo­pend­heid van dié drie dis­si­pli­nes gee meer teks­tuur en vaar­dig­heid aan jou as ak­teur.

Wat sou jy a sjou loop­baan hoog­te­pun­te uit­son­der?

Be­slis die 123 e­pi­so­des van die sit­kom SOS wat ek des­tyds vir e-TV ge­doen het. So ook my rol in Dis ek, An­na. Ek is ook baie op­ge­won­de oor die voor­uit­sig om die hoof­ka­rak­ter te kan speel in

‘Ek bid graag wan­neer ek stap en sê net dan­kie vir alles in my le­we’

die rol­pren­te wat van Ka­rin Bryn­ard se boe­ke Plaas­moord, On­se Va­ders en Tuis­land gemaak gaan word. Die draai­boe­ke word tans ge­fi­na­li­seer, en ek speel die rol van kap­tein Al­ber­tus Bee­slaar. Die rol­pren­te gaan in­ter­na­si­o­naal uit­ge­reik word.

Jy is tans te sien in ’n rol­prent wat ook by die be­roem­de Can­nes­rol­prent­fees ver­toon is ...

Ja, dis Die S­tro­pers, ’n in­ter­na­si­o­na­le ko-produksie uit die pen van die Suid-A­fri­kaans ge­bo­re A­me­ri­kaan­se re­gis­seur E­tien­ne Kal­los. Hy het ook die re­gie be­har­tig. Die prent is met En­gel­se on­der­skrif­te uit­ge­reik as The Har­ves­ters en in Frank­ryk as Les Mois­son­neurs. Dis ’n ei­e­tyd­se siel­kun­di­ge dra­ma wat hom op ’n af­ge­leë plaas in die Vry­staat af­speel. Ek speel die rol van die pa, Jan. Die rol­prent het baie goeie re­sen­sies ge­kry, en is vir ’n toe­ken­ning by die Can­nes-rol­prent­fees be­noem. Dit word bin­ne­kort in Eu­ro­pa en Suid-A­fri­ka be­kend ge­stel.

Jy speel ge­reeld in in­ter­na­si­o­na­le rol­pren­te en te­le­vi­sie­reek­se wat plaas­lik ver­film word. Wat­ter er­va­rings staan uit?

The For­gi­ven van die Os­car-be­noem­de re­gis­seur Ro­land Jof­fe is ’n on­lang­se hoog­te­punt. Hy was ook die re­gis­seur van The Mis­si­on. Ek was nog ’n dra­ma­stu­dent toe ek die fliek ge­sien het en die prent het ’n groot in­vloed op my loop­baan ge­had - dit was ’n droom wat waar ge­word het om saam met hom te kon werk. Va­rie­ty en die Hol­ly­wood Re­por­ter het my to­neel aan die ein­de van die prent saam met Fo­rest W­hi­ta­ker en T­han­di Mak­hu­be­le as die bes­te to­neel in die rol­prent aan­ge­wys.

Ek was van­jaar ook in die Netflix-prent The Kis­sing Booth waar­in ek Mol­ly Ring­wald se man ge­speel het. Nog ’n hoog­te­punt was om so­wat 15 jaar ge­le­de teen­oor Pa­trick S­way­ze in die mi­ni­reeks King So­lo­mon’s Mi­nes te kon speel. Hy het vir my die mooiste E­thi­o­pie­se kuns­werk ge­gee met ’n no­ta wat sê dat ek moet aan­hou to­neel­speel, want ek het al die in­stink­te van ’n groot ak­teur. Jy skram nie weg van om­stre­de rol­le of pren­te wat die ton­ge laat klap nie. Hoe pak jy dit aan?

Ek hou van om­stre­de ma­te­ri­aal. Rol­pren­te en to­neel­spel is ’n vei­li­ge ma­nier om deur ver­skil­len­de e­mo­sies en ka­rak­ters te le­we. Ek voel as jy be­kom­merd is oor wat men­se van jou keu­se van rol­le gaan dink, is jy meer be­hep met jou beeld as ak­teur as met jou doel as ak­teur. Ak­teurs is daar om al­le soor­te men­se uit te beeld. Ver­tel ons van jou an­der pas­sies en be­lang­stel­lings? Hoe ont­span jy?

Ek is baie lief vir die see en swem week­liks in die koue Kaap­se see. Ek speel ook week­liks ul­ti­ma­te fris­bee op die strand. En stap. Ek kan ure lank stap. Ek bid graag wan­neer ek stap en sê net dan­kie vir alles in my le­we. Ek is baie te­vre­de met my le­we.

Wat weet nie­mand van jou nie?

Ek is erg kleur­blind.

Be­skryf jou­self in tien woor­de ... Sterk, on­af­hank­lik, lief­de­vol, kin­der­lik, spi­ri­tu­eel, pa, vriend, broer, stand­vas­tig, ver­ge­wens­ge­sind.

Wat­ter ei­en­skap­pe be­won­der jy in men­se? En wat ver­pes jy? Men­se wat kan ver­ge­we. Ek ver­pes niks.

Het jy ’n mot­to?

Sê eers dan­kie vir wat jy het, voor jy vra vir wat jy wil hê.

Waar­oor voel jy baie sterk?

Ek voel sterk oor ver­oor­de­ling. Ek pro­beer om al­mal eer­stens en laas­tens as men­se te sien. Ek hou nie daar­van as ’n mens op grond van jou vel­kleur, ge­slag, taal, be­sit­tings of ag­ter­grond be­oor­deel of ver­oor­deel word nie.

Het jy ’n em­mer­skop­ly­sie? Wat is alles daar­op?

Ek wil graag van­jaar die Ca­mi­no-stap­roe­te in S­pan­je gaan stap. En ’n lui­lek­ker tro­pie­se va­kan­sie saam met Kir­sten hou.

Wat is (vol­gens jou) jou bes­te ei­en­skap­pe?

Ek ver­oor­deel nie men­se nie. Ek is ook e­mo­si­o­neel baie on­af­hank­lik.

En die swak­ste?

Al­mal wat my goed ken, weet ek het ’n flip switch. O hel, nee! Kom ons los dit eer­der daar ...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.