WAARDEVOLLE RAAD:

Rooi Rose - - MENSE -

• “En­tre­pre­neurs moet meer áán hul be­sig­he­de werk as in hul be­sig­he­de.” Dus, so­dra jy dit be­gin het en alles goed aan die gang is, stel die reg­te men­se aan, gee dui­de­li­ke in­struk­sies en ver­trou hul­le vir die dag tot dag sa­ke ter­wyl jy die be­sig­heid uit­brei.

• Maar groot is nie al­tyd be­ter nie. “Dis ook piek­fyn as jy eer­der ’n klein, be­heer­ba­re be­sig­heid wil hê.”

• “Een van die slim­ste din­ge wat ons nog ooit ge­doen het, is om ons per­so­neel be­hoor­lik te be­loon,” ver­tel Mar­nus. Hy glo aan­spo­rings werk soos be­leg­gings. Wan­neer al­mal in jou per­so­neel dit aan hul sak voel as ’n kli­ënt sy be­sig­heid weg­neem, stel al­mal baie meer be­lang om goeie diens te le­wer en na kli­ën­te om te sien.

• “Gee er­ken­ning as ie­mand dit ver­dien.” Mar­nus sê een van die hoof­re­des hoe­kom werk­ne­mers be­dank, is om­dat hul­le nie er­ken­ning kry nie.

• “Dit gaan nie net oor jou nie.” Mar­nus skryf dat jy net iets fan­tas­ties kan s­kep as jy an­der men­se saam­neem op jou reis. Hul­le sal jou on­der­steun en vir jou doen wat jy nie kan nie, maar as jy die ver­keer­de men­se kies, of die reg­te men­se ver­keerd be­han­del, kan jy maar ver­geet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.