Kies die REG­TE kleur ON­DER­LAAG

Rooi Rose - - MODE & SKOONHEID -

Dit verg soms tyd en moei­te om die reg­te on­der­laag te kry, maar be­stee maar tyd daar­aan, want dit kan jou voorkoms maak of breek. 1. Stel vas wat jou vel­toon is. Het jy ’n warm, ge­le­ri­ge on­der­toon, of ’n koue, pienk on­der­toon ( jy bloos mak­lik of lyk pien­ke­rig ná ’n glas wyn of twee)? Kies die kleur van jou on­der­laag hier­vol­gens. As jy ’n pien­ke­ri­ge/koue vel­toon het, kies koel ska­ke­rings soos sand en por­se­lein, be­veel gri­meer­kuns­te­naar C­heryl Par­ker aan. 2. In die winkel: Kies drie ska­ke­rings: een wat jy dink jou kleur is, een don­ker­der en een lig­ter. 3. Wend drie stre­pe met die drie ver­skil­len­de kleu­re op jou kaak en wang aan. Die kleur wat ver­dwyn, is die reg­te ska­ke­ring. 4. Dit is nie no­dig om da­de­lik te koop nie. Baie win­kels gee toets­groot­te hou­er­tjies wat jy vir ’n paar dae tuis kan toets om se­ker te maak. 5. Kyk in na­tuur­li­ke lig na die kleur, want die lig­te in die win­kels is dik­wels geel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.