’n GOEIE boek

Lees oor boe­ke, flieks, mu­siek ...

Rooi Rose - - ROOIWARM - Deur RONEL NEL ro­[email protected]­ton.co.za

MENS, DIER, DING – Alf­red S­chaf­fer (H&R) Ons weet maar min van die le­gen­da­rie­se ge­skied­kun­di­ge fi­guur S­ha­ka Zu­lu. Daar word dik­wels na hom ver­wys as ’n ge­sag­heb­ben­de maar on­ge­voe­li­ge krygs­man en stra­teeg – uit­vin­der van die kort as­se­gaai. Maar sy le­we ver­teen­woor­dig ook dié van a­siel­soe­ker, vlug­te­ling, dig­ter, wees­kind, ’n siek­li­ke man, ’n slag­of­fer van ko­lo­ni­a­lis­me. Kon hy reg­tig ’n gloei­en­de vuur met sy kaal voe­te uit­doof en was vis­vang sy stok­perd­jie? Het hy in­der­daad skaak ge­speel?

In dié ver­ta­ling van S­chaf­fer se be­kroon­de ge­lyk­na­mi­ge Ne­der­land­se bun­del, on­der­soek die dig­ter die mi­te van S­ha­ka deur kort dag­boek­in­skry­wings, mo­no­loë, her­in­ne­rin­ge, brie­we en dag­dro­me. S­ha­ka word ver­ge­stalt as ’n kleur­ry­ke fi­guur; die mi­tes rondom sy ge­skie­de­nis word om­ge­dop en on­der­myn, en ein­de­lik, soos al­mal van ons, word hy ak­teur in sy eie le­wens­ver­haal.

’n Po­ë­tie­se krag­toer, en voor­waar ’n hoog­te­punt dat hier­die ver­sa­me­ling ui­t­ein­de­lik in A­fri­kaans (ver­taal deur Zan­dra Be­zui­den­hout) be­skik­baar is. Uit­ge­wers­prys: R280 rooi ro­se: R252 DIE BYBEL – NU­WE TESTAMENT (Ta­fel­berg) Die Nu­we Testament in tyd­skrif­for­maat is ’n nuut­jie vir Suid-A­fri­ka. Chris­te­ne kan nou in­spi­ra­sie put uit die Nu­we Testament in die for­maat van ’n ryk­lik ge­ïl­lus- treer­de glans­tyd­skrif, wat in 2015 die eer­ste keer in Ne­der­land ver­skyn het. Dié mo­der­ne ontwerp s­kep op­nuut ’n ruim­te vir een van die oud­ste ver­ha­le op aar­de – die le­we en leer­stel­lings van Chris­tus en sy vol­ge­lin­ge. Dit bevat tref­fen­de foto’s van on­der meer Suid-Afrikaanse land­skap­pe en Suid-A­fri­ka­ners wat be­sig is om te bid. Dit is ’n Bybel vir ons tyd wat ewe tuis op ’n bed­kas­sie, ’n kof­fie­ta­fel, of in ’n handsak sal wees. Deel dit met jou ge­sin, neem dit saam na jou sel­groep, of gee dit as ge­skenk vir ge­lief­des.

Die 1983-ver­ta­ling van die Bybel is vir dié nu­we Afrikaanse weer­ga­we ge­bruik. Uit­ge­wers­prys: R149 rooi ro­se: R135

’N SOORT VAN

BEVRYDE VROU

K­ris­tel Loots (Ta­fel­berg)

Zoe is ’n bevryde vrou. Soort van ... Sy is nou wel een van die wulp­se Lom­baard-nig­gies, maar sy het nie ’n man no­dig om vir haar vler­ke te gee nie. Haar ma en S­wie­tie­pie, ’n brak son­der ’n pe­digree, is nog van die ou soort en k­ri­ti­seer haar graag – ver­ál oor haar los­loop­leef­styl. Haar ma sal selfs be­taal so­dat daar “’n man” op die sitplek langs haar dog­ter kan plaas­neem.

Maar Zoe het ’n heim­li­ke be­geer­te om ook ’n liefde te er­vaar wat soort­ge­lyk is aan dié van Lu­cy, ook be­kend as Fun­ky Fee­tjie, en dié se man, Bil­ly so­dat sy ook hap­py fa­mi­lie­fo­to’s op fa­ce­book kan plaas.

Dis tyd vir dié la­te bloom­er om koers te kry. Zak, die wan­na­be- dan­ser, kan dalk die ant­woord op al­mal se dro­me wees. Zan­der ver­skyn ook op die ho­ri­son. Hy skryf moor­den-dood­slag-boe­ke en is nou op sy der­de vrou. ’n Man om te ver­my. Maar ook ’n man wat haar ver­stand stil soen.

Sal sy die reg­te be­sluit kan neem?

Uit­ge­wers­prys: R230 rooi ro­se: R207

OP DIE RUG VAN ’N TIER Di­an­ne Hof­meyr; il­lus­tra­sies Jes­se Hod­gon (Ta­fel­berg) –

0-6 jaar. Tom te­ken’n tier ná hy ’n skil­de­ry van ’n tier in ’n kuns­ga­le­ry ge­sien het. Die­self­de nag dren­tel die tier uit die skil­de­ry en staan langs hom en spin: “Kom ons gaan stap!” Tom is baie bang, maar die tier stel hom ge­rus. Die boek (wat deur die kuns­werk Tier van Hen­ri Rous­seau ge­ïn­spi­reer is) is daar­op ge­mik om kin­ders te help om hul on­ge­gron­de vre­se te oor­kom, net soos Tom en sy tier.

Uit­ge­wers­prys R150 rooi ro­se: R135

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.