AMORI KÓÓK!

Rooi Rose - - ROOIWARM -

Amori Bur­ger word as een van SA se top-vrou­esjefs be­skou, en die Van der Lin­de-re­stau­rant in Lin­den, Jo­han­nes­burg waar sy as sjef werk, maak rim­pels op die kos­to­neel.

“Die doel met Van der Lin­de is om die gas­te deel van die voor­be­rei­ding, en selfs ook die kook­pro­ses te maak,” ver­dui­de­lik die jong kos­kuns­te­naar.

Die re­stau­rant het ook ’n bak­ke­ry, ’n de­li, ’n je­ne­wer- en sap­kroeg en ’n wyn­ka­mer met uit­soek­wy­ne.

Be­ne­wens klassieke ge­reg­te soos lam en an­sjo­vis (met ’n kin­kel), bied sy ook uit­ge­brei­de keu­ses vir ve­ge­ta­ri­ërs en vega­nis­te.

“Ons doen spe­si­a­le moei­te met ons s­pys­kaart – kos vir ve­ge­ta­ri­ërs en vega­nis­te is lank­al nie meer net ‘by­kos­se’ nie, maar vol­waar­di­ge, ge­ba­lan­seer­de en geu­ri­ge ge­reg­te.

“En, glo ek, so­ge­naam­de een­vou­di­ge be­stand­de­le soos beet en aar­tap­pels word met die groot­ste re­spek han­teer.” Amori het in Noord­wes groot­ge­word en haar kook­op­lei­ding by die Sil­wood S­chool of Cook­e­ry in die Wes-Kaap ge­kry. Haar liefde vir kos en kos­maak het klein­tyd al be­gin. Hul­le het Kers­tyd op hul plaas na­by Ot­tos­dal deur­ge­bring, saam met ’n uit­ge­brei­de familie wat on­der meer 13 nig­gies en neefs in­sluit. Haar ou­ma het ’n reu­se-groen­te­tuin ge­had, en die vleis - lam, bees, hoen­der en vark - het van die plaas af ge­kom.

“My ou­ma was ’n uit­ne­men­de kok – trou­ens, al my tan­nies is – en twee van my fa­mi­lie­le­de is ook ge­kwa­li­fi­seer­de sjefs. Die vroue in my familie was dus die groot­ste in­vloed op my keu­se van ’n be­roep: Kos maak.”

Vir ’n uit­soek­ge­leent­heid, gaan pro­beer Amori se kuns­wer­ke – jou pa­let sal jou e­wig dank­baar wees!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.