Ag­ter­stoep: Ca­ri­na S­tan­der

Sy en haar pa is al­bei ewe hard aan die saai. Die een boer met ver­skal­wers, die an­der met ver­se. Deur CA­RI­NA S­TAN­DER

Rooi Rose - - EK & JY -

Vir die eer­ste op­drag in A­fri­kaans van­jaar moes die graad­ses­leer­ders ’n toe­spraak oor hul fa­mi­lies maak. Ons A­den­kind het sy­ne self ge­skryf. Ek en Ger­rit het ge­hik van die lag toe hy weg­trek met: “Ons he­le fa­mi­lie is vreemd, maar baie vrien­de­lik. Ons het ons eie ste­re­o­ti­pes uit­ge­vind. My ma is ’n fik­sie­skry­wer en kuns­te­naar en haar stok­perd­jie is snor­kel. Dis my pyn­li­ke plig om by te voeg dat dit par­ty­keer in ’n me­ter diep troe­bel wa­ter is waar­in tien grys vis­sies swem, en dan sien sy nog steeds pa­lings en wa­ter­skil­pad­jies wat on­ge­loof­lik baie soos see­wier en klip­pe lyk! Die les wat ons hier­uit kan leer, is dat my ma se ver­beel­ding fan­tas­ties is.”

Dis die rei­ne waar­heid: Om die uit­da­gings van é­ni­ge be­roeps­le­we te oor­leef, móét ’n mens wa­ter­skil­pad­jies kan sien waar daar net klip­pe is. Soos die fan­ta­sie­skry­wer Lloyd A­lex­an­der dit stel: “Fan­ta­sy is hard­ly an es­ca­pe from re­a­li­ty. It’s a way of un­der­stan­ding it.”

Met die skryf van my boek­reeks moes ek de­ka­des lank klip­pe kou om ’n nu­we wê­reld ge­naamd Ga­bri­ë­lië te skep. Brûe moes tus­sen ka­rak­ters ge­bou word. Ont­snap­roe­tes, ton­nels, ka­na­le. Ek moes ver­groei­de paad­jies oop­snoei en tref­se­ker maak van die kaar­te in my kop. Daar­na was dit die mak­li­ker deel van die skryf­pro­ses: die re­di­ge­ring. Hier ’n luis­kam­me­tjie deur­trek, daar ’n boom ver­plant of na­me rond­skom­mel. Ek het ’n aan­ge­na­me ka­rak­ter se naam som­mer heel­te­mal ver­an­der na­dat ek in die reg­te le­we ’n kil­l­joy met die­self­de naam ont­moet het! Ek was in ek­sta­se toe my hoof­ka­rak­ter vir die eer­ste keer ’n mei­sie soen; moe­der­lik trots op sy na­tuur­li­ke aan­voe­ling met dié ak­sie. Dit was op­win­den­de tye. Maar la­ter was ek so hoog­swan­ger met die boe­ke dat ek ge­suk­kel het om my skoen­ve­ters vas te maak. Sul­ke dae het ek by die bi­bli­o­teek in­ge­strom­pel en my af­ge­vra of die mens­dom reg­tig nog ’n boek no­dig het. Dan kyk ek na my bank­staat en ant­woord: Die mens­dom het nie nog ’n boek no­dig nie. Ek is nie ’n la­dy of lei­su­re nie - ek spaar lank vir my kreatiewe ure, maar met die skryf van die tri­lo­gie had ek nie tyd vir an­der werk nie. Maar wan­neer jy jou werks­waar­de op die be­gin­sel van har­de kon­tant be­re­ken, gooi dit jou in ’n gat van ver­twy­fe­ling. Ek moes my daar­aan her­in­ner dat skry­wer­skap ’n am­bag is soos e­ni­ge an­der. Sal ek die uit­da­gings van my be­roep vir dié van ’n skool­hoof ver­ruil? Die bloed­sweet van ’n pro­ku­reur of po­li­ti­kus? Die smar­te van ’n skoon­heids­ko­nin­gin of sol­daat? Ai­ko­na.

Vroe­ër van­jaar het my ou­ers uit die Bos­veld by my ge­kui­er. Op een van hul strand­wan­de­lin­ge vra ’n man en vrou uit Bloem­fon­tein vir hul­le rig­ting. Daar raak die vier be­jaar­des toe aan die ge­sels. Die oom ver­tel hy het ook met bees ge­boer en is lief vir ge­dig­te. Ja­re ge­le­de was daar glo ’n kom­pe­ti­sie op die ra­dio waar jy jou guns­te­ling-A­fri­kaan­se ge­dig kon in­stuur en sy keu­se was een wat ein­dig met die woor­de: “Ons het ons boer­se lief­des be­noem: Pa, sy ver­skal­wers en ek, my ver­se.” Die oom het die ge­dig op me­taal laat druk en dit pronk nou per­ma­nent in hul tuin in Bloem saam met ’n fo­to van hom en sy ver­skal­wers. “My mag­tag!” roep my pa, “ek is die boer in die ge­dig met die ver­skal­wers en

Ca­ri­na is my dog­ter wat ver­se skryf! Sy woon hier af in die straat.” My pa kom roep my, ek maak ken­nis met die lie­we le­sers en gee som­mer vir hul­le ’n dig­bun­del pre­sent. Want wan­neer ie­mand da­rem so­veel waar­de­ring saai, be­ter hul­le ’n kraal vol ver­se oes.

Dié voor­val het my laat be­sef dat ons al­mal saaiers is wat géén i­dee het waar­heen die wind ons woor­de en wer­ke waai nie. Een­dag op ’n re­ën­dag kom my oes dalk aan­ge­war­rel, wie weet, maar in­tus­sen be­saai ek my ak­ker.

Bin­ne­kort ver­skyn my nu­we boek, dan is dit tyd om le­sers te ver­wel­kom in ’n wê­reld waar klip­pe in­der­daad met wa­ter­skil­pad­jies ver­war kan word. Hart in die hand staan ek. ’n Bie­tjie bang en baie op­ge­won­de - net soos die skool­hoof, pro­ku­reur, po­li­ti­kus, skoon­heids­ko­nin­gin of sol­daat. Wat an­ders kan ek doen as bid dat le­sers hul­le sal ver­loor in die lees van my ver­haal soos wat ek my ver­loor het in die skryf daar­van? As ek A­nav in Die Won­der­we­se bui­te kon­teks mag aan­haal:

“Om ’n dig­ter te wees is om die ber­ge soos ’n dwerg te myn. Dis een­saam, dis hard. Dis net jy en die ge­kap-kap van jou bei­tel. Dis don­ker, jy kan nie ver­der as jou han­de sien nie. Jy won­der of jy ’n glin­ster­klip gaan ont­dek en of die ton­nel op jou gaan neer­dui­wel. Deu­ren­tyd hoor jy die klip­pe kraak. Op ’n dag ont­hul die berg haar skat­te: pienk flu­o­riet, pers kwarts, a­me­tis. S­ker­we skulp. Die rug­graat van ’n vis is ’n wit kruis. Jy hou die skub van ’n ie­ter­ma­gog in jou hand. Die stert­vin van ’n meer­min. Die laas­te ska­du­wees van men­se. Die laas­te eg­go van ’n taal voor­dat dit ver­as.”

Dié voor­val het my laat be­sef dat ons al­mal saaiers is wat géén i­dee het waar­heen die wind ons woor­de en wer­ke waai nie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.