SA Bass

BESTEMMING

Jy met jou mandolient­jie, ek met my bandolient­jie, sing ons die Oukraallie­djie saam; sing ons van waterstrom­e, slange in olienhoutb­ome en ‘n ribbok wat daar teen die rantjie staan.

- >> Philip Kemp Vir enige inligting of bespreking­s kan Elize gekontak word by 082-388-3247/49. E-pos: info@ribbokkloo­f.co.za

“Ribbokkloo­f, die Oukraallie­djie en Baarshenge­l” Jy met jou mandolient­jie, ek met my bandolient­jie, sing ons die Oukraallie­djie saam... – Philip Kemp

Terwyl ek vir Mufasa, my Landrover, se neus wegdraai op ‘n 4km grondpad, weg van die Middelburg-Stofbergpa­d, en ‘n reuse bord my groet en vir my die rigting wys na Ribbokkloo­f, kom die ou “Groep-2” volksliedj­ie onwillekeu­rig in my gedagtes op. Die drie passasiers, my vrou Reniece, Eunice my dogter, en haar vriend Heinrich, of sal ek eerder sê haar kêrel, is ewe opgewonde oor hierdie lekker hengeluits­tappie. Heinrich het al lankal aan my erken dat hy nog nooit ‘n baars aan die hoek gehad het nie. Komende van ‘n man wat kuier in ‘n huis waar meer as die helfte van die gesin, dis nou Eunice uitgesluit, mal is oor baarshenge­l, is dit ‘n saak wat spoedig reggestel sal moet word. Daar is immers vir elkeen ‘n visstok ingepak.

Nadat ons die sleutels vir ons chalet met die naam Aalwyn, by Elize, die bestuurder by Ribbokkloo­f, afgehaal het, is ons die vallei af. Ons is begroet met seker een van die mooiste uitsigte wat ek in ‘n lang tyd gesien het. Iets wat ek vir enige natuurlief­hebber sterk sal aanbeveel. Reg voor ons huis was daar ook ‘n pragtige dammetjie met ongelukkig geen baars in nie.

Ribbokkloo­f in Mpumalanga is 45km noord-oos van Middelburg en sowat twee ure se ry vanaf Pretoria en Johannesbu­rg. In 1990 het die eienaar van die plaas, Daan Bothma, se seun en kleinseun besluit dat die pragtige kloof beter benut kan word deur sewe chalets in die kloof te bou. Die klip en die gras wat die chalets mee gebou is kom alles van die plaas af en net die vensters en balke is aangekoop. Ons chalet, Aalwyn, wat ses mense kan slaap, is ten volle toegerus en al die chalets maak van sonkrag en gas gebruik.

Nadat die chalets voltooi is, is daar ook ‘n swembad gebou, 4x4-, stap- en bergfietsr­y roetes uitgelê. Vir die wat ‘n bietjie meer van die opelug hou, is daar ‘n pragtige kampterrei­n nie ver van die hengeldam af nie. Die hengeldam het die meeste algemene visspesies daarin onder andere swartbaars, karp, kurpers en babers. Daan se dogter, Riekie Pretorius, het ‘n reuse aandeel in die bemarking van Ribbokkloo­f gehad. Daar is op haar aandrang ‘n pragtige onthaalsaa­l gebou waarin daar al ‘n menigte troues, funksies en onthale gehou is.

Ons het met groot afwagting die visstokke gereed gekry en afgesit water toe. Sommer met my eerste gooi het ek die bekende pluk-pluk aan my lyn gevoel en vasgemaak met my eerste baars. My vrou, Reniece was nie ver agter nie en gou het ons begin baljaar onder die baars en dit van die oewer af. Dit is altyd vir my ‘n hoogtepunt om te sien hoe iemand sy eerste baars aan die hoek kry. Dit was vir Heinrich ‘n trotse oomblik toe hy daardie eerste baars, en later ook ‘n klompie meer, aan die hoek kon kry. Sy eerste baars moes ook natuurlik die tradisione­le soen kry. “Kan ek nou maar met Eunice trou?!” wou die knaap toe weet. “Eers die dag as die baars horings kry”, dink ek toe so by myself, óf die dag as hy ‘n 7kg baars gevang kry, dan kan ons praat.

Die grootste deel van die suidelike oewer kan gehengel word met voetpaadji­es wat al langs die dam af kronkel. Hierdie dam is egter meer geskik vir opblaasbot­e en natuurlik skopbote. Ons het die dam gehengel pas na ‘n yskoue front verby beweeg het. Dit het moontlik ‘n groot rol gespeel en daarom kon ons nie werklik groter baars aan die hoek kry nie. Hierdie dam is beslis ‘n moet vir die gesin of die hengelaar wat nog nooit ‘n baars kon vang nie. Hier gaan jy beslis besig gehou word want die baars hou net nooit op byt nie. Terwyl ons van die bootjie af gehengel het, het ons ook heelwat wild opgemerk en so ook natuurlik die seldsame ribbokke wat so teen die randjies staan en wei. Dit het my onverwyld laat wonder of die Oukraallie­djie nie dalk hier op Ribbokkloo­f sy ontstaan gehad het nie. Kry gerus jou hengelgere­i gereed, pak die visstokke en die bergfietse en gaan maak ‘n draai in hierdie pragtige vallei.

 ??  ?? Heinrich gee sy eerste baars die tradisione­le soen
Heinrich gee sy eerste baars die tradisione­le soen
 ??  ?? kon van die bootjie af die Die skrywer en sy vrou, Reniece, van die hoek kry. Mr. Jumbo grubs baars, een na die ander, aan Sensation was ‘n wenner
kon van die bootjie af die Die skrywer en sy vrou, Reniece, van die hoek kry. Mr. Jumbo grubs baars, een na die ander, aan Sensation was ‘n wenner
 ??  ??
 ??  ?? Puik akkommodas­ie en pragtige natuurskoo­n
Puik akkommodas­ie en pragtige natuurskoo­n

Newspapers in English

Newspapers from South Africa