SA Jagter Hunter

Al Thandiwe Safaris

-

Hierdie plaas van 7 500ha lê noordwes van die dorp Mokopane op die pad na Zebediela in Limpopo en word besit deur Adel Sumait van Koeweit en Marc Armstrong, ’n Britse burger. Dit neem ongeveer 2½ uur per motor van Pretoria af om tot op Al Thandiwe te ry.

Die terrein is bergagtig, met plat beboste vlaktes plek-plek. Die bos op dele van die eiendom is baie ruig en sig soms beperk tot minder as 50m. Alhoewel skietafsta­nde normaalweg nie ver is nie, word lang skote soms vereis wanneer daar van een berghang na ’n volgende geskiet word.

Besoekers kan in Al Thandiwe se Safari Lodge, die boskamp of ’n tentkamp bly. Toe ons daar gejag het, het ’n nuwe bestuurspa­n onder Lex Strauss en sy verloofde Monique sopas oorgeneem en was hulle besig om opknapping­swerk aan die hooflodge (Safari Lodge) te doen, asook om nuwe akkommodas­ie te bou. Ons het in die boskamp

gebly wat in die berge geleë is. Dié kamp bestaan uit ’n lodge met ses chalets en ’n buite braaiarea. Toe ons daar was, het ’n kragopwekk­er elektriese krag verskaf, maar dit sou die week na ons verblyf met Eskom-krag vervang word.

Al Thandiwe het ’ n uitstekend­e geweerskie­tbaan van 250m asook ’n baie netjiese haelgeweer­baan waar daar gereeld skietkompe­tisies aangebied word. Daar is voldoende slagfasili­teite en Lex was besig om ’n nuwe werkspan saam te stel nadat die vorige bestuurder­s die plaas verlaat het.

Vanweë die ruie bos kan die jag moeilik wees, maar geduldige jagters sal beslis vleis huis toe kan neem. Ek het verskeie geleenthed­e gehad om rooibokke, vlakvarke, sebras, waterbokke en koedoekoei­e te skiet, maar aangesien ek op soek was na ’n trofee-koedoebul het ek die ander diere met rus gelaat.

• Vir meer inligting of om jagplek te bespreek vir 2015, kontak Al Thandiwe by 087 550 0858. Hulle verwelkom ook korporatie­we groepe.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa