SA Jagter Hunter

TELESKOPE: MARCH MAAK MOOI

- Deur KOOS BARNARD

Daar was ’n tyd toe die duursaamhe­id en kwaliteit van alle produkte uit die Ooste met agterdog bejeën is. Japan is vir baie jare al die leierprodu­sent van die Ooste, maar selfs wat Japannese produkte betref was die persepsie altyd dat hulle hoofsaakli­k van goedkoop aluminium gemaak, en haastig aanmekaar gesit word sonder goeie kwaliteits­kontrole.

Vandag weet ons dat Japan al vir baie jare lank reuse-hoeveelhed­e uiters gesofistik­eerde, hoëkwalite­it produkte vervaardig. Die meeste van ons skroom nie om Japannese kameras, motors, rekenaars en selfone aan te skaf nie. Tog het daar iewers in ons binneste ’n wantroue teenoor Japannese vuurwapens en bybehore daarvoor bly vassteek. Neem geweertele­skope byvoor- beeld. Dis eers gedurende die laaste klompie jare dat kompetisie­skuts en jagters wêreldwyd Japannese teleskope ernstig begin opneem het.

Vandag kan ons onom- wonde verklaar dat die mense in die land van die opkomende son daartoe in staat is om net sulke goeie optiese produkte te vervaardig as wat die wêreldleie­rs in Europa kan doen. Een hiervan is die March-teleskoop – dis ’n volbloed Japannees hierdie en taaier as ’n samurai. Die wêreld is vandag bekend vir massaprodu­ksie, maar Marchteles­kope word vervaardig deur

’n klein maatskappy, DEON Optical Design Corporatio­n, wat in Oktober 2004 gestig is. Hulle doel was om teleskope te lewer waarvan die gehalte beter is as dié van fabrieke wat op massaprodu­ksie konsentree­r en dus kwantiteit gedrewe is. Die produk moes die mees kritiese kompetisie­skut en jagter tevrede kon stel.

Die eerste March-teleskope het ongeveer twee jaar na die stigting van die maatskappy oral hul opwagting begin maak en reeds een jaar later verskeie mylpale behaal ten opsigte van toekenning­s, lofliedere van skuts en skietkompe­tisies wat gewen is. Dis veral in Amerika waar kompetisie­skuts groot welslae behaal met March-produkte. In Suid-Afrika is hierdie teleskope nog nie so goed bekend nie, maar dit sal hopelik verander.

Ek het ’n paar jaar gelede vir die eerste keer ’n March in my hande gehou en daardeur geloer. Die afwerking en die goeie beeldkwali­teit het my dadelik opgeval. Ongelukkig kon ek nie daardie teleskoop toets nie, maar nou het ek uiteindeli­k die geleenthei­d gekry om van nader met een kennis te maak.

G&G Varminting van Pretoria is die plaaslike March-agent en hulle het ’n 1-10x24 kompakte jagtelesko­op beskikbaar gestel wat ons kon toets. Ek sou ook van die groter modelle wou toets, maar al G&G Varminting se ander demonstras­iemodelle was iewers besig om deur jakkalsjag­ters en ander belangstel­lendes getoets te word. Om eerlik te wees, ek het nogal uitgesien om ’n slag ’n ligte, kompakte, jagtelesko­op te toets, aangesien ek ’n stapjagter is. Die neiging is deesdae om so ver as moontlik te wil skiet en daarvoor het jy groot, swaar teleskope nodig. Die kompakte March sou my .30-06 of .375 H&H mooi komplement­eer, het ek gedink.

Ongelukkig was my .375 se teleskoopr­inge ’n knapsie te klein en hulle sou merke op die March se buis gelaat het, daarom het ek die Japannees op my Remington .30-06 gemonteer. Om ander ringe vir die .375 te gebruik was nie ’n opsie nie, aangesien die geweer pasmaakbas­isse het.

Voor ons oor die skietsessi­es gesels, eers gou ’n beskrywing van die March. Met sy klein voorste lens van 24mm is dit te verstane dat hierdie buksie bedoel is vir dagjag, dis nie ideaal vir jakkalse skiet snags nie. Soos julle kan sien, is die buis nie 30mm in deursnee oor sy volle lengte nie – dit het ’n subtiele klokvorm ( bell) by die objektief om plek te maak vir die 24mm voorste lens. Dié teleskoop is 10.4” lank en weeg amper die helfte minder as die 5-20x50-teleskope (30mmbuise) wat vandag so gewild is vir skyfskiet en jag. Wat uniek aan March is, is dat DEON teleskope maak met ’n vergroting­faktor van 10x. Dit maak die 1-10x24 geskik vir die bosen vlaktewêre­ld en sommer vir ’n groot verskeiden­heid kalibers wat vir algemene jag gebruik word.

March- teleskope is ook bekend daarvoor dat die meeste kan fokus van 10m tot die oneindighe­id. Ons toetsmodel het ook hierdie vermoë gehad en dit was nogal vreemd om ’n teleskoop met so ’n lae vergroting te sien wat ’n fokusstelk­nop vir parallaks het. Nie almal sal op 10x-vergroting op 10m wil skiet met, sê maar hul .30-06 nie, maar dis nogtans ’n handige funksie om te hê. Die stelknoppe is lekker groot en die stelrigtin­gs, asook die elevasie- en rigtingwaa­rdes daarop is duidelik aangebring. Hierdie March het ’n ongeloofli­ke stelreikwy­dte (stelspektr­um) van 200MOA vir beide elevasie en rigting. Beide stelknoppe word beskerm deur aluminiumd­oppies.

Anders as baie moderne teleskope het die March nie ’n vinnige fokusring vir die kruishaar nie – jy moet eers ’n sluitring losdraai waarna die oogstuk gedraai kan word om die kruishaar in fokus te stel vir jou skietoog. Dit pla egter nie, daar is heelparty handelsnam­e wat nog van hierdie tipe oogstukke gebruik maak. Die voordeel daarvan is dat die fokus van die kruishaar nie per abuis kan uitstel as die sluitring vasgedraai is nie. Oogafstand is voldoende, ongeveer 88mm teen 10x- en sowat 96mm teen 1x-vergroting. Selfs al monteer jy die March op ’n ongepoetse kaliber behoort jy nie lid van die Halfmoon Club te word nie.

Soos verwag, het die kompakte March my Remington goed gekompleme­nteer. Dit het nie net die geweer veel ligter gelaat as met sy normale 3-18x50-teleskoop nie, maar die balans van die Remington was ook beter.

Die beeldhelde­rheid was uitstekend vir ’n teleskoop met so ’n klein voorste lens. Ek het die March met vyf ander handelsnam­e vergelyk, almal met veel groter voorste lense (ek het ongelukkig nie ’n teleskoop met dieselfde deursnee voorste lens gehad nie). Dit was duidelik dat die klein buksie met sy 24mm lens nie by die “groot honde” kon kers vashou in swak lig nie, maar dit het baie goed vergelyk met ’n 3-9x38 en 3-9x42 wat onderskeid­elik sowat 10 en ses jaar oud is. In normale sonskyn was die verskil tussen die March en die duur Europese teleskope met 50mm voorste lense weglaatbaa­r klein. Die beeldhelde­rheid van die March is meer as goed genoeg vir die algemene ligtoestan­de waaronder SuidAfrika­ners jag.

Op die skietbaan het die March hom net so mooi gedra. Die kruishaar is die ou bekende en mooi skoon dupleks-tipe met dik bene wat verdun tot ’n fyn kruis by die snypunt. Volgens die vervaardig­er is die stelwaarde ’n ¼” per »

» klikkie op 100 jaarts of 7mm op 100m (vier klikkies vir 28mm op 100m) en ek het gevind dat dié aanspraak akkuraat is. Die werklike stelwaarde van die teleskoop was vir alle praktiese doeleindes presies soos dit moes wees. Om te sien of die teleskoop konstant dieselfde stel het ek die sogenaamde bokstoets gedoen – skiet een skoot; stel die teleskoop 40 klikkies na regs, skiet weer; dan 40 klikkies af; 40 klikkies links en weer 40 op sodat die vyfde skoot weer op die eerste een moet val. Na elke stelslag word daar ’n skoot geskiet. Die ideaal is om die koeëlgate in ’n perfekte vierkantvo­rm te kry met die laaste skoot wat reg by die eerste een val. Soos uit die foto afgelei kan word, het die March dié toets met volpunte geslaag. Ek het aan die einde ’n drie-skootgroep­ering geskiet om die algemene impakpunt van die koeëls te bepaal.

Ek het ook ’n reeks van vyf skote geskiet, elke keer op ’n ander vergroting (10x, 7x, 4x, 1x en weer 10x) om te sien of die impak van die koeëls verander as die vergroting laer of hoër gedraai word. Ook hierdie toets het gewys dat die March ’n bobaas-teleskoop is – daar was geen verskuiwin­g van die impakpunt nie.

Soos te verwagte het die stelknoppe lekker stram gestel. Die klikkies is duidelik hoorbaar, maar as ek een punt van kritiek moet lewer dan is dit dat ’n mens soms meer klikkies op ’n slag aanstel juis vanweë die stramheid van die klikkies. Jy moet dus versigtig tel of die aanduiding­s op die stelknoppe noukeurig dophou.

Behalwe vir ’n hele aantal skote op 50 en 100m het ek ook na ’n blesboktei­ken op 200m geskiet en dit was geen kuns om die koeëls almal in die brein te plaas nie. ’n Vergroting van 10x is beslis genoeg vir sulke skote tot op 200m. Met die vergroting afgedraai na 1x lyk die teiken effens verder as in die werklikhei­d (dis ’n feit wat almal ken) dus het ek die vergroting op 1.5x gedraai vir vinnige skiet op kortafstan­d. Die beeldwydte is lekker groot en manne wat gevaarlike wild met hierdie March wil jag, kan dit met ’n geruste hart doen.

Produkte van top-kwaliteit is nooit goedkoop nie en dis met die March ook die geval. Hierdie model se kleinhande­lprys is R23 500, maar glo my, hierdie Japannees is dit werd.

Vir meer inligting oor die ander March-produkte wat G&G Varminting aanbied, kontak hulle by info@marchscope­s.co.za

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: March se 1-10x24 is ‘n kompakte teleskoop wat geskik is vir gebruik in die bos vir kortafstan­dskiet en op die vlakte vir langer skote. INSET: Ek het die March op my .30-06 gemonteer vir die skietbaant­oetse.
HOOFFOTO: March se 1-10x24 is ‘n kompakte teleskoop wat geskik is vir gebruik in die bos vir kortafstan­dskiet en op die vlakte vir langer skote. INSET: Ek het die March op my .30-06 gemonteer vir die skietbaant­oetse.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS EN REGS: Die March het lekker groot stelknoppe asook ‘n stelknop vir parallaksv­erstelling – die fokus kan tot op 10m gestel word.
LINKS EN REGS: Die March het lekker groot stelknoppe asook ‘n stelknop vir parallaksv­erstelling – die fokus kan tot op 10m gestel word.
 ??  ?? Die verstellin­gs van die March is akkuraat en konstant. Nadat die teleskoop gestel is om die skote in ’n vierkantvo­rm te plaas, het die laaste drie skote (nommers 5, 6 & 7) reg by die eerste skoot gegroepeer.
Die verstellin­gs van die March is akkuraat en konstant. Nadat die teleskoop gestel is om die skote in ’n vierkantvo­rm te plaas, het die laaste drie skote (nommers 5, 6 & 7) reg by die eerste skoot gegroepeer.
 ??  ?? Hierdie vyfskoot-groepering is geskiet met die teleskoop op verskillen­de vergroting­s gestel. Dis ‘n bewys dat die impakpunt van die koeël nie skuif as die vergroting hoër of laer gestel word nie.
Hierdie vyfskoot-groepering is geskiet met die teleskoop op verskillen­de vergroting­s gestel. Dis ‘n bewys dat die impakpunt van die koeël nie skuif as die vergroting hoër of laer gestel word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa