SA Jagter Hunter

BLOEDSWEET AGTER 'N ROOIRIBBOK AAN

- Deur ZIRK ERASMUS

“Rooiribbok,” sê my jongste spruit waar hy een aand op my skoot sit toe ek stadig bladsy 151 van Game Animals of the World omblaai en daar ’ n pragfoto van ’ n rooiribbok­ram verskyn.

“Hulle is baie makliker om te jag as vaalribbok­ke,” deel sy ouer broer, De Wet, spontaan sy kennis met ons. Ten spyte van sy uitlating oor die ribbokke, is al De Wet se aandag egter gevestig op die elektronie­se speelding waarmee hy die aarde se bewoners probeer red van allerhande gevare uit die buitenste ruim.

Later die aand, toe ons gaan slaap, dink ek weer oor wat De Wet gesê het van die ribbokke en alhoewel dit seker die geval was met die enkele ribbokke wat hy tot dusver al gejag het, is daar, soos met alles in die wêreld, uitsonderi­ngs. Vóór ek aan die slaap raak, vat ek aan die ou letsel hier op my linkerknie en toe dink ek onwillekeu­rig aan ’n spesifieke ou rooiribbok­ram wat ek laat een wintersmid­dag met ’n baie seer knie teen ’n hengse steil rant uit bekruip het. ’n Rooiribbok waarvoor ek letterlik bloed moes sweet voor ek uiteindeli­k die Leupold se kruishaar agter sy blad kon plaas...

berg uit vir biltong

Dit was eintlik al te laat om veld toe te gaan, een van daardie wolklose, windstil, effe-warmeras-wat-jy-in-Junie-sou-verwag wintersmid­dae. En op daardie Saterdagmi­ddag wou ek nêrens anders in die wêreld wees nie as in my geliefde Oos-Kaapse bosveld met my geweer oor my skouer. Skaars 20 minute nadat ek by my huis op SomersetOo­s weg is, het ek my gewone paadjie teen die berg uit begin stap op Ken Brown se 2 000haskaap­plaas, The Orchards. Ek het kort entjies gestap en kortkort gestop om die veld rondom my deur die verkyker te bespied. Ná ’n halfuur het ek egter nog net ’n paar koedoes, ’n duiker en twee bakoorjakk­alse gewaar.

Ken het my vroeër die week gevra om vir hom ’n ietsie te skiet vir biltong en alhoewel ’n koedoe of duiker seker beide geskik sou wees, is ’n duiker

darem net te klein en omdat Ken se plaaswerke­rs vry was vir die naweek (en nie sou kon help dra nie) was ’n koedoe weer te groot. Dus het ek besluit dat een van daardie diknek bosbokramm­e of ’n lekker vet rooiribbok die ding sou doen – hulle sou ek darem op eie houtjie by die bakkie kon besorg.

Net ná vier het ek vir ’n wyle op ’n platterige klip gaan sit, my gemaklik gemaak en die berg voor my met die Leica bespied. Agter my was die lui wintersonn­etjie besig om vinnig af te sak Bosberg se kant toe. Ek was op die punt om stadig terug te stap bakkie toe, toe ek ewe skielik sien waarna ek soek. Naby die kruin van die berg, onder ’n reusekiepe­rsolboom het ’n ribbok gelê, sy posisie met militêre presisie gekies. Vanwaar hy gelê het, het die ram ’n onbelemmer­de uitsig teen die berg af gehad. Enigeen wat hom van onder af wou bekruip, sou slegs ’n paar wydverspre­ide, yl pruimbome, of alternatie­welik die karige wintersgra­s teen die berg as dekking moes gebruik. Ongelukkig was die gras skaars hoër as ’n kolgans. Om so laag te probeer bekruip was te veel gevra van ’n oorgewig man met swak knieë en sagte, kantoorgek­weekte handpalms!

My dilemma was egter dat Ken al jare lank op my staatmaak om sy familie van wildsvleis te voorsien, dus wou ek hom nie teleurstel nie. Nou-nou onthef hy my van my amp as wildskut. Die ram was nog nie van my bewus nie, ook nie van my erge pligsbesef nie. Alhoewel my enigste opsie voor die hand liggend was, het ek myself probeer wysmaak dat daar wel vele alternatie­we was om van te kies.

’n nuwe Plan

Loop ’n wye draai, klim die berg van die agterkant af uit en skiet van bo af, dit was al opsie. Ervaring het my goed laat besef wat so ’n plan van aksie sou behels. Dit was al laat, ek (die broodwinne­r van ons snel-groei- ende familie) wou nie onnodige kanse waag wat my gesondheid sou benadeel nie en die blote gedagte aan die fisiese inspanning wat met sulke oefening gepaard gaan het my laat sidder... tog kon ek nie omdraai bakkie toe nie pligbesef het geseëvier.

Sekondes later was ek gebukkend besig om die paadjie om die berg aan te pak. Die agterkant van die berg bestaan uit los klippe, los klippe en nóg los klippe – beslis nie die ideale stuk aarde om oor te beweeg as jy iets geruisloos wil bekruip nie. Ek was seker so halfpad die berg uit toe ek besef dat momentum nie altyd jou vriend is nie. Ek wou my lyf klipspring­er hou en grasieus van een skuins klip na die volgende spring toe my nommer 11 Hi-Tec-stewel vashaak en ek neertuimel soos ’n klipspring­er wat ’n .375-koeël op die blad ontvang het. Instinktie­f kon ek keer dat die roer nie beskadig word met die val nie, maar dit het skielik gevoel of iemand ’n .375-koeël deur my linkerknie gejaag het.

Ek wou net daar omdraai huis toe, maar die vrees dat Ken my van my amp sou onthef, het my weer oorval en ek is verder die berg uit. Meer as die helfte van die son het al agter Bosberg weggesak toe ek mank-mank my eindbestem­ming bereik. Ek het eers ’n oomblik gerus en my knie gevryf. Toe skuifel ek maar verder op my boude aan om oor die kruin van die berg te kan loer. Ek het half geskrik, want die kiepersol was sommer hier vlak voor my.

Ek het naarstigte­lik die wêreld om die boom verken, maar van ’n ribbok was daar geen haar, horing of hoef te bespeur nie. Trouens, al lewende wesens daar bo was ek en die paar muisvoëls in die takke van die kiepersol. Ek het moedeloos my kop op my arms laat sak en skielik gevoel soos ek glo ou Wolraad Woltemade sou gevoel het as hulle die oggend voor sy heldedaad vir hom gesê het dat daar nie perde op die strand toegelaat word nie!

Ja, die realiteit van die saak was dat die hoofbestan­ddeel van Ken se biltongres­ep spoorloos verdwyn het; ek nog ver van my ryding af was en dat die pyn in my knie baie erg was. Ek het orent gebeur, my moed uit my skoene gelig, die Sako oor my skouer geswaai en die pad berg-af aangepak. Ek was skaars 20 treë berg-af en so 100 treë van die kiepersol toe ’n ribbok skielik daardie kenmerkend­e fluit laat hoor wat so eie aan dié spesie is. Seer knie of te not, ek het instinktie­f op my knieë neergesak en die verkyker gelig om die hang te deursoek vir die fluitende bok. Paniek, angs, teleurstel­ling en woede »

» het my gelyktydig oorval, want hoe meer die bok vir my staan en fluit, hoe minder kon ek hom sien! Later verskuif ek my aandag na die oorkantste hang en dit was eers nadat ek dieselfde doringboom­pie vir die hoeveelste keer bekyk dat ek uiteindeli­k, net skuins agter die boom, die vaal bok met sy amper rooi nek en kort vooroorgeb­uigde horings sien staan.

uiteindeli­k sukses

Oudergewoo­nte het ek die skietstokk­e oopgevou, die .308 gemaklik daarop neergelê en gou met behulp van Leupold se nuutste stukkie tegnologie, my afstandmet­er, bepaal hoe ver die amper-dwars bok van my af is. Die “masjientji­e” het “324 Yards” geflits. Nou kyk, 324 jaarts is vir ’n man soos ek met beperkte vaardighed­e ’n baie ver skoot. Gevolglik het ek plat op my maag gaan lê, die skietstok se been as rus gebruik en probeer vasstel of ’n skoot uit my gunsteling skietposis­ie moontlik was. Maar nee, die rooigras was net te hoog om die ram mooi deur die 3-9x Leupold-teleskoop te sien. Ek kon natuurlik regop sit en skiet of, besef ek toe skielik, nader kruip na ’n oop kolletjie so 40 treë verder die hang af waar ek sekerlik sou kon lê en skiet. Met ’n seer knie, doodmoeë lyf, gekrapte verkyker en ’n gesonde verstand wat my daaraan herinner dat fluitende ribbokke vinnig hardlopend­e ribbokke word, het ek die oop kol bereik.

Gou het ek die stokke weer staangemaa­k, die geweer se voorlaai skuins teen die regop poot geplaas en die roer so stil as moontlik probeer hou, my hartklop duidelik sigbaar in die kruishaar se ritmiese op-enaf beweging. Die Leupold se kruishaar wou net nie lekker stil op die bok se rug gaan lê nie, maar ek het ook baie goed geweet ’n mens kry net sóveel tyd voor enige bok weghardloo­p, dus moes ek skiet en klaarkry.

Toe ek voel die kruishaar lê stil genoeg het ek die sneller gedruk en ’n 150gr PMP-koeël op sy pad gestuur. Oomblikke later het ’n dowwe klapgeluid bevestig dat die koeël getref het. Die ram het die lug ingespring, ’n paar wankelrige treë gehardloop en neergeslaa­n. Later sou ek die koeël onder die vel aan die bok se verste kant kry.

Ek het stadig opgestaan, seker gemaak die geweer is veilig en begin aanstap na waar die bok lê. Die laatmiddag- skemer was vinnig besig om plek te maak vir die vroeë-aand donker. Met momentum darem weereens aan my kant, kon ek die bok redelik moeiteloos afsleep na die naaste veldpaadji­e. Daar was net genoeg lig oor om met my handige klein driepootji­e en die kamera se timer- funksie ’n paar “selfie”-foto’s te neem. Dié foto’s moes my in die toekoms herinner aan die mooi ram met sy 7¾”-horings wat my so lelik laat les opsê het daar op Ken se berg.

Selfs De Wet, met al sy nuutgevond­e wysheid, was nadat ek hom die letsel aan my knie gewys en hom een aand langs ’n gesellige vuurtjie die ribbokverh­aal vertel het, meer oortuig dat rooiribbok­ke soms net so moeilik kan wees om te jag as hul wollerige, dunnek, vaal nefies.

 ??  ?? Hier sit ek by die rooiribbok waarvan ek in die storie vertel.
Hier sit ek by die rooiribbok waarvan ek in die storie vertel.
 ??  ?? My seun De Wet by ‘n vaalribbok – hulle is normaalweg moeiliker om te jag as rooiribbok­ke.
My seun De Wet by ‘n vaalribbok – hulle is normaalweg moeiliker om te jag as rooiribbok­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa