SA Jagter Hunter

Versamel jou jaginligti­ng

- Jaco Alberts

Die woord “passie”, word in die HATwoordeb­oek beskryf as ’n drif, ’n hartstog en onweerstaa­nbare drang. ’n Ou man kan ’n passievoll­e liefde ontwikkel vir ’n jong vrou; ’n sportman weer ’n liefde vir die sport wat hy beoefen en so kan ons aangaan. My passie vir jag was van dag een af ’n “onweerstaa­nbare drang” – dis nou as ek die HAT se verklaring van passie op myself van toepassing moet maak. ’n Mens moet natuurlik waak daarteen dat jou passie nie ’n afgod raak nie. Dit moet dus sorgvuldig bestuur word.

Ek het begin jag op ’n baie jong ouderdom onder my pa en sy vriende se toesig. Eers was dit net voëltjieja­g

met ’n wip en windbuks (deesdae noem mense dit ’n airgun) en later regte wildsbokke met ’n regte jaggeweer. Ek kan my eerste wildsbok soos gister onthou, toe ek op die ouderdom van 14 jaar (34 jaar gelede) ’n rooibokooi op oom Willie Eayrs se plaas, Carolina, in die Sentrum-omgewing geskiet het. Dit was op Donderdag 14 Julie 1981, om presies te wees, tydens ’n skoolvakan­sie-jagtog saam met vriende.

Dié gebeurteni­s het so ’n impak op my lewe gehad, dat die onweerstaa­nbare drang onstuitbaa­r geraak het. Ek het begin lewe vir “rêrige jag”, die natuur en alles wat daarmee gepaard gaan. Ja, die passie het so besit van my geneem dat ek feitlik net daarvoor gelewe het. Weens my toegewydhe­id en leergierig­heid was ek ook van die staanspoor af baie suksesvol – iets waarvoor ek my leermeeste­rs en mentors net kan bedank. Ek was ook gelukkig om baie geleenthed­e te kry om te jag. Daarom is dit vir my vandag, as ervare jagter, belangrik om ’n mentor te wees vir ander passievoll­e aspirant-jagters.

ook eties Jag

Ek is oortuig dat passievoll­e jagters ook etiese jagters is. Etiese jagters doen hulle uiterste bes om nie wild te kwes nie, nie gekweste wild in die veld agter te laat om te vrek nie en maak nooit van onetiese jagmetodes gebruik nie. ’n Etiese jagter gebruik die regte kaliber en betoon ook respek teenoor die natuur. Al hierdie dinge moet deel uitmaak van jou passie.

Sonder seremonie, of om die kollig op my te wil hê, het ek stil-stil ná my eerste jag my eie jagdagboek begin hou. Dit was geen inspanning nie, geen spog-dagboek of iets dergeliks nie, bloot ’n boek met inligting vir myself. So het dit vir jare aangegaan en dié boek het eers op ’n baie laat stadium die aandag van my gereelde jagvriende begin prikkel. Van dag een af het ek inligting aangeteken, soos byvoorbeel­d die spesie wat gejag is; die datum van die jag; plaasnaam en skietafsta­nd; waar op die bok se lyf ek hom geskiet het; die kaliber en ook die soort koeël en die gewig van die koeël wat gebruik is.

Daardeur het ek waardevoll­e en interessan­te inligting oor die jare versamel. Later het ek ook die karkasgewi­gte van die bokke begin byvoeg. Die enigste slegte deel van die inskrywing van al die inligting, was die kere toe ek moes invul van my kwesbokke. Al was dit glad nie lekker nie moes dit gedoen word, want die rekordhoud­ing moet so volledig moontlik wees.

Wildsoorte soos die koedoe, rooibok, springbok en gemsbok het my in die begin baie geprikkel en aanvanklik het ek hoofsaakli­k dié bokke gejag. Later het die arm man se buffel – die blouwildeb­ees bygekom. Soos die jare aangestap het, het die karkasgewi­gte vir my belangrike­r geraak as die bokke se horingleng­tes. Om ’n ou knewel te jag wat die skaal laat kreun, het meer satisfaksi­e gebring as horings wat baie duime meet. Ek het die karkasgewi­gte so interessan­t gevind dat ek grafieke begin optrek het van gemsbokke, koedoes en hartbeeste, en veral van die wild wat ek op die plaas Uitkyk in Namibië geskiet het – ’n plek waar ek die afgelope 19 jaar gereeld jag. Ek het ook gewigte van die ander spesies bygehou in my jagdagboek, maar nie in soveel detail nie.

handige inligting

Met al dié inligting byderhand kan ek dus maklik bepaal waar ek oral al gejag het en wat die grootte van my bokke was. Ek kan ook akkuraat sê watter kalibers ek gebruik het en hoe my voorkeure oor die jare verander het.

Oor die afgelope 34 jaar het ek nie minder nie as 17 verskillen­de kalibers gebruik – van die .222 tot die .458 Win Mag het my pad gekruis.

My gunsteling kalibers vir alle soorte wild, gevaarlike wild uitgesluit, is die .223 Rem, .308 Win en .338 Win Mag. Ek het egter ook baie wild met ’n .270 Win gejag.

Die data van die koeëlgewig­te en die verskillen­de fabrikate koeëls wat ek gebruik het, vind ek baie interessan­t. Ek moet noem dat daar aan die begin van my jagloopbaa­n nie soveel premium-tipe koeëls op die mark was soos vandag die geval is nie. Dié wat daar was, was vir my as jong jagter té duur om te bekostig. Gelukkig verkies ek die gebruik van swaar koeëls teen stadige snelhede, so daar was nooit ’n kwessie met penetrasie en te veel vleisskade nie.

Ek het ook die skietafsta­nde aangeteken en selfs kaarte van plase geteken, soos die een van Dia Gratia naby Otjiwarong­o in Namibië, en die wild wat ek gejag het in rooi op die kaart aangedui. Dit gee vir my meer inligting oor die areas waar ek die grootste konsentras­ies wild sou aantref tydens my jagtogte en dit het bydra tot groter sukses.

Oor die jare wat ek op Uitkyk in die Okahandja-distrik gejag het, was dit opvallend hoe die karkasgewi­gte van diere af- of toegeneem het gedurende goeie en slegte reënjare. Wanneer die plaas meer as 1 100mm reën gekry het, was die gemsbokke se gewigte af, teenoor die jare van 500 tot 800mm-reënval. Volwasse bulle en koeie se gewigte was tydens die laer reënvaljar­e met tot 10% swaarder. Die laer gewigte tydens goeie reënjare word toegeskryf aan die verminderd­e voedingswa­arde van die gras as dit so ongeloofli­k hoog uitgroei en die feit dat gemsbokke korter gras verkies. In die jaar 2000 was die gemiddelde gewig van gemsbokkar­kasse slegs 95kg teenoor 2007 se gemiddeld van 116kg.

In 2014 het ons meer alleenlope­r-gemsbokkoe­ie as ooit tevore gejag. Nie net was hulle karkasgewi­gte hoog nie, maar drie van die koeie wat ek gejag het, het die een of ander gebrek »

» aan hul horings gehad. Ek het my swaarste gemsbok in die 31 jaar wat ek in Namibië jag, in 2014 geskiet – ’n koei met een stomp afhoring en een wat kort en gekrul was. Sy het ’n hele 131kg uitgeslag, was moddervet en ook dragtig, maar in ’n baie vroeë stadium.

Die inskrywing­s in my jagdagboek het selfs baie gehelp met my ladingontw­ikkeling en die instelafst­ande wat ek gebruik. Uiteindeli­k het dit my ook ’n meer suksesvoll­e jagter gemaak.

My seuns, wat ook lief is vir jag, het dieselfde begin doen sedert hulle hul eerste wild gejag het en hulle dagboeke bevat al klaar baie interessan­te en leersame inligting. Ek sal die versamel van sulke inligting aanraai vir enige jong jagter. Ek het opgeteken dat ek op 52 verskillen­de plase gejag het, gemiddeld 17 bokke per jaar geskiet het (dus 554 in totaal tot dusver) en onder meer reeds 128 springbokk­e en 147 gemsbokke platgetrek het.

Begin gerus so ’n jagdagboek dis groot pret en baie interessan­t as jy later weer daardeur blaai. Onthou net, so ’n jagdagboek moet nooit ’n spogboek word waarin getalle die belangriks­te rol speel nie.

 ??  ?? Ek het oor die jare heen reeds 147 gemsbokke geskiet. My aantekenin­ge toon hoe die karkasgewi­gte van die bokke wat ek op Uitkyk geskiet het, gewissel het van 2003 tot 2006.
Ek het oor die jare heen reeds 147 gemsbokke geskiet. My aantekenin­ge toon hoe die karkasgewi­gte van die bokke wat ek op Uitkyk geskiet het, gewissel het van 2003 tot 2006.
 ??  ?? My heel eerste aantekenin­g van ‘n jag – toe ek my eerste bok geskiet het.
My heel eerste aantekenin­g van ‘n jag – toe ek my eerste bok geskiet het.
 ??  ?? Ek jag gereeld op die plaas Uitkyk en teken elke jagtog se gebeure getrou aan. Dis lekker leesstof.
Ek jag gereeld op die plaas Uitkyk en teken elke jagtog se gebeure getrou aan. Dis lekker leesstof.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa