SA Jagter Hunter

In die kol – Trek koeëls met die Perfect Bullet Puller

- Deur CASSIE NIENABER

Vir die meeste herlaaiers is dit onvermydel­ik om die een of ander tyd koeëls te trek. Ek sien nooit uit daarna nie omdat dit voel soos tyd mors om patrone, wat met soveel sorg gelaai is, weer uitmekaar te haal omdat die koeël en dop tydens hierdie proses beskadig kan word.

Die meeste van ons ken die kinetiese hamer waarmee koeëls “uitgekap” word. Indien jy nie baie versigtig hiermee is nie, word die koeël se punt (veral loodpuntko­eëls) dikwels beskadig wanneer dit “uitgekap” word en teen die hamerkop se binnekant stamp. Verder kan die dop se bek ook beskadig word.

Ek het onlangs ’ n nuwe koeëltrekk­er getoets, die Perfect Bullet Puller van Mauritz Bosman van Pretoria. Met dié apparaat kan koeëls in ’n herlaaiper­s verwyder word. Hierdie koeëltrekk­er het ’n collet- houer wat aan alle standaard-perse inskroef. Die collet (’n buis waarin vier gleuwe gesny is – sien foto) pas los binne-in hierdie houer en dit (die collet) is wat die koeël vasknyp sodat dit getrek kan word. ’n Aparte collet word vir elke kaliber vereis. Wanneer die apparaat se hefarm afgedruk word en die vier “vingers” van die collet toedruk, klamp dit om die koeël se skag. Die vasgeklemd­e koeël word dan met die pers-arm uitgetrek.

Met die nodige versigtigh­eid kan koeëls maklik en sonder skade met hierdie koeëltrekk­er verwyder word. Gee egter aandag aan die volgende: • Die collet moet liggies aan ôie buitekant geolie word, maar moet olievry aan die binnekant wees, anders sal dit nie die koeël styf genoeg kan vasklem nie. • Moet nooit ôie koeëltrekk­er se hefarm afdruk en die collet dus toedruk sonder ’n koeël daarin nie. Dit kan die collet beskadig en so jou waarborg kanselleer. • Gebruik ôie korrekte collet vir elke kaliber – collets is beskikbaar vanaf .22- tot .458-kaliber. »

» • Wees baie versigtig om nie die collet om die dop se nek te klamp nie, maar slegs op die koeëlskag. Anders duik/krimp dit die dop se bek in die koeël se skag in en beskadig beide die dop en koeël met die uittreksla­g. Druk ook die koeëltrekk­er se hefarm stewig af om die koeël behoorlik te klamp sodat dit nie oor die koeëlskag gly en dit krap nie. (Sien foto’s 3 en 5.) • Onthou om die pers se hefarm óp te druk, wat die pers se stang sal laat sak en so die koeël uittrek. ’n Mens se kop raak partymaal deurmekaar – jy dink om die koeël uit te trek moet jy die pers se hefarm aftrek, maar dit veroorsaak dat die koeël dieper in die dop indruk. (Kyk mooi na Foto 3). • Wanneer die koeëltrekk­er se hefarm gelig word en die collet se vingers oopmaak, laat dit die koeël los. Hou jou hand onder die koeël om dit te vang.

Om die effek van die vasknyp van die collet op harder en sagter koeëls te bepaal, het ek twee elk van drie verskillen­de tipes koeëls daarmee getrek. Die Nosler Custom Competitio­n-skyfskietk­oeël het ’n dun kopermante­l (jacket). Soos verwag het die collet effe meer merke op hierdie sagter koeël gelaat as op sy harder maters. Die merke is egter relatief vlak en nie baie duidelik sigbaar nie. Hierdie merke is baie vlakker, of minder, as die standaard-cannelure-groefie op baie koeëls. Daarom glo ek nie dat dit ’n effek sal hê op die werkverrig­ting of akkuraathe­id van die koeël nie. Soos ’n mens meer ondervindi­ng met die koeëltrekk­er opdoen sal jy leer hoeveel druk om op die collet te plaas om steeds die koeël stewig genoeg vas te klem sonder om koeëls te beskadig.

Die Perfect Bullet Puller kan verskaf word in ’n pragtige houtkissie. Bestel vir elke kaliber sy eie unieke collet.

Ek was beïndruk met die bougehalte en maklike werking van die Perfect Bullet Puller. Die prys daarvan, R250 vir die collet-houer en R120 vir elke collet (posgeld uitgesluit) is baie redelik en met hierdie aankoop ondersteun ons boonop plaaslike talent. Ek beveel hierdie apparaat met die grootste vrymoedigh­eid aan.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 1 EN 2: Die Perfect Bullet Puller opgestel in ‘n herlaaiper­s. Hierdie apparaat word voorsien in ‘n mooi houtkissie.
1 EN 2: Die Perfect Bullet Puller opgestel in ‘n herlaaiper­s. Hierdie apparaat word voorsien in ‘n mooi houtkissie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 6: Met ‘n kinetiese koeëltrekk­er word die punte van veral loodpuntko­eëls beskadig. Die Perfect Bullet Puller verhoed hierdie tipe skade.
6: Met ‘n kinetiese koeëltrekk­er word die punte van veral loodpuntko­eëls beskadig. Die Perfect Bullet Puller verhoed hierdie tipe skade.
 ??  ?? 5: Sorg dat die collet die koeël behoorlik vasknyp anders word dit beskadig met die uittreksla­g.
5: Sorg dat die collet die koeël behoorlik vasknyp anders word dit beskadig met die uittreksla­g.
 ??  ?? 3 EN 4: Sorg dat die collet slegs die koeël vasknyp en nie die dop ook nie anders word die dop se bek ook beskadig (foto 4).
3 EN 4: Sorg dat die collet slegs die koeël vasknyp en nie die dop ook nie anders word die dop se bek ook beskadig (foto 4).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa