SA Jagter Hunter

In my visier

-

Dit was koud, nat en half donker, want swaar, loodgrys wolke het die son se lag versper. My hotelkamer was warm en bedompig danksy die sentrale verhitting (wat jy nie kan afskakel nie). Die beddegoed was steriel wit en die moderne Mauser M12 wat in ’n hoek gestaan het, het half uit plek gelyk.

Buite het ’n laslappiew­êreld, in verskillen­de skakerings van groen, doodstil onder die grou hemel gelê. En skielik, daar iewers in die vreemde, het ek intens na Afrika begin verlang. Na die ruwe lagplooie van sy skurwe rante; na sy goue grasse wat wuiwend oor die vlaktes dans; na die knoetserig­e stamme van sy kameeldori­ngs en die vrolike geselsies wat uit versamelvo­ëlneste borrel.

Ek het vroeg opgestaan op die jagdae, maar daar was geen môrester wat die nag se sluier kom lig het nie, geen fisante wat die son gekoggel het om sy kooigoed af te gooi nie en geen duiwe wat ’n oggendgebe­d gekoer het nie.

En toe ek op my hochsitz (voorsitple­k) staan en wag dat die aanjaers die wild uit die dennewoude dwing, het ek besef daar is net een plek in die wêreld waar ek in die jagveld tuis voel... in Afrika. Hier kan ons nog op vele plekke tot by die verste horison kyk sonder om mensgemaak­te dinge te sien. Dis die één plek waar die kranse nog antwoord gee en ek my soms nog kan verbeel ek hoor die kreun van ’n ossewa.

Ja, ons is bederf hier in Suid-Afrika. Ons wye, oop ruimtes, die groot verskeiden­heid spesies wat ons kan jag en ons billike jagpryse maak steeds van ons land ’n jagterspar­adys. Wat ons het, moet ons koester en bewaar. Dis eers as jy in die vreemde was en sien waarmee jagters in sommige ander lande tevrede moet wees, dat jy besef hoe bevoorreg ons hier in ons Suiderland is.

Kom ons jag dus só dat ons hierdie paradys eer en respekteer – dat ons die beste daaruit haal en ook die nodige daarin terugsit sodat ons kinders se kinders steeds die voorreg sal hê om te kan jag waar die kranse antwoord gee.

Mooi loop

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa