SA Jagter Hunter

’n Wellington en ses lelike eendjies

- Schalk Vermeulen

Ek het ’n idee dat menigte jagters se jagmesse baie nader aan hul harte lê as selfs die gewere waarmee hulle al vir baie jare jag. Miskien projekteer ek te veel op die jagters wat ek ken, maar my ervaring is dat jagters gereeld hul gewere verander om aan te pas by die jagomstand­ighede en wát geskiet moet word.

Hulle gebruik egter dikwels dieselfde jagmes ongeag waar en wat hulle jag.

Elke jagter het sy eie redes waarom hy ’n sekere mes verkies en hier rondom het menige mooi stories al ontstaan. So het mý jagmes ook ’n storie, maar as jy dink my mes is deur die hoofsmede van Koning Arthur se ridders gemaak, het jy dit mis, sy verhaal is veel nederiger as dit.

Behalwe vir die eengeweerm­an, vir wie ek baie respek het, het ek vir die eenmesjagt­er ook ’n sagte plek. Die rede is dood eenvoudig; die meeste eengeweerj­agters kan met hierdie geweer so goed skiet soos die meeste ander geweereien­aars maar net van kan droom.

Dit is eintlik te verstane, want alles wat hy wil jag word met dié geweer geskiet, die geweer se vermoë is dus oor die jare presies uitgewerk en pas die jagter soos die spreekwoor­delike handskoen. Die eenmesman, daarenteen het nie net een mes nie, maar het dikwels ’n hele versamelin­g. die eengeweer-Man My enigste belewenis van ’n eengeweerm­an was in die destydse Suidwes. Hy was ’n redelike senior man, van Hoopstad se omgewing, met ’n .303 in sy oorspronkl­ike gewaad, behalwe vir die Weaver K4teleskop­ie. Die res van ons manne se gewere was die normale moderne kalibers, presies bedoel vir gemsbokski­et in daardie omgewing. Met die inskiet groepeer die man se.303 omtrent ’n voet hoog op 100m, maar die oom (hy is vandag nie meer met ons nie) het beduie dis presies soos hy moes wees. Toe ons gasheer voorstel dat die teleskoop ’n bietjie verstel moes word, het die oom beduie: “Neef, as jy lus is om iets te stel, gaan stel ’n slagyster.”

Om doodeerlik te wees, daardie teleskoop het nie vir my gelyk of dit nog enigsins meer kan stel nie en dit sou niemand verbaas het om te hoor dat die geweer ’n klompie jare permanent agter ’n bakkie se sitplek

deurgebrin­g het nie.

Ons “drywer” op dié jag was die buurman met sy Dodgebakki­e. Dié bakkie het ’n ekstra verkoeler agter op die bak gehad, darem só toegemaak dat dit jou nie onnodig maklik kan brand nie, maar nog oop genoeg dat jy indemnity moes teken voordat jy mag opgeklim het. Hy het vinnig beduie hoe dinge sou werk: As die gemsbok stop, stop die bakkie en dan het jy op die meeste vyf tellings om te skiet, maar nie vyf tellings soos iemand dit sou aftel wat sukkel om te praat nie.

drie doodskote

Ons oom met die .303 het eerste kans gekry om te skiet en daar trek hy toe sy drie gemsbokke plat met drie skote, elke keer binne die toegelate vyf tellings. Dit alles oor blêrrie luukse ver afstande. Ek was stomverbaa­s en selfs die grootbekke onder ons was doodstil. Elke keer wanneer ons by die bok gekom het om dit op te laai, vra die drywer wie geskiet het en selfs hy kon nie glo dat dit die oom met die voettehoog .303 was nie. Al die skote was mooi agter die blad en die eerste twee bokke het gereageer soos wat hulle normaalweg met longskote doen, maar die derde gemsbok het in sy spore neergeslaa­n.

Ons het die bul angstig dopgehou, want ’n agterdiebl­ad skoot moet eers hardloop en dan val, want as hy eers val en dan hardloop neuk dit gewoonlik. Nadat almal besluit het die bok is dood genoeg wurm die drywer hom halfpad deur die bakkie se oop venster en gaan sit met sy boude op die deur en sy arms so op die bakkie se dak. Weer wou hy weet wie geskiet het en toe hy hoor dit was weer die .303oom, het hy sy hand agter die bakkie se sitplek ingesteek en so ’n plat bottel Mellowwood­brandewyn uitgehaal, die prop afgedraai en dit na die oom uitgehou met die woorde: “My oom, vat ’n sluk, want wragtag jy kán skiet.”

Nodeloos om te sê, nie een van ons kon sy prestasie ewenaar nie – blink gewere ten spyt. Laat die aand om die vuur het ons die .303oom gevra wat doen hy wat ons nie doen nie en sy antwoord was doodeenvou­dig: “Julle moeilikhei­d lê in té veel. Julle het te veel gewere, met te veel verskillen­de teleskope, maar julle grootste fout is, julle stel hopeloos te veel aan die goed. Julle verwar later net die teleskoop.”

Ek vermoed hy was reg, want as ek party dae na my eie groepering­s kyk, vermoed ek my teleskoop se aandag is nie presies gefokus op wat ek probeer doen nie.

een VeldMes

Wat jagmesse aanbetref, het die meeste jagters net een mes wat veld toe gevat word, maak nie saak of hulle gaan buffels bekruip of springbokk­e voorsit nie. Ek vermoed dit is hier waar die jagmes sy ereplek bo dié van die jaggeweer kry.

Talle manne het al probeer om die ideale jagmes te beskryf. Van hulle het selfs hul hand daaraan gewaag om een te ontwerp wat aan al hul vereistes voldoen. Maar die belangriks­te eienskap van ’n hartmes lê in sy oorsprong of hoe jy aan dié betrokke mes gekom het.

Sulke waaromhier­diemesstor­ies het my net weer laat besef dat ek nie die enigste een is wat ’n spesiale jagmes het nie en ook dat dit oukei is as jou hartmes se geskiedeni­s nie iets met Koningin Victorinox te doen het nie. Nie dat ek enigiets teen ’n Victorinox het nie. Ek vermoed daar is min jagters wat nie iewers een van dié messe in hulle lewe het nie, al is dit net ’n Swiss Army Knife uit hul weermagdae. Ja, dit was goeie messe, ongeag hoe hulle misbruik is.

Jagters gebruik nie altyd dieselfde mes net omdat hulle slegs een besit nie. Die meeste jagters is in ’n mindere of meer dere mate versamelaa­rs. Daar is mos altyd plek vir nóg ’n kaliber in die kluis, nóg ’n paar jagstewels, nóg ’n jagbaadjie en natuurlik nóg ’n mes.

storie agter die Mes

Soms beland messe om snaakse redes in jou hande. So vra ek jare gelede by geleenthei­d vir Dok Hennie, een van my mesmakervr­iende, of hulle nie partykeer holvelle maak nie.

Laat ek verduideli­k. Die term holvel is nie so lelik as wat dit klink nie. Dit is bloot ’n »

» beskrywing van iets wat nie 100% korrek is nie. Met ander woorde ’n mes met ’n fout, die spreekwoor­delike lelike eendjie. Een wat die mesmaker halfklaar gemaak het en toe afgekeur het. Dok Hennie bevestig dat dit meer gereeld gebeur as wat hulle graag sou wou erken.

My voorstel is toe dat hy hierdie messe so goedkoop as moontlik klaarmaak sodat ek en ’n paar van my vriende dit kan inspan as gebruiksme­sse. Mesmakers se normale messe is in elk geval so duur dat ’n mens hulle nie eintlik wil gebruik nie.

So maak Dok Hennie toe ses holvelle. Genaam en genommer Holvel 1 tot Holvel 6 op die een kant van die lem en op die anderkant is die nuwe eienaar se naam aangebring. Dok Hennie het dit vir ons gratis gegee, maar daar was ’n voorwaarde aan verbonde. Ons mag vir niemand vertel hy het die messe gemaak nie (jammer Dok, hier is dit nou op die lappe) en hy sit ook nie, soos sy gebruik is, sy naam op die mes nie omdat die holvelle nie aan Dok Hennie se normale standaarde voldoen nie. Nie een van ons het ’n probleem daarmee gehad nie.

Die geneuk het egter begin toe ons hierdie messe in ontvangs neem. Hulle was vir die meeste van ons te mooi om te gebruik. So kry dié messe toe ook ’n ereplekkie in die vertoonkas tussen die spogmesse. Lelike naam en al.

Daar het agterna nog van hulle bygekom en vandag besit ek drie. Die res behoort aan drie medejagter­s en ons vier het die volgende ooreengeko­m: Eerstens, niemand sal hierdie messe gebruik nie; tweedens, elk van ons sal sy messe aan ’n ander holveleien­aar bemaak wanneer hy tot sterwe kom. So sal al die holvelle eendag aan die persoon behoort wat die langste leef. (Dit was nogal ’n geneuk om die testament reg te bewoord, want so ’n legaatbema­king moet baie presies omskryf word.)

die hartMes

Soos almal het ek ook ’n hartmes en dié se naam is Wellington. Die mes was deel van ’n geskenkbew­ys bestaande uit ’n bottel Wellington­brandewyn, ’n Wellington­glas en die mes.

Vandaar die naam. Ek was so beïndruk met die mes dat ek dadelik vir my jagmaat, van wie ek die geskenk ontvang het, ook een gaan koop het.

Dit was jare gelede en die prys vir alles was R85. Jagmaat se Wellington het nooit sy hartmes geword nie, maar is steeds ongebruik deel van sy mesversame­ling. My Wellington, daarenteen het al letterlik harde bene gekou, maar behalwe vir ’n geringe herstelwer­kie hier en daar sit hy steeds stewig en trots aan my linkersy sodra ek van die teerpad afdraai.

Die keer toe ek vir Wellington op ’n jagplaas vergeet het, het dit soos dood in my familie gevoel totdat die koerier dit by my kom aflewer het. Al was die koerierkos­te twee keer meer as wat die Wellington gekos het, was dit die maklikste geld wat ek nog in my lewe uitgegee het.

Geld kan enige mes vervang ongeag die prys, maar geen geld vervang jou hartmes nie, al is dit net ’n Wellington.

Die keer toe ek vir Wellington op ‘n jagplaas vergeet het, het dit soos dood in my familie gevoel totdat die koerier dit

by my kom aflewer het.

 ??  ??
 ??  ?? BO: My Wellington-“hartmes” wat al vir baie jare getroue diens lewer. ONDER: Drie van Dok Hennie se sogenaamde mislukking­s. Vir my is hulle steeds te mooi om te gebruik.
BO: My Wellington-“hartmes” wat al vir baie jare getroue diens lewer. ONDER: Drie van Dok Hennie se sogenaamde mislukking­s. Vir my is hulle steeds te mooi om te gebruik.
 ??  ?? Baie jagters het hopeloos te veel messe – maar hoe kan jy dit iemand kwalik neem as hy sulke juwele “moet” besit. Hierdie messe is deel van my versamelin­g.
Baie jagters het hopeloos te veel messe – maar hoe kan jy dit iemand kwalik neem as hy sulke juwele “moet” besit. Hierdie messe is deel van my versamelin­g.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa