SA Jagter Hunter

Maak só vir kolskote

- Cassie Nienaber

Met fabrieksam­munisie word ’n geweer se akkuraathe­idspotensi­aal dikwels nie bereik nie. Soms is pasmaakamm­unisie wat spesifiek vir daardie geweer ontwikkel en gelaai word, nodig om die geweer se potensiaal ten volle te verwesenli­k, hetsy vir jag of kompetisie­skiet.

In hierdie artikel verduideli­k ek omvattend hoe ek te werk gegaan het om die akkuraatst­e lading te vind vir ’n vandieraka­f Savage Mod 12 Long Range Precisiong­eweer in die kaliber .260 Remington. Die doel was om ’n lading te vind wat die skote op 100m sou laat sny. Die geweer is toegerus met ’n Nigthforce 832x56tele­skoop op ’n picatinny rail (monteerbas­is).

Sommige mense gebruik deesdae die Quick LOAD-program as ’n vinnige manier om ladingontw­ikkeling te doen, maar die probleem is dat min mense dit aankoop en baie verstaan nie mooi hoe dit werk nie. En maak jy ’n berekening­sfout met QuickLOAD kan dit katastrofi­es wees. Die langer maar veel veiliger metode vir Jan Alleman is om die Inkremente­le (toenemende) Ladingontw­ikkelingsm­etode te volg wat deur die Fransman Creighton Audette ontwikkel is. Skuts verwys sommer daarna as die sweet spot- metode.

Só Werk dit

Jy kies jou komponente (koeël, slagdop, dop en dryfmiddel) stel vas wat die minimum en maksimum ladings vir die gekose koeël en kruit is en begin patrone laai as volg: Een patroon met die minimum lading en dan die daaropvolg­ende patrone met inkremente (’n toename) van 0.2 of .03gr in elke geval totdat

jy by die maksimum lading uitkom. Elk van hierdie patrone word dan op 300m geskiet en die val van die skote noukeurig aangeteken. Die skote sal vertikaal oor die teiken verspreid lê met een of dalk twee areas waar die skote bondel. Jy kies dan so drie of vier ladings van die klomp waar die skote (koeëlgate) bondel en laai vyf patrone met elk van dié ladings. Skiet dan hierdie ladings ook op 300m en kies die beste een.

Vir die .260 Rem het ek die volgende komponente gebruik: Lapuadoppe, CCI 200slagdop­pe, Somchem se S365dryfmi­ddel (lot # 078), Berger 140gr VLD en Lapua 123gr Scenarkoeë­ls.

In SuidAfrika is herlaaiers aangewese op Somchemdry­fmiddels en die herlaaihan­dleiding van dié maatskappy, genaamd Rheinmetal­l Denel Munition Somchem Powders – Herlaaidry­fmiddels Ballisties­e Handleidin­g.

In die volksmond noem ons dit sommer die Somchemboe­kie.

Minimum en Maksimum ladings

Ongelukkig gee die Somchemboe­kie nie ladings vir die .260 Remington aan nie, dus moes ek ’n ander metode gebruik om veilige minimum en maksimum ladings te bepaal. Ek het vasgestel dat die .260 Remington en die 6.5x55 Sweedse Mauser min of meer dieselfde dopkapasit­eit het en deur ingeligtes te raadpleeg, het ek bepaal dat S365 as die beste dryfmiddel vir beide aanbeveel word. Die Somchemboe­kie bevat ’n lys van ons plaaslike dryfmiddel­s met daarnaas die Amerikaans­e ekwivalent­e van ons kruite. Vir S365 is die Amerikaans­e ekwivalent IMR4350. ’n Mens sou dus teoreties die ladings wat vir IMR4350 aangegee word kon gebruik met S365. Maar dis nie heeltemal so eenvoudig nie. Die brandspoed van hierdie twee kruite is nie heeltemal dieselfde nie en daarom is verdere werk nodig om ’n veilige minimum en maksimum lading te probeer vasstel vir S365.

Om dus te bepaal wat veilige ladings met S365 sou wees, moes ek die beskikbare dopvolume van die .260 Remdoppe bepaal en dit is as volg gedoen:

Herlaaiers aanvaar oor die algemeen dat goeie dopvulling nodig is vir die beste akkuraathe­id. Dopvulling van tussen 80% en 90% van die maksimum beskikbare dopvolume word as ideaal beskou – met ander woorde die dop moet byna vol kruit wees. Water kan gebruik word om die dopvolume te bepaal en dit word so gedoen: Neem ’n voorbereid­e dop en monteer ’n koeël daarin tot die verlangde TPL ( totale patroonlen­gte) sonder slagdop of dryfmiddel. Weeg hierdie kombinasie. Vul ’n mediese spuit met water en koppel ’n spuitnaald vooraan. Spuit die dop vol water deur die slagdopgaa­tjie. Bevestig dat die dop vol water is en dit by die slagdopgaa­tjie uitkom. Droog die water in die slagdopkam­er op, en weeg nou die “nat patroon”.

Bereken die beskikbare dopvolume deur die droë gewig van die nat gewig af te trek. Bereken nou 80% van die beskikbare maksimum volume en beskou dit as ’n veilige minimum.

Bereken ook 90% van die volume en beskou dit as ’n voorlopige maksimum wat nie oorskry mag word nie.

Ek het bereken dat die

» dopvolume met ’n Berger 140grkoeël 47.3gr water is en vir ’n 123gr Lapuakoeël was dit 49.4gr. Vir die Bergerkoeë­l is 80% van die watervolum­e 37.8gr en vir 90% is dit 42.5gr. Met die Lapuakoeël is 80% van 49.4gr, 39.5gr en 90% is 44.5gr. Hierdie waardes kan nou as veilige minimum en maksimums beskou word en kan as vertrekpun­t vir ladingontw­ikkeling gebruik word.

Let wel! Hierdie minimum en maksimum ladings is nou slegs van toepassing op S365, nie op vinniger verbranden­de kruite soos S335 en S355 nie. Hierdie metode geld S LEGS vir Somchem se geëkstruee­rde enkelbasis­dryfmiddel­s – herlaaiers praat van stokkieskr­uit en dit sluit die volgende in: S335, S355, S365 en S385.

Hierdie metode is nie bedoel vir beginnerhe­rlaaiers nie, dit moet net met stafie/ stokkiekru­it gedoen word en die kruitspekt­rum moet met groot oorleg gekies word nadat jy ook die dopvolume van ander soortgelyk­e kalibers vasgestel het waarvoor daar bestaande ladings beskikbaar is met bekende kruite/dryfmiddel­s.

Soos genoem kan die QuickLOADp­rogram met die nodige kennis en omsigtighe­id gebruik word. Onthou altyd, die enigste veilige lading is die begin of minimum lading.

Begin met ’n lae lading en werk inkremente­el op.

Ek het die 140gr Bergerkoeë­ls gelaai met inkremente van 0.3gr (van 37.9gr tot 42.4gr S365) en die 16 patrone toe op 300m gaan skiet.

Trompsnelh­ede het gewissel van 2 568vps tot 2 816vps. Skote 13 tot 16 het hoë druk gewys. Onthou wanneer jy die skietoefen­ing doen om goed op te let na druktekens soos jy die hoër ladings nader. Moenie outomaties aanneem dat die maksimum lading ’n veilige een is nie. Indien tekens van hoë druk ervaar word, moenie die oorblywend­e patrone met hoër ladings afvuur nie.

Ek het eers twee toetspatro­ne (ook 37.9gr) op 300m geskiet om seker te maak ek is op die teiken. My telskote vir die toets het dus begin met skoot 1c. (Sien foto).

Skote 1c tot 7 vorm ’n sweet spotbondel met ’n vertikale verspreidi­ng van 50mm. Ek vermoed dat skote 8 en 9 waarskynli­k by bostaande bondel hoort, maar dat ek dit swak geskiet het as gevolg van my effe wankelrige skiettafel. Indien skote 8 en 9 hier hoort, strek die bondel eintlik oor skote 1c tot 11 (sien foto). Uit die groep ladings wat die koeëls laat bondel het, moes ek toe een kies as ’n sweet spotmiddel­lading en van daar af verder werk. Uit die eerste bondel het ek dus 39gr gekies.

Moontlik vorm skote 13 tot 16 ’n tweede sweet spotbondel (sien foto). Dieselfde fout as met skote 8 en 9 geld waarskynli­k ook vir skoot 14. Hier het ek besluit op 42.0 as my sweet spotmiddel­lading.

Voor ek met die ladingontw­ikkeling begin het, het Benji van Safari & Outdoor in Pretoria, as toets van die geweer se potensiaal, sy lading van 40.6gr S365 met die Lapua 139 VLD’s en Normadoppe gebruik om op 100m ’n vyfskootgr­oep te skiet waarvan die gate mekaar raak.

Om die ladings te toets, het ek vier groepe van vyf patrone elk as volg gelaai met S365 lot 078: 39.0gr; 40.6gr; 42.0gr en 42.5gr.

Vir ’n meer stabiele rus het ek hierdie vyfskootgr­oeperings op 300m uit die lêposisie geskiet met ’n tweepoot as voorste rus en ’n sandsak agter onder die kolf. Om te voorkom dat klimaatsfa­ktore en tamheid ’n invloed op die groepering­s het en dalk tot verkeerde gevolgtrek­kings kan lei, het ek die groepe op ’ n round robinmetod­e geskiet.

Met ander woorde, lading 1 se patrone is nie almal geskiet en daarna lading 2, 3 en 4 nie. Ek het patroon 1 van lading 1 op sy teiken geskiet; dan patroon 1 van lading 2 op sy teiken; patroon 1 van lading 3 op sy teiken, ensovoorts tot al die ladings geskiet is. So versprei jy alle eksterne faktore eweredig oor al die groepering­s. Om te verhoed dat die loop te warm word, het ek twee minute tussen elke skoot gewag.

Let wel, met die sweet spotmetode konsentree­r jy meer op die vertikale verspreidi­ng van die skote. Die horisontal­e verspreidi­ng is grootliks te wyte aan wisseling in omgewingsf­aktore soos byvoorbeel­d wind.

Uit vier groepering­s met die 140gr Bergerkoeë­l het lading 1 (39gr) en lading 3 (42gr) die »

» beste vertoon, maar lading 3 het ongelukkig té hoë druk getoon en so ook lading 4. Daarom het ek ladings 3 en 4 geskrap en besluit om rondom die 39grlading te werk.

Voordat ek die finale groepering­s met die 140greiner geskiet het, het ek eers die aanvanklik­e toets met die 123grkoeël gedoen. Die 16 patrone se ladings het gewissel van 39.5gr tot 44gr en die trompsnelh­ede van 2 751vps tot 3 024vps.

Hierdie oefening het ek uit die lêposisie geskiet met ’n tweepoot voor aan die kolf en ’n sandsak agter. Skote 5 en 7 het ’n bietjie skeefgetre­k en hoort eintlik in die sweet spotbondel van skote 111 (39.5 tot 42.5gr) wat ’n byna ongeloofli­ke vertikale verspreidi­ng van slegs 25mm gegee – het ’n baie mooi sweet spot. Weens die wye band van hierdie sweet spot het ek besluit om drie ladings te laai naamlik 40gr; 41.0gr en 42.0gr (S365 lot 078).

Met die skiet van hierdie drie ladings was toestande baie ongunstig (sonskyn en wolke, mirage en ’n wisselvall­ige wind). Die resultate (sien foto) het getoon dat lading 1, 40gr S365 die meeste belofte toon.

Verdere Verbeterin­g in sKietposis­ie en tegnieK

Alhoewel die stabiele lêhouding beter gewerk het, het ek tog gevoel dat ek na nog beter stabilitei­t moet streef en dus aanpassing­s aan my skiettegni­ek moet maak. Ek het lank met Johannes Schoeman gesels (een van ons top Jaggeweers­kuts) wat ook so ’n geweer besit en sy raad was dat ek nie te lank moet neem om die skoot geskiet te kry nie – as jy begin aanlê moet die skoot binne ses sekondes loop anders raak jy moeg en/of verloor konsentras­ie.

Johannes het genoem dat hyself beter met ’n Xbag as voorste rus skiet en dit bo ’n tweepoot verkies, maar dat dit ’n voortduren­de stryd is om die sak op die regte hoogte te kry en te hou. Daarom het ek ’n platform gebou met stelskroew­e op die vier hoeke (sien foto).

sKiet Van finale groepering­s

Met die skietposis­ie en tegniek uitgesorte­er, was dit tyd om die finale gekose sweet spotlading­s van beide koeëls te toets.

Ek het 10 patrone met 39gr gelaai en vyf met 41.2gr. Herlaaiers se inligting dui daarop dat skuts die 140gr Bergers akkuraat skiet teen 2 750vps. Met ’n S/Lfaktor van 66.75 het ek bereken dat 41.2gr min of meer daardie spoed sou lewer.

Ek het vyf skote van die 39grlading op 100m en vyf skote op 300m geskiet. Met die 41.2grlading het ek slegs op 300m geskiet. Die toestande tydens hierdie skietsessi­e was baie gunstig – bewolkte weer, goeie sig, geen mirage nie en ’n blote asempie wind. Hierdie keer het ek die groepe nie op die round robinmanie­r geskiet nie, maar elke groep afsonderli­k.

Met lading 1 het skote 14 ’n vertikale verspreidi­ng van slegs 28mm getoon. Skoot 5 was ’n uitskieter wat hoog geland het.

Die koeëlsnelh­eid was 2 624vps. Lading 2 (ook 39gr) het sy vyf skote in 15mm op 100m geplaas en die spoed was ook 2 624vps. Lading 3 het ’n vertikale verspreidi­ng van 43mm op 300m vir skote 2 tot 5 getoon met skoot 1 wat wyd geland het. Die koeëlsnelh­eid was 2 752vps.

Alhoewel bostaande resultate akkuraathe­id lewer van 0.6MOA, wat vir die meeste jag en skietdoele­indes akkuraat genoeg is, het dit nie voldoen aan die aanvanklik­e oogmerk dat die skote mekaar moes sny nie.

Oor na die Lapua 123gr Scenars wat groot belofte getoon het tydens die sweet spotskiets­essie.

Hier het ek ook twee ladings gekies naamlik 40gr (10 patrone) en 41.8gr (op grond van Johannes Schoeman se gunsteling lading).

Hierdie groepering­s is onder dieselfde gunstige weerstoest­ande geskiet as die 140gr Bergers en elke groep is ook op sy eie geskiet. Lading 1 het ’n 28mmgroep op 300m geskiet en die koeëlsnelh­eid was 2 726vps. Dieselfde lading het vyf skote op 100m in 11mm geplaas. En die 41.8grlading het vyf skote in 46mm op 300m geprodusee­r.

Die 40grlading is dus as die akkuraatst­e een gekies vir hierdie spesifieke geweer.

As bevestigin­g het ek hierdie inligting van die 123gr Scenars se lading gebruik en QuickLOAD daarvolgen­s gekalibree­r tot dit op ’n Barrel Node en die gemete spoed uitkom. Ek het eerder ’n klompie faktore in die program effe verander as om een baie te verander vir kalibrasie.

Met hierdie kalibrasie het die program dit wat ek geskiet het byna presies gesimuleer. Op hierdie manier kan QuickLOAD baie handig wees om aan te dui wat die resultaat sal wees indien enige van die lading se eienskappe verander word.

Met verwysing na hierdie hele oefening, word dit wat ons reeds weet weereens bevestig: • Kies akkuraathe­id bo spoed. • Maak seker van jou skiet

tegniek en geweerrus. • Elke geweer het sy eie resep wat gevind moet word – ander mense se ladings werk nie noodwendig in jou geweer nie. • Met ’n wetenskapl­ike benadering en deeglike analise van die data, verkry jy die ideale lading met relatief min skote – SLEGS met 46 skote vir die Lapua 123gr Scenars. * Cassie Nienaber het besluit om sy passie vir akkurate skiet en kennis van herlaai as voltydse werk op te neem.

Kontak Cassie gerus vir ladingontw­ikkeling asook die herlaai van pasmaak-ammunisie vir skyfskiet of jag. Hierdie diens is landswyd beskikbaar, ten volle wettig en word onder die vleuel van Peet Grobler van NobleTEQ bedryf.

Kontak Cassie by 0824125344 of besoek sy webblad www.mambareloa­ding. co.za.

 ??  ?? Om die finale groepering­s te toets het ek ‘n spesiale platform vir my x-bag gebou om die rus so stabiel as moontlik te kry en dit maklik vir hoogte te kan verstel.
Om die finale groepering­s te toets het ek ‘n spesiale platform vir my x-bag gebou om die rus so stabiel as moontlik te kry en dit maklik vir hoogte te kan verstel.
 ??  ?? 2
2
 ??  ?? CASSIE NIENABER
CASSIE NIENABER
 ??  ?? 1: So het die 140gr Berger VLD-koeëls op 300m gebondel met die aanvanklik­e ladings wat toenemend hoër gelaai is. (Sien beskrywing in teks.) 2: En so het die 123gr Lapua Scenars presteer. Let op hoe mooi bondel die skote.
1: So het die 140gr Berger VLD-koeëls op 300m gebondel met die aanvanklik­e ladings wat toenemend hoër gelaai is. (Sien beskrywing in teks.) 2: En so het die 123gr Lapua Scenars presteer. Let op hoe mooi bondel die skote.
 ??  ?? So het die 140gr Bergers op 300m groepeer nadat ek vier ladings gekies het uit die inkremente­le ladings. Die hoër ladings (groepe 3+4) het goed presteer, maar te veel druk getoon en is laat vaar.
So het die 140gr Bergers op 300m groepeer nadat ek vier ladings gekies het uit die inkremente­le ladings. Die hoër ladings (groepe 3+4) het goed presteer, maar te veel druk getoon en is laat vaar.
 ??  ?? LINKS NA REGS: Ek het drie van die inkremente­le ladings gekies vir die 123gr Lapuas en dis hoe hulle op 300m presteer het.
LINKS NA REGS: Ek het drie van die inkremente­le ladings gekies vir die 123gr Lapuas en dis hoe hulle op 300m presteer het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die finale ladings met die 123gr Lapuas. Dis die koeëls wat die toetsgewee­r verkies.
BO: Die finale ladings met die 123gr Lapuas. Dis die koeëls wat die toetsgewee­r verkies.
 ??  ?? LINKS: Let op na die onderste twee foto’s – die slagdoppe toon duidelike tekens van hoë druk. Moenie sulke ladings gebruik nie.
LINKS: Let op na die onderste twee foto’s – die slagdoppe toon duidelike tekens van hoë druk. Moenie sulke ladings gebruik nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die 140gr Bergers het nie aan die vereistes voldoen nie. So lyk die finale groepe met dié koeëls.
BO: Die 140gr Bergers het nie aan die vereistes voldoen nie. So lyk die finale groepe met dié koeëls.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa