SA Jagter Hunter

BOSBOKAANV­AL

-

Op 14 Januarie 2015, om elfuur bel my suster met die nuus dat my pa, Jimmy Robinson, op hul plaas deur ’n bosbok in die kop gesteek is en dat hy in die hospitaal is.

My pahulle se huis is 800m van my suster s’n af en daar beland gereeld njalas, rooibokke, koedoes en bosbokke binne die omheining van hul erwe. My pa het twee Jack Russelhond­jies wat gereeld die bokke uitjaag. My pa het self gereeld bokke daar verwilder.

Teen omtrent so agtuur op die betrokke aand het Pa die een Jack Russell hoor kerm en ondersoek gaan instel. Hy het die hond en ’n bosbok gesien in die stoep se lig en na die hond geroep wat toe vermoedeli­k reeds deur die bosbok gegaffel is. Pa het na die hond beweeg om haar by die stoep op te help. Toe storm die tweede Jack Russell op die bosbok af…

Pa was so 10m van die bosbok af toe dié blitsvinni­g reageer en die stormende Jack Russell in sy sy steek. Voor my pa kon retireer het die bosbok hom ook gestorm en in die bobeen gesteek. Dit het my pa vooroor laat val tot op sy knieë. Weer het die bosbok vorentoe gestorm – hom hierdie keer in die kop gesteek tussen die regterkant­ste oog en oor.

My ma het alles vanaf die stoep sien gebeur en my suster se seun gebel om te kom help. Hy was binne 10 minute daar en het tot langs my pa gery (wat beweginglo­os gelê het waar hy geval het), maar hy kon nie my 90kgpa alleen in die voertuig laai nie en moes die buurman bel om te kom help. Nog 15 minute het verloop…

Die jong bosbok wat steeds in die erf was, is deur die buurman doodgeskie­t. Hulle het na die naaste hospital gejaag, maar Pa het 12 dae later aan sy wonde beswyk.

Jagters weet dat bosbokke baie gevaarlik kan wees en gekwestes sal summier storm. Weet egter dat ENIGE bosbokram OP ENIGE PLEK lewensgeva­arlik kan wees. Ek hoop my pa se dood is ’n waarskuwin­g wat dalk iemand anders se lewe kan spaar. Wees op julle hoede!

Ons kinders, Charles, Carina en Debbie se hartlike dank aan almal vir hul ondersteun­ing, bystand en hulp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa