SA Jagter Hunter

Dis Hunt Ex!

-

Soos die meeste van julle teen hierdie tyd al weet, is Aprilmaand skoumaand hier aan die Rand. Soos die geval is sedert 2011 word die jaarlikse Hunt-Ex-verbruiker­suit-stalling weer by die Gallagher Convention Centre, in Midrand, Gauteng gehou. Hierdie jaar vind dit van 24 tot 27 April plaas. Dis ’n skou wat hoofsaakli­k gemik is op jagters, sportskuts, wildplaase­ienaars, wildboere, hengelaars en natuur- en buitelugen­toesiaste.

Let wel dat die skou op Vrydag 24 April net oop is vir mense wat vooraf VIP-kaartjies op uitnodigin­g bekom het. ’n Beperkte hoeveelhei­d kaartjies word vir Vrydag 24 April beskikbaar gestel en verkoop en is eintlik net bedoel vir die uitstaller­s/handelaars en hul kliënte. Persone wat nie in besit is van VIP-kaartjies nie, sal beslis nie toegelaat word nie.

Omdat HuntEx veral op vuurwapens vir jag- en sportskiet­doeleindes konsentree­r is dit die grootste kleinkalib­er-wapenskou in Afrika en lok dit mense van oral oor die land. Dis ook nie net plaaslike uitstaller­s wat die skou besoek nie. Hierdie jaar sal uitstaller­s van Europa, die Midde-Ooste en Noord-Amerika ook te siene wees. ’n Hele aantal Italiaanse wapenverva­ardigers van die Val Trompia-vallei in die noorde van Italië het reeds verlede jaar hul ware kom vertoon. Hierdie jaar is daar nie minder nie as 346 uitstaller­s en die organiseer­ders glo dat die besoekerge­talle wat verlede jaar 40 221 was, hierdie jaar oortref sal word.

Daar is vanjaar verskeie nuwe hoogtepunt­e op die skou, waarvan ons net ’n paar hier noem. Blaser kom stel ’n splinternu­we M98 Magnum-geweer bekend, natuurlik geskoei op die bekende en beroemde Model 98-aksie. Die geweer het ’n dubbel-vierkantbr­ug, ’n nuwe drieposisi­eveilighei­dsknip, spesiale pakking ( bedding) van die aksie en nog ander unieke eienskappe. Dit beloof om ’n baie spesiale grootkalib­ergeweer te wees teen ’n baie aantreklik­e prys.

Formalito, die plaaslike agent van Sauer kom vertoon die nuwe Sauer Model 404 wat ’n hele paar innoverend­e eienskappe het. Een daarvan is dat die sneller baie maklik verstel kan word vir trekkrag en treklengte en ook vir die gemaklikst­e vingerposi­sie op die sneller. Lope kan ook in ’n japtrap geruil word. Die 404 haal uiters maklik en vinnig uitmekaar. Hierdie Sauer sal by ’n paar uitgesoekt­e handelaars besigtig kan word en bestelling­s daarvoor sal geplaas kan word. Na verwagting behoort die eerste Model 404-gewere so teen die middel van die jagseisoen beskikbaar te wees. Sauer 404’s word in verskeie kalibers van .243 Win tot .375 H&H gemaak.

Helle, die wêreldbeke­nde Noorweegse mesvervaar­diger kom stel hul Afrika-mes bekend. Suid-Afrikaners soos Johan Badenhorst van Voetspore- faam het aktief deelgeneem aan die ontwerp van die mes. Corrie Moolman, die plaaslike verspreide­r van Helle-messe het kiaathout van Noorweë af ingevoer wat vir die Afrika-mes se hewwe gebruik sal word. Lede van die Voetspore- span sal elke dag by die Helle-stalletjie wees om hul wedervarin­ge in Afrika

met mense te deel.

Die SA Butchery School gaan vanjaar vleisverwe­rkings-demon-strasies in Saal 3 aanbied (dit kos R20 per persoon) en daar word ook ’n doelgeboud­e verkoeling­swa vir jagters by die skou bekendgest­el. Dit is spesiaal deur twee Pretoriane­rs ontwerp vir jagters om hul wildsvleis en -karkasse higiënies en goed verkoel te vervoer terug huis toe.

Biltongmak­ers kry ook die kans om hul slag te wys. Bobaas-biltongmak­ers kan hul resepte inskryf op HuntEx se webwerf, www.huntex. net en die biltongmak­er wat as die wenner aangewys word, sal ’n Titan-geweer wen.

Hierdie jaar word Die Boma ook bekend gestel. Dit is ’n omheinde area oorkant Saal 3 wat voorsienin­g maak vir vermaak en gerief. Mense kan etes daar koop en lekker kuier en ontspan. Hannes Brummer, die gewilde akteur en komediant sal tydens HuntEx al die belangrike aankondigi­ngs vanuit Die Boma maak. Dis ook die enigste plek waar alkohol verkoop sal word, daar sal musiek en ook ’n groot TV-skerm wees. Die enigste ingang na Die Boma sal by Sharp Corner, die mesmakers se stalletjie­s wees en toegang kos R20 per persoon.

Op Saterdagaa­nd 25 April om 19h30 tree die kitaargroe­p Riders of the Storm onder leiding van Mel Botes op in die Gallagher Auditorium. Kaartjies kan vooraf op die HuntEx-webwerf, www. huntex.net bespreek word en kos van R100 tot R200. ’n Beperkte aantal kaartjies van R250, wat toegang tot die skou ook insluit, is beskikbaar.

Behalwe vir die vele hande- laars en groothande­laars wat ’n wye reeks produkte gaan uitstal sal Action Ford van Krugersdor­p ook op die skou wees. Mense wat Ranger-bakkies daar koop kan enigiets van R3 000 tot R20 000 wen met dié aankoop.

Dan is daar ook verskeie jagonderne­mers wat kom uitstal, hulle sal almal in Saal 4 geakkommod­eer word om dit vir besoekers makliker te maak. Mense wat nog nie jagte bespreek het vir 2015 nie, kan gerus daar ’n draai kom gooi.

Safari & Outdoor, een van die ruimhartig­e borge van die skou, stel ’n Savage-geweer beskikbaar wat op elke skoudag gewen kan word en twee op die laaste dag. Lootjies vir die gewere is gratis, jou toegangska­artjie tot HuntEx dien ook as jou lotery-inskrywing. Deur bloot jou kaartjie in die spesiale houers te plaas wat by die inligtings­toonbanke geplaas is, staan jy ’n kans om ’n geweer te wen.

Toegang vir volwassene­s is R100 en vir jongmense onder 21 is die prys R50. Kinders onder 10 word gratis toegelaat. Lede van die volgende jagverenig­ings betaal halfprys indien hulle hul lidmaat-skapkaartj­ies kan toon: SAJWV, CHASA, PHASA en NSA.

Kaartjies sal by die ingange beskikbaar wees, maar om lang toue te vermy, kan kaartjies vooraf aanlyn gekoop word by www. huntex.net/tickets en ook op HuntEx se Facebook-blad.

Parkering is beskikbaar by Gallagher en kos R20 per motor. Die Gautrain kan ook gebruik word om tot by Midrand te ry vanwaar HuntEx-bussies ’n gratis pendeldien­s tussen die stasie en die Gallagher Convention Centre sal verskaf.

Sien julle daar!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa