SA Jagter Hunter

In die kol Pette vir plesier

- Deur KOOS BARNARD

Jag is een van daardie stokperdji­es wat veel meer behels as net die skiet van ’n bok. Dit gee jou die geleenthei­d om allerhande “jagspeelgo­ed” op die proef te stel; van skietbenod­igdhede tot klere, skoene en selfs pette en hoede.

Mense neem gewoonlik foto’s van hul jagtogte, maar daar is ook ander maniere om die jag te onthou of om dit spesiaal te maak. Een daarvan is om spesiale kledingstu­kke soos hemde, pette of hoede te laat maak met spesifieke embleme en slagspreuk­e daarop aangebring. So ’n pet of hoed hang jy dan in jou skiet/trofeekame­r en elke keer as jou oog daarop val, roep jy die jagtog in herinnerin­g toe jy daardie pet gedra het.

Ek het in 2014 vir my en my twee seuns sulke pette laat maak vir ons Bosveldjag. Dit was die eerste keer in drie jaar dat ons drie saam kon gaan jag (die bulletjies se studies en werk het die vorige jare ingemeng met ons jagtery).

Ek het ek ’n bosveldtem­a gekies as embleem en die woorde “Bosveldjag 2014” aan die voorkant op die pette laat borduur. Aan die kante het ek iets meer persoonlik­s laat aanbring. Marco, die jongste het lekker rond geraak nadat hy in Pretoria begin werk het. Sy pet lees toe: “Pokkel van Pretoria”. Dandrej, my oudste bly die afgelope vier jaar in die Kaap en op sy pet het gestaan: “Kind vanie Kaap”. Myne het bloot gelees: “Die ou Ballie”. Dis klein dingetjies soos die dra van ’n spesiale hoed, pet en/of hemp wat ’n jag spesiaal maak.

Vir ’n voorsitjag in die Karoo in 2014, wat lede van my werkgewer ingesluit het, het ek ook ’n stel pette laat maak. Ons was ’n paar manne bo 50 en van die pette het heel interessan­te persoonlik­e boodskappi­es op gehad. Dit is tydens ’n spesiale sitting die aand voor die aanvang van die jag uitgedeel en het gesorg vir groot pret (daar was nie drank betrokke nie).

Petrie Auret van Grey Ghost Gear het vir ons die pette gemaak. Petrie spesialise­er in die verskaffin­g van sulke pette, boshoede, hemde en nog ’n paar ander produkte vir jagters. Die kwaliteit van sy produkte is uitstekend en Petrie se hulpvaardi­gheid en vinnige diens is nog beter. Hy is werklik ’n persoon wat trots is op die produkte wat hy bemark en daarom beveel ek hom met groot vrymoedigh­eid aan.

Petrie het ’n aantal bestaande embleme wat hy op pette, hoede en hemde kan borduur, maar hy kan ook nuwe embleme ontwerp; mense moet hom net van ’n goeie foto van die embleem voorsien. Pryse vir die hemde en pette wissel na gelang van die tipe embleem en die hoeveelhei­d geskrewe werk wat op die kledingstu­k geborduur moet word. Posbestell­ings is welkom. • Kontak Petrie Auret by 084-258-3536, e-pos hom by petrie@ greyghostg­ear. co. za of besoek gerus sy webblad, www.greyghostg­ear.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa