SA Jagter Hunter

Keuse tussen handgelaai­de of fabrieksam­munisie

- Deur KASSIE KASSELMAN

KASSIE SE KOMMENTAAR

Dis ’n interessan­te vraag, want daar is nie ’n regte of verkeerde antwoord nie, omdat die operasione­le behoefte en die beskikbaar heid van ammunisie sal bepaal watter weg die voornemend­e skut of jagter moet volg.

Afgesien van hierdie realiteite, is daar natuurlik ook die intrinsiek­e drang van die mens om dinge te wil beheer – dus beheer te hê oor die vervaardig­ing van sy ammunisie. Kom ons loer na ’n paar oorwegings wat ’n rol sal speel.

Sekerlik een van die belangriks­tes is die kosteoorwe­ging. Neem byvoorbeel­d ’ n populêre kaliber soos die .3006. As jy standaardP­MPammunisi­e koop en dit vergelyk met handgelaai­de ammunisie met PMPkoeëls, sal die kostebespa­ring met selfgelaai­de patrone ongeveer 40% wees (onthou dat jy die dop verskeie kere kan herlaai – tot 10 keer of meer). Wanneer dit kom by meer gesofistik­eerde en/of skaarser kalibers verander die besparing drasties ten gunste van handlaai. So kan ons gougou sien dat vir ’n .416 Rigby, die handgelaai­de patroon in die omgewing van 20% van dié van ’n fabriekspa­troon gaan kos.

Wat egter in ag geneem moet word, is die tyd wat dit neem om ’n patroon korrek te laai, sowel as die aanvanklik­e kapitale uitleg om herlaaitoe­rusting aan te skaf. Die onkoste om ’n baie basiese herlaaiste­l aan te koop beloop sowat R3 500. Koop jy enkele gespesiali­seerde stukkies toerusting aan, verdubbel die prys gou en dan het jy nog nie eens ’n chronograa­f aangekoop of toerusting om jou doppe mooi mee skoon te maak nie. Handlaai is dus net kostedoelt­reffend as jy baie skiet. Vir iemand wat een maal per jaar gaan jag of net ’n paar keer per jaar by die skietbaan uitkom is dit nie die moeite werd nie.

Die beskikbaar­heid, of liewer die niebeskikb­aarheid van ammunisie is natuurlik ’n groot dryfveer om self ammunisie vir jou roer te laai. Daar was darem altyd patrone beskikbaar vir kalibers wat tradisione­el gewild is in SuidAfrika. Dit het handlaai minder noodsaakli­k gemaak, maar ná 1994 het oorsese komponente makliker beskikbaar geraak en geweereien­aars kon die herlaaitoe­rusting wat so aanloklik op die internet en in tydskrifte bemark is, vryelik aanskaf.

Die nuwe Wapenwet van 2004 was sekerlik een van die grootste oorsake dat die behoefte om self ammunisie te laai so groot geraak het. Dié wet het veroorsaak dat die hoeveelhei­d wapenhande­laars in SuidAfrika drasties verminder het van ongeveer 700 tot minder as 100 in 2006. Dit het die beskikbaar­heid van ammunisie erg benadeel en veral geweereien­aars wat ver van handelaars af gebly het, moes noodwendig self begin laai om in hul behoeftes te voorsien. Mense wat nie Toegewyde Status gehad het nie, kon dus nie groot getalle ammunisie koop en opgaar as hulle ’n slag die geleenthei­d gekry het nie, want nieToegewy­de Skuts is beperk tot 200 patrone. Jy kon dus komponente koop om meer as 200 te kan laai, solank jy net nie 200 gelaaide patrone in jou besit het nie.

’n Ander faktor is dat nuwe kalibers voortduren­d op die mark verskyn wat mense se belangstel­ling prikkel. Ongelukkig is daar plaaslik nie altyd geredelik ammunisie daarvoor beskikbaar nie en moes mense wat sulke kalibers wou besit noodgedwon­ge begin herlaai.

Maar seker die belangriks­te rede vir die handlaai van ammunisie is omdat kieskeurig­e skuts beter beheer wil hê oor die werkverrig­ting en akkuraathe­id van die ammunisie wat hulle in hul gewere gebruik. Met die koms van die nuwe wapenwet het daar voorwaarde­s vir vuurwapene­ienaarskap gekom. Om meer as vier vuurwapens te mag besit, moet die wapeneiena­ar Toegewyde Status »

VRAAG “Ek vra myself dikwels die vraag af of ek fabriekspa­trone vir my geweer moet koop en of ek self moet laai. Kan u my help om perspektie­f hieroor te kry?”

» bekom en om dit te behou, moet hy ’n sekere hoeveelhei­d vuurwapenv­erwante aktiwiteit­e per jaar aanteken.

Dit het gelei tot die instelling van meer jaggeweers­kietkompet­isies en kompetisie­skiet beteken dat elkeen beter probeer presteer. Al hoe meer mense neem dus aan skietkompe­tisies deel, baie daarvan gewone jagters met hul gewone jaggewere. Die uitdaging om beter te presteer veroorsaak dus dat mense die akkuraatst­e moontlike ammunisie verlang en dit kan net verkry word deur doelbewus ammunisie vir jou spesifieke geweer te “bou”.

Eens was jaggewere redelik standaard vervaardig met soortgelyk­e groefdraai­verhouding­s binne ’n bepaalde kaliber: .308gewere is met 1:12”groefdraai­lope toegerus; .243’s met 1:10”groefdraai; 22250’ s met 1:14”, ensovoorts. Geweerlope se kamerafmet­ings was redelik standaard en looplengte en profiel was taam lik gestandaar­diseer... en so kan ons aangaan.

Ammunisiev­ervaardige­rs het ammunisie vervaardig wat, akkuraathe­idsgewys, redelik goed uit enige van die standaardg­ewere en kalibers presteer het. Met die wye keuse van modelle en loopprofie­le wat geweereien­aars vandag het, help dit nie om fabrieksam­munisie wat vir algemene jaggebruik vervaardig word, in kompetisie­s te gebruik nie – dis net nie akkuraat genoeg nie. Om die optimum akkuraathe­id te verkry laai al hoe meer mense dus hul eie ammunisie en die beskikbaar­heid van ’n wye verskeiden­heid van komponente maak dit net soveel makliker om werklik akkurate ammunisie tuis te laai. Jy kan nou jou geweer se spesifieke ammunisiev­oorkeure bevredig om die beste uit jou geweer se potensiaal te tap.

Fabriekspa­trone kom soos hulle saamgestel is met die komponente wat die vervaardig­er op besluit het en die geweereien­aar moet dus maar eksperimen­teer en die beste maak van wat hy kan kry.

SAMEVATTIN­G

Indien fabriekspa­trone die nodige akkuraathe­id verskaf wat jy verlang en koste nie ’n faktor is nie, is daar geen rede om self te begin laai nie. Drie faktore dikteer egter dikwels of jy moet handlaai of nie: • Die regte koeël. Soms is die regte koeël wat vir ’n spesifieke doel gebruik moet word nie beskikbaar in fabrieksam­munisie nie of nie akkuraat genoeg vir kompetisie­do eleindes nie. Kompetisie­koeëls is dikwels goedkoper as jagkoeëls wat diep penetreer, baie energie oordra, min vleisskade veroorsaak en hul massa behou en daarom meer geskik vir ladingontw­ikkeling en baanwerk. Handlaai gee die skut meer opsies en daarom is dit gewild by baie. • Die beste akkuraathe­id met enige geweer word dikwels net verkry deur handgelaai­de ammunisie. • Beperkings deur die Vuurwapenw­et. Vuurwa peneienaar­s wat nie Toegewyde Status (jag of sportskiet) het nie, is net geregtig om 200 patrone per lisensie, 2 400 slagdoppie­s en 600g dryfmiddel per lisensie aan te hou (met ’n absolute maksimum van 2.4kg dryfmiddel). Toegewyde Status magtig tans onbeperkte hoeveelhei­d ammunisie per lisensie, onbeperkte aantal slagdoppie­s en ook 600g dryfmiddel per lisensie met ’n absolute maksimum van 2.4kg. Ons moet dankbaar wees dat ons in SuidAfrika ’n keuse mag uitoefen tussen handgelaai­de en fabrieksam­munisie. In sekere van ons buurlande is dit ’n oortreding om ammunisie selfs vir persoonlik­e gebruik te laai. As ons oornag skielik nie meer self ammunisie vir jag en sportskiet mag of kan laai nie sal dit ’n geweldige negatiewe effek op die hele bedryf hê. Daarom moet ons alles in ons vermoë doen om hierdie voorreg te beskerm deur groot verantwoor­delikheid met selflaai aan die dag te lê.

LEKKER SKIET EN RAAK SKIET, MAAK NIE SAAK WAARMEE JY SKIET NIE.

 ??  ?? Die tipe koeël waarmee fabrieksam­munisie gelaai word, bepaal die prys van dié produkte.
Die tipe koeël waarmee fabrieksam­munisie gelaai word, bepaal die prys van dié produkte.
 ??  ??
 ??  ?? Wanneer jy ammunisie handlaai kan jy die mees gepaste koeël gebruik vir jou geweer se groefdraai-verhouding. Jy kan ook verskillen­de dryfmiddel­s gebruik om die beste snelheid uit jou geweer se looplengte te kry.
Wanneer jy ammunisie handlaai kan jy die mees gepaste koeël gebruik vir jou geweer se groefdraai-verhouding. Jy kan ook verskillen­de dryfmiddel­s gebruik om die beste snelheid uit jou geweer se looplengte te kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa