SA Jagters hou kongres
Die SAJWV se jaarlikse Kongres is gedurende die naweek van 4 en 5 November 2016 gehou. Die verrigtinge het op Vrydag afgeskop met ’n vergadering van die Nasionale Takvoorsittersforum. Tydens hierdie byeenkoms is terugvoering gegee oor ’n verskeidenheid sake wat deur die loop van die jaar aandag gekry het, soos byvoorbeeld die wysigings aan die Grondwet wat dan die volgende dag by die Kongres finaal goedgekeur sou word.
Die Takvoorsitters het ook hulle gedagtes laat gaan oor die gepaste wyse waarop daar erkenning verleen sal word aan lede wat buitengewoon goed presteer deur middel van skiet- en jagaktiwiteite. Hulle het ’n moontlike beleggingsbeleid vir die Vereniging oorweeg en ook beskikbare opleidingsmateriaal vir Junior Jagtersopleiding.
GASSPREKER
Die Kongresdinee is Vrydagaand gehou met Dave Pepler as genooide gasspreker. Hierdie geleentheid is telkens ’n hoogtepunt van die jaar en word bygewoon deur ’n groep genooide gaste van SA Jagters sowel as ’n groot aantal van die afgevaardigdes na die Kongres en ook hulle gaste. Dave Pepler was ’n uiters gewilde spreker en sy benadering tot die onderwerp, Jag – waarheen vorentoe? het uitstekend aangepas by die inleiding gegee deur SA Jagters se President, Gerhard Verdoorn. Dave het die gehoor aangegryp met die wyse waarop hy sy eie lewenservaring verweef met praktiese voorbeelde en die filosofiese vraagstukke van hoe jag en bewaring by mekaar uitkom en wat die toekoms vir jag inhou. Die kern van sy boodskap was in kort dat, as elkeen van ons nie ’n konstruktiewe bydrae