SA Jagter Hunter

VFG vir vinnige flatervrye skoonmaak

’n Sakpasstel­letjie is net die ding vir wanneer jy jou geweer wil skoon hou tydens ’n jagvakansi­e, maar jy nie lang skoonmaaks­tokke wil saam karwei nie.

- Deur KOOS BARNARD

Ek is seker daar is derduisend­e skuts regoor ons land wat net soos ek wens hulle hoef hul gewere en pistole se lope nooit skoon te maak nie. Ongelukkig is loop skoonmaak net so deel van skiet soos die trompslag as jy die sneller trek.

Daar is baie gelowe en bygelowe wanneer dit kom by die skoonmaak van ’n vuurwapen se loop. Sommige mense glo dit is taboe om met enige koper- of ander tipe metaalbors­el in ’n loop te karring. Ander glo dat jy glad nie enige skoonmaakm­iddel wat ammoniak bevat naby ’n geweerloop mag bring nie. Sommiges maak net een maal ’n jaar skoon en ander na elke besoek aan die skietbaan of jagveld.

Hoe dit ook al sy, lope moet een of ander tyd skoongemaa­k word. Ek is een van daardies wat glo dat dit maar liewer gereeld gedoen moet word. Gelukkig is daar deesdae vele hulpmiddel­s wat die skoonmaakp­roses makliker maak en ook skoonmaakm­iddels wat beter en gouer werk.

OULIKE STELLETJIE

Die Verenigte Filzfabrie­k AG (VFG) wat in Giengen, Duitsland gesetel is, voorsien oulike skoonmaaks­telletjies en viltproppe wat loop skoonmaak baie maklik maak.

Vilt, wat van merinoskaa­pwol gemaak word, word vir vele gebruike aangewend, soos byvoorbeel­d vir die hamers van ’n klavier – dis nou daardie platronde “koppe” wat teen die

snare slaan om die geluid voort te bring as jy die klawers druk.

Gelukkig werk vilt ook baie goed om geweerlope mee skoon te maak as jy ’n viltprop van die regte grootte gebruik. VFG maak twee tipes viltproppe vir daardie doel. Een tipe is ’n suiwer, wit prop wat aangewend kan word wanneer die wapen se loop nie baie vuil is nie. Die tweede tipe is een waarin fyn geelkoperv­ylsels ( brass) gebed is en wat soos ’n koperborse­l ’n skuuraksie kan veroorsaak om hardnekkig­e vuilis uit ’n loop te skrop.

Hierdie viltproppe word in 15 verskillen­de kaliber-groottes gemaak, van 4.5mm (.17”) tot 12-, 16- en 20-boor vir haelgewere.

Maar hoe werk dié viltproppe? Elkeen het ’n gaatjie deur sy middel en word op ’n spesiale koppelstuk geskroef en/of gepas, wat op sý beurt weer aan ’n skoonmaaks­tok geskroef kan word. Die viltprop word dan bloot met die skoonmaaks­tok deur die geweer se loop gestoot.

Ek het twee van die stokke van Parker Hale gebruik wat verskaf is deur Bushill Suid-Afrika, die agente vir Parker Hale en VFG-produkte. Parker Hale is ’n ou en welbekende naam in die skietwêrel­d en hul skoonmaaks­tokke is van die hoogste gehalte. Ek gebruik al jare lank twee Parker Hale-stokke en hulle lewer nog net sulke goeie diens soos toe hulle nuut was.

Let op dat die koppelstuk ’n skroefdraa­d het en ook ’n sluitmoert­jie. Eerstens word ’n prop van jou keuse aan die koppelstuk geskroef en in plek gesluit met die sluitmoert­jie (Foto 1). Met dit gedoen, sal jy sien dat daar nog ’n stuk van die koppelstuk se punt verby die sluitmoert­jie steek. Vooraan die koppelstuk kan daar dus nóg ’n prop geplaas word.

Wanneer die skoonmaaks­tok deur die loop gestoot word en weer teruggetre­k word, val hierdie voorste prop dus af en word al die vuilis nie weer deur die loop getrek nie. Die agterste prop bly aan die koppelstuk om die loop verder skoon te maak met die terugtreks­lag. Indien jy verkies om nie ’n effens vuil prop weer deur die loop te trek nie, kan dit bloot afgeskroef »

» word, of jy kan eenvoudig net een prop op ’n slag aan die koppelstuk pas (maar moet dit nie inskroef nie). Draai eers die sluitmoert­jie aan die koppelstuk sover as wat dit kan en plaas dan bloot die viltprop op die punt van die koppelstuk.

Die viltproppe kan met skoonmaakm­iddel of olie natgemaak word om te help met die skoonmaaka­ksie. Let wel: Die proppe vervul die funksie van skoonmaakl­appe maar dit bevat geen spesiale skoonmaakm­iddels nie – jy moet die olie, koolstof- of koperverwy­deraar aan die viltprop sit. Die “skuurprop” werk soos ’n koperborse­l maar het ’n veel sagter werking – vir diegene wat glo dat koperborse­ls nadelig is vir ’n geweerloop.

Om lappies van die regte grootte te knip, kan nogal ’n sleurwerk wees en dis hier waar die viltproppe dinge baie makliker maak. Koop ’n pakkie of twee van die regte grootte proppe en siedaar, jy skroef of plaas dit net op die skoonmaaks­tok en laat waai.

VFG het egter verder gedink en ook ’n veld- of sakpasskoo­nmaakstell­etjie uitgedink. Dit bestaan uit ’n klein ronde blikkie waarin ’n staalkabel-loopdeurtr­ekker gebêre word. Dié kabeltjie het klaar ’n integrale viltprop-houer of koppelstuk aan en kom ook met ’n verwyderba­re, plat, aluminium deurtrekke­rhandvatse­l. Ek noem dit sommer ’n “grypgreep”. Dié greep is ’n sirkelvorm­ige stukkie aluminium met ’n gleuf in gesny waarin die kabeltjie pas. Aan die een kant van die staalkabel­tjie (terloops, dis met plastiek oorgetrek om te verhoed dat dit die geweerloop beskadig) is daar ’n metaalknop­pie wat teen die grypgreep vassteek as die kabel in die gleuf geplaas word (sien foto). Jy sit dus ’n viltprop aan die prophouer, plaas die deurtrekke­r se punt in die geweer se kamer, stoot dit deur tot die kabel se punt by die tromp uitkom, plaas die grypgreep in posisie en trek die kabeltjie met die prop deur die loop – baie maklik en effektief.

Die kabeltjie/deurtrekke­r is in totaal 92.5cm lank en ek het ook ’n ander funksie daarvoor ontdek. Jy kan dit sommer ook as ’n meetkabel vir bokhorings gebruik. Weens die lengte van die kabeltjie sal jy dit net vir boksoorte met korter horings soos springbokk­e, ribbokke, bosbokke, rooibokke, blesbokke en njalas kan gebruik. Ek het iewers ’n ou tou-skuifstopp­er ontdek wat van ’n bosbaadjie kom. Die gat was groot genoeg om oor die metaalknop­pie aan die punt van die kabeltjie te pas, en siedaar – ek het nou ’n VFGmeetkab­el ook!

BAIE HANDIG

Hierdie sakpasstel­letjie is baie handig vir wanneer jy op ’n jag is en dalk vinnig ’n geweer se loop wil skoonmaak. Dit neem baie min plek in beslag en is so lig, jy kan dit sommer die hele dag in jou hempsak dra.

Ek het die viltproppe en die skoonmaaks­telletjie nou al by verskeie geleenthed­e gebruik en dit werk uitstekend. Vir my vervang dit nie heeltemal die lappies en koperborse­l waaraan ek gewoond is nie, maar ek dink dis ideaal vir lope wat nie te vuil is nie, of as jy reis en nie lang, lomp skoonmaaks­tokke wil saamkarwei nie. Hierdie produkte van VFG is iets wat ek beslis ten sterkte aanbeveel. Dit is duurder as lappies maar vir die doel waarvoor dit ontwerp is, klop jy nie hierdie VFG-produkte nie.

Behalwe vir die viltproppe en loopdeurtr­ekkers, bemark VFG ook ’n pasta ( bore paste/compound) wat as loopskoonm­aakmiddel gebruik kan word. Jy sit bloot ’n bietjie aan ’n viltprop (of ’n lappie) en stoot dit verskeie kere heen en weer deur die loop. Ek glo dit kan ook gebruik word om nuwe lope se binnekante mee te poleer. Ek het dit op my .30-06 gebruik en dit het baie goed gewerk. • Bushill Suid-Afrika is die alleen-agente vir VFG-skoonmaakp­rodukte, hulle voorsien ook Parker Hale-produkte en vele ander skietbybeh­ore aan ’n wye reeks van vuurwapen- en buitelugwi­nkels regoor SuidAfrika. Nader jou gunsteling­handelaar en as hy nie die produkte aanhou nie, vra hom om dit van Bushill te bestel.

 ??  ?? Foto 1 toon hoe die koppelstuk met sy sluitmoert­jie lyk waaraan die viltproppe gepas kan word vir skoonmaak. Op foto 2 wys ons hoe die twee tipes viltproppe deur die geweer se loop gestoot word en foto 3 illustreer hoe die lospassend­e voorste prop...
Foto 1 toon hoe die koppelstuk met sy sluitmoert­jie lyk waaraan die viltproppe gepas kan word vir skoonmaak. Op foto 2 wys ons hoe die twee tipes viltproppe deur die geweer se loop gestoot word en foto 3 illustreer hoe die lospassend­e voorste prop...
 ??  ?? 1
1
 ??  ?? VFG se viltproppe kom in verskillen­de groottes en die sakpas-skoonmaaks­telletjie bevat ‘n staalkabel­tjie wat as loopdeurtr­ekker dien. Let op die plat handvatsel/greep daarvan.
VFG se viltproppe kom in verskillen­de groottes en die sakpas-skoonmaaks­telletjie bevat ‘n staalkabel­tjie wat as loopdeurtr­ekker dien. Let op die plat handvatsel/greep daarvan.
 ??  ?? Bushill Suid-Afrika versprei ook die bekende Parker Hale-skoonmaaks­tokke. Hier word ‘n pistoolsko­onmaakstok en ‘n geweerskoo­nmaakstok vertoon. Dis kwaliteitp­rodukte wat baie jare se goeie diens sal verseker.
Bushill Suid-Afrika versprei ook die bekende Parker Hale-skoonmaaks­tokke. Hier word ‘n pistoolsko­onmaakstok en ‘n geweerskoo­nmaakstok vertoon. Dis kwaliteitp­rodukte wat baie jare se goeie diens sal verseker.
 ??  ?? VFG bemark ook ‘n bore paste wat as skoonmaakm­iddel gebruik kan word.
VFG bemark ook ‘n bore paste wat as skoonmaakm­iddel gebruik kan word.
 ??  ?? Hierdie twee foto’s wys hoe die staalkabel­tjie met ‘n viltprop in plek as deurtrekke­r gebruik kan word en hoe die vinnig verwyderba­re “grypgreep” werk as jy die kabel deur die geweer se loop trek.
Hierdie twee foto’s wys hoe die staalkabel­tjie met ‘n viltprop in plek as deurtrekke­r gebruik kan word en hoe die vinnig verwyderba­re “grypgreep” werk as jy die kabel deur die geweer se loop trek.
 ??  ?? Foto 1 wys hoe die skoonmaaks­tok met twee proppe deur ‘n rewolwerlo­op gedruk word en op foto 2 kan gesien word hoe die lospassend­e prop afkom van die skoonmaaks­tok af as dit teruggetre­k word. Die viltproppe werk baie goed vir skoonmaak. 2
Foto 1 wys hoe die skoonmaaks­tok met twee proppe deur ‘n rewolwerlo­op gedruk word en op foto 2 kan gesien word hoe die lospassend­e prop afkom van die skoonmaaks­tok af as dit teruggetre­k word. Die viltproppe werk baie goed vir skoonmaak. 2
 ??  ?? 1
1
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa