SA Jagter Hunter

Waar het my jag begin?

-

Onder SA JAGTER/ HUNTER se duisende lesers is daar vele wat interessan­te jagstories kan vertel, pragtige trofeekame­rs het en die mooiste gewere besit. Ons het dit goedgedink om van tyd tot tyd van hierdie mense (en hul skietgoed) aan ons wye leserspubl­iek bekend te stel.

Andries de Klerk van Ficksburg is een so ’n man. Sy trofeekame­r is indrukwekk­end en hy het ’n hele instapklui­s vol mooi gewere. Ons het een Sondag vir hom gaan kuier en ’n baie aangename dag in sy en sy vrou, Elsa, se geselskap deurgebrin­g.

Hier is Andries se storie en ons laat hom dit self vertel: “Ek het grootgewor­d in Colesberg in die Karoo waar my pa ’n plaas gehad het en ons so af en toe springbok, ribbok en blesbok gejag het. Ek is egter in standerd ses Paarl Boys High toe, waar ek gematrikul­eer het in 1966.

Na matriek is ek weer terug plaas toe en het daar vir vyf jaar saam met my pa geboer. Toe die Vanderkloo­fdam gebou is, het die regering egter die grond uitgekoop aangesien dit onder water sou kom. Ek moes toe kies wat ek in die toekoms wou doen en het besluit om medies te studeer.

So is ek toe Stellenbos­ch toe en het my mediese studies voltooi in 1977. Van daar af het ek my huisdokter­jaar in Uitenhage gaan doen. Daarna het ek ’n

vennootska­psaanbod in Uitenhage aanvaar en het sewe jaar lank daar diens gedoen.

Dit is in Uitenhage waar die groot jaggogga my gebyt het, en vriend Arthur Rudman van Blaauwkran­tz Safari’s het my gereeld genooi om saam met hom te gaan koedoes skiet. Ek het ook gereeld by Jannie van Lyl, ’n vriend van Jansenvill­e gaan jag en so ook by my skoonpa in Pearston.

Met die groot onluste in 2005 in die Kaap, het ek besluit om na die platteland te verhuis, en so het ek in Ficksburg te lande gekom waar ek nog steeds in die praktyk is.

Tydens die jare in Ficksburg het ek en my seun, Andries jr. (toe nog baie jonk) gereeld gaan rooibokke skiet in Pongola en in Ellisras. Dit was alles biltongjag­te. Mettertyd het ons oorgeskake­l na trofeejag toe, veral nadat ek my eerste groot koedoebul by oom Audley Vermaak by Glenconner geskiet het. Van daardie koedoe het ek ’n trofee gemaak en daarna het ons op gereelde basis in die buurlande gaan skiet: Namibië (Dama- »

» raland, Khomas Hochland, Grootfonte­in, Gobabis, die duine tussen Twee Riviere en Karasburg), Mosambiek, Zambezidel­ta, Sabipark (langs Kruger Nasionale Park), Zimbabwe (Bubi-area, Doma, Gwhai-area).

Wat die geweergogg­a aanbetref, was my seun Andries die groot motivering. Ons het in 2015 Turkye toe gevlieg en ons eie Turkse okkerneuth­out gaan uitsoek in ’n fabriek. Ons het die hout saamgebrin­g as deel van ons bagasie. Die volgende persone het vir my verskeie gewere gebou en van nuwe kolwe voorsien: Steve Fourie, Sabie Arms, Gerrie Coetzee, Ralph Badenhorst, Danie Joubert en Faan de Vos.

Daar is altesaam 47 spesies in my trofeekame­r; die trofees vermeerder nie meer so flink soos aan die begin nie, aangesien nog net die duurder spesies ontbreek.”

 ??  ??
 ??  ?? BO: Dr. Andries de Klerk agter die kroegtoonb­ank in sy trofeekame­r. HOOFFOTO: Andries in sy instapklui­s/herlaaikam­er saam met ‘n hele paar van sy mooi gewere.
BO: Dr. Andries de Klerk agter die kroegtoonb­ank in sy trofeekame­r. HOOFFOTO: Andries in sy instapklui­s/herlaaikam­er saam met ‘n hele paar van sy mooi gewere.
 ??  ?? ‘n Paar mooi skouermont­erings in Andries de Klerk se trofeekame­r.
‘n Paar mooi skouermont­erings in Andries de Klerk se trofeekame­r.
 ??  ?? Andries se 7x64, toegerus met ‘n Leica-teleskoop.
Andries se 7x64, toegerus met ‘n Leica-teleskoop.
 ??  ?? En só lyk Andries se .22-250 wat diens doen op springbokk­e en ander kleinwild oor langer afstande. Let op dat al die gewere Mauser-aksies het.
En só lyk Andries se .22-250 wat diens doen op springbokk­e en ander kleinwild oor langer afstande. Let op dat al die gewere Mauser-aksies het.
 ??  ?? ‘n Spoggeweer in .333 Jeffery – dis die een op ons voorblad.
‘n Spoggeweer in .333 Jeffery – dis die een op ons voorblad.
 ??  ?? LINKS: Andries het ook al die sogenaamde Tiny Ten suksesvol gejag soos die volmonteri­ngs van hierdie agt spesies in sy trofeekame­r kan getuig
ONDER: Behalwe dat Andries topgraad-okkerneuth­out vir die kolwe van sy gewere gebruik, word omtrent almal...
LINKS: Andries het ook al die sogenaamde Tiny Ten suksesvol gejag soos die volmonteri­ngs van hierdie agt spesies in sy trofeekame­r kan getuig ONDER: Behalwe dat Andries topgraad-okkerneuth­out vir die kolwe van sy gewere gebruik, word omtrent almal...
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa