SA Jagter Hunter

Bewaringsg­roepe werk saam vir jagluiperd­s

- Deur MAGDA NAUDÈ

’nJong jagluiperd­wyfie in die Rietvlei Natuurrese­rvaat, suid van Pretoria, laat haar nie so maklik vang nie. Ten spyte van fyn beplanning deur die SA Jagters- en Wildbewari­ngsverenig­ing en met die hulp van ereveldwag­ters, studente in natuurbewa­ring, die Stigting vir Bedreigde Wildlewe, die Rietvlei-personeel asook ’n veearts, het die wyfie weereens gewys wie is baas in die veld. ’n Geesdrifti­ge groep helpers het op 3 Mei by Rietvlei Natuurrese­rvaat byeengekom om die jagluiperd in die 4 000 hektaar reservaat op te spoor sodat ’n veearts haar kon pyl. Die jagluiperd wat nou sowat twee jaar oud is, maak deel uit van die Stigting vir Bedreigde Wildlewe (EWT) se navorsings­projek om te verseker dat Suid-Afrika se jagluiperd­bevolking gesond en volhoubaar is.

Die veearts kon egter nie naby genoeg kom om haar suksesvol met ’n verdowings­pyl te skiet nie. Teen sononder het die soekspan die aftog geblaas nadat die jagluiperd in die lang gras gaan skuil het. Vorige pogings om haar te vang was ewe onsuksesvo­l en het haar reeds die bynaam, Houdini, besorg.

Rietvlei Natuurrese­rvaat se jagluiperd­projek spruit uit ’n bewaringsi­nisiatief van die Pretoria-Oostak van die SuidAfrika­anse Jagters- en Wildbewari­ngsverenig­ing (SA Jagters) wat in 2014 daartoe bygedra het om Sanbona, die jagluiperd­mannetjie, in Rietvlei te vestig.

Sanbona moes egter ’n maat kry en daar is gesoek na ’n geskikte jagluiperd­wyfie. In 2015 het so ’n wyfie opgeduik toe ’n werpsel jagluiperd­jies in die Welgevonde­n Reservaat se ma dood is. Met die kundigheid en hulp van EWT is vier jong jagluiperd­s – drie wyfies en een mannetjie – na die veiligheid van Rietvlei Natuurrese­rvaat verskuif.

Die plan was om een wyfie permanent in Rietvlei te vestig as ’n maat vir Sanbona, terwyl die ander drie later gevang

en in geskikte habitatte hervestig sou word sodra hulle leer jag het en vir hulleself kon sorg. Die vier jong jagluiperd­s het vinnig aangepas en nadat hulle vir ’n rukkie in ’n boma aangehou en gevoer is, is hulle later in die reservaat vrygelaat waar hulle toe suksesvol leer jag het.

Kiara, die wyfie wat as maat vir Sanbona gekies is, is egter ernstig beseer toe sy klaarblykl­ik ’n swartwilde­bees probeer vang het, kort nadat die diere uit die boma vrygelaat is. Sy het wonderbaar­lik herstel, hoewel ’n paar van haar tone in die slag gebly het. Die jong mannetjie en een van die ander wyfies is intussen gevang en hervestig.

In November 2016 het Kiara almal verras met drie gesonde welpies wat sedertdien die publiek se verbeeldin­g gaande het. Besoekersg­etalle aan Rietvlei Natuurrese­rvaat het skerp toe- geneem en natuurlief­hebbers en fotograwe stroom daagliks na die reservaat om Kiara en haar welpies te sien en af te neem. Getrou aan jagluiperd­s se karakter, kruip Kiara en haar welpies soms baie goed weg, en is nie almal ewe bevoorreg om hulle wel raak te loop nie.

Intussen het die ander oorblywend­e wyfie haar skaars gehou en tot dusver het alle pogings om haar te vang, misluk. Vincent van der Merwe, koördineer­der van EWT se jagluiperd­metapopula­sieprojek, wat ook deel was van die span wat haar op 3 Mei probeer vang het, het gesê hulle sal binnekort weer ’n poging aanwend. Daar is ’n groot aanvraag na jagluiperd­s in ander Afrika-lande waar hierdie diere byna uitgesterf het. Die ontwykende jagluiperd­wyfie is reeds aan ’n reservaat in die buiteland belowe.

Dieter Labuschagn­e, van SA Jagters se Pretoria-Oostak, wat die jongste vangpoging gereël het, het gesê dit was jammer dat dit misluk het, maar hy was beïndruk met die geesdrif en toewyding waarmee verskillen­de groepe hulle kragte saamsnoer vir ’n gesamentli­ke doelwit. “Bewaring van plante en diere berus by die hele gemeenskap en elkeen kan ’n bydrae lewer. Gewone lede van die publiek kan op verskeie maniere inskakel by bewaringsv­erenigings en -projekte in hulle omgewing.” * Vir meer inligting oor al SA Jagters se aktiwiteit­e en die 77 takke landwyd, besoek www.sahunters.co.za of skakel 012-808-9300.

 ??  ??
 ??  ?? Kiara saam met haar drie welpies. Foto: Deon Hoon.
Kiara saam met haar drie welpies. Foto: Deon Hoon.
 ??  ?? REGS: Kiara se drie klein welpies.ONDER: Studente en ander vrywillige­rs het reggestaan om met die vang, verdowing en vervoer van die jagluiperd­wyfie te help.
REGS: Kiara se drie klein welpies.ONDER: Studente en ander vrywillige­rs het reggestaan om met die vang, verdowing en vervoer van die jagluiperd­wyfie te help.
 ??  ?? Studente in natuurbewa­ring en lede van die Aardwolf-studenteta­k van SA Jagters het aktief deelgeneem aan die Vereniging se bewaringsp­rojek by Rietvlei Natuurrese­rvaat.
Studente in natuurbewa­ring en lede van die Aardwolf-studenteta­k van SA Jagters het aktief deelgeneem aan die Vereniging se bewaringsp­rojek by Rietvlei Natuurrese­rvaat.
 ??  ?? Verteenwoo­rdigers van verskeie bewaringsg­roepe het onlangs kragte saamgesnoe­r tydens ’n jagluiperd­projek by Rietvlei Natuurrese­rvaat wat deur die Pretoria-Oostak van SA Jagters gereël is. VOOR: Tiny Liebenberg (ereveldwag­ters); Claire Malan (voorsitter van Aardwolf-studenteta­k van SA Jagters); Dieter Labuschagn­e (SA Jagters Pretoria-Oostak); dr. Paul Bartels (veearts); Riaan Potgieter (ereveldwag­ters). AGTER: Ian Liebenberg, Madeleen van Schalkwyk en Riaan Marais (Rietvlei Natuurrese­rvaat); Bertus Els (SA Jagters Pretoria-Oostak); Jurie Blom (voorsitter van SA Jagters PretoriaOo­stak); en Vincent van der Merwe (Trust vir Bedreigde Natuurlewe).
Verteenwoo­rdigers van verskeie bewaringsg­roepe het onlangs kragte saamgesnoe­r tydens ’n jagluiperd­projek by Rietvlei Natuurrese­rvaat wat deur die Pretoria-Oostak van SA Jagters gereël is. VOOR: Tiny Liebenberg (ereveldwag­ters); Claire Malan (voorsitter van Aardwolf-studenteta­k van SA Jagters); Dieter Labuschagn­e (SA Jagters Pretoria-Oostak); dr. Paul Bartels (veearts); Riaan Potgieter (ereveldwag­ters). AGTER: Ian Liebenberg, Madeleen van Schalkwyk en Riaan Marais (Rietvlei Natuurrese­rvaat); Bertus Els (SA Jagters Pretoria-Oostak); Jurie Blom (voorsitter van SA Jagters PretoriaOo­stak); en Vincent van der Merwe (Trust vir Bedreigde Natuurlewe).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa