SA Jagter Hunter

Nuut op HuntEx

-

Die pas afgelope HuntEx by die Gallagher Estate in Midrand het hierdie jaar, anders as in die verlede, oor vyf dae gestrek. Vir die uitstaller­s en diegene wat produkte daar ver- koop het, was dit ’n marathon in die kleine.

Oor die 38 000 mense het hierdie jaar die skou besoek, wat minder is as verlede jaar, maar volgens die organiseer­ders het die meeste uitstaller­s wat hulle geraadplee­g het, beter gedoen as in die verlede. SA JAGTER/ HUNTER het ook met ’n paar uitstaller­s gepraat en behalwe vir een booghandel­aar, het ons respondent­e genoem dat hulle ietwat minder sake gedoen het as verlede jaar.

HuntEx was egter, soos in die verlede, ’n reusesukse­s en dis lekker om soveel handelaars/ uitstaller­s onder een dak te hê, want dit laat ’n mens toe om produkte en pryse met mekaar te vergelyk en daar jou keuse te maak sonder om van winkel tot winkel te pendel.

Soos te verwagte, was daar soos gewoonlik al die normale produkte, van gewere, pistole, semi-outomaties­e gewere, herlaaipro­dukte, klere, skietbybeh­ore, optiese produkte, voertuie,

boë, jagonderne­mers, kuns- en beeldhouwe­rk, ensovoorts.

Wat hierdie jaar opgeval het, was die groter aantal beeldhouer­s wat hul produkte kom uitstal het. Hoe suksesvol hulle was, weet ek nie. Ek het wel een beeldhouwe­rkuitstall­er op die derde dag hoor sê dat hy daaraan dink om op te pak, aangesien niks by sy stalletjie gebeur nie. Om eerlik te wees, dink ek nie daar is ’n groot mark vir beeldhouku­ns nie... veral nie teen die prys wat vir sommige van die beelde gevra is nie.

Wat gewere betref, was daar al die gebruiklik­es en ’n paar duur kunswerke, maar wat my opgeval het was die kortloop, kortaksie Howa 1 500’s in 6.5 Grendel wat Die Koöperasie en Savuti uitgestal het. Hierdie gewere verkoop vir goed onder die R10 000 en die 6.5 Grendel is die ideale kaliber vir mediumklas wild in bosveldtoe­stande en sommige sportskiet­dissipline­s. Dis in staat om ’n 123grkoeël teen sowat 2 600vps te vuur. SA JAGTER/HUNTER behoort binnekort een van die gewere te toets.

Rigby se Highland Stalkergew­ere wat op Mauser-aksies gebou is, het my ook opgeval. Dis gebou op die klassieke Engelse styl en lekker lig – ideaal vir die stapjagter wat sy geweer meer dra as skiet. Die pryse, beginnende by sowat R130 000, is egter sodanig dat dit ’n mens sooibrand wil gee. Maar as ek ’n los geldjie gehad het, sou ek dit baie ernstig oorweeg het om een te koop.

Sauer se Model 100 (die L&O-groep is die agente) is nou uiteindeli­k hier beskikbaar. Dit is Sauer se intreevlak­geweer en die een wat ons op HuntEx afgeneem het, was voorsien van ’n gekleurde berkehoutk­olf. Dié Sauers se pryse is heel billik (net so knap in die R20 000’s) en die gewere is lekker lig en hanteer goed.

L&O is ook die agente vir Sig Sauer en ek het vir die eerste keer na die nuwe Sig Sauerteles­kope gekyk. Die Tango 4 in 6-24x50 wat teen sowat R16 500 behoort te verkoop lyk na ’n uiters goeie produk. Dit kom met ’n verligbare kruishaar in die eerste fokusarea ( first focal plane – FFP), taktiese stelknoppe en uiters goeie glas. Dis ’n teleskoop wat ons binnekort sal toets.

Ek het ook ’n interessan­te knaldemper van A-Tec, die Optima A-Lock onder oë gehad (L&O is ook die agente vir »

» A-Tecprodukt­e). Die nuwe model kan in drie dele uitmekaar geskroef word om aan te pas vir verskillen­de aanwending­s. Hierdie knaldemper word nie soos die gewones op ’n loop geskroef nie. Dit word bloot met ’n bajonet-tipe, draai-aksie van sowat 60° aan die loop gepas. Die voorste twee dele kan afskroef om dit vir ander kalibers te gebruik of vir ’n meer kompakte knaldemper. Dis ’n unieke konsep en ons sal beslis in die toekoms hierdie knaldemper toets.

G&G Varminting se Eugene van Niekerk en sy vennote was een van die kleiner uitstaller­s wat interessan­te produkte aangebied het. Wat die oog dadelik gevang het, was die unieke geweerruss­e wat op kwadfietse en bakkiedeur­e gemonteer kan word. Dit stel die skut in staat om met gemak vanaf hierdie voertuie wild uit te dun. Vir die plaasboer en mense wat gereeld wild moet uitdun, sal hierdie geweerruss­e beslis ’n groot aanwins wees.

G&G Varminting bemark ook die Aim-grendelkno­ppe vir Remington-gewere. Hierdie grendelkno­ppe bestaan uit twee dele en word bloot bo-oor die normale grendelkno­p aangeskroe­f. Dit werk uitstekend – ek het so ’n grendelkno­p van G&G Varminting op my Remington en is uiters tevrede. Eugene-hulle bemark ook Aim se mono-pod agterste geweerrus, blitsbreke­rs en sal binnekort ook spesiale geweerkolw­e beskikbaar hê. Dan verkoop hulle ook die baie akkurate JLKkoeëls (ons sal dit ook toets).

Wat boë betref, het ek twee interessan­te produkte raakgeloop. By Redge Grant se Archer’s Edge het ek die Benjamin Airbow van Crosman bekyk. Hierdie uhmm... “boog” skiet wel pyle maar werk eintlik soos ’n PCP-windbuks. Dit lyk kompleet soos die sogenaamde bullpup-gewere en gebruik saamgepers­te lug om ’n 375grvolle­ngte pyl teen 450vps te lanseer. Die bekende Amerikaans­e jagter Jim Shockey het ’n groot bisonbul daarmee doodgeskie­t. Die lugsilinde­r stel jou in staat om 8 skote te skiet (teen 450vps) voordat dit weer hervul moet word. En ja, dit klap soos ’n PCP-windbuks as jy die sneller trek. Diegene wat dus met pyle wil jag, maar verkies dat hul wapen steeds moet “bang” »

» maak, sal hierdie kompakte pylgeweer baie aantreklik vind. Hierdie pylgewere verkoop teen sowat R22 000.

By Magnum Archery waar Seppie Cilliers die kitaar slaan, het ek na die nuwe Ravin-kruisboog gekyk. Soos julle kan sien, is hierdie een uiters kompak, maar ten spyte daarvan lanseer dit ’n 400gr-pyl teen 390vps. Twee modelle is beskikbaar en een kan selfs 400gr-pyle teen 425vps lanseer.

Hierdie kruisboog het unieke veiligheid­smeganisme­s wat verhoed dat dit skiet tensy die pyl presies reg in posisie geplaas is. Om dié kruisboog te span is ook baie maklik en word met behulp van ’n verwyderba­re slinger gedoen. Wanneer die pyl in die snaar geplaas is hang dit ook byna heeltemal vry, wat wrywing verminder en so verseker dat die pyl die kruisboog teen maksimum snelheid verlaat.

Raymond Hoffman van die Cradle of Man-taksidermi­e naby Tarlton het unieke skietstokk­e uitgestal wat my dadelik opgeval het. Dis gemaak van koolstofve­sel, is uiters sterk en baie lig. Dit word deur middel van ’n klein koppelstuk aan die geweer geheg. Die skietstok self het ’n gemagnetis­eerde knop wat in die koppelstuk pas, so om dit te verwyder trek jy bloot ferm aan die skietstok en siedaar, dit kom vry! Vir die stapjagter is hierdie skietstokk­e ideaal. Ek het dadelik vir my sulke skietstokk­e gekry en dit al op ’n jag getoets direk na HuntEx. Ons sal daaroor berig in die Augustus-uitgawe.

Inyathi Sporting Supplies wat ’n groot verskeiden­heid produkte invoer, onder meer Nosler-en Hornady-produkte het ’n lekker ligte skietstoel uitgestal wat byval behoort te vind by voorsitski­eters wat gereeld springbokk­e en ander wild in die Karoo voorsit.

Ons motorborg, die Westvaalmo­torgroep het ook ’n paar baie netjiese Isuzu-bakkies uitgestal. Ek het ’n hele aantal manne sien watertand kyk na die mooi rooi “gevaarte” waarvan die foto hier verskyn.

Vasbyt tot volgende jaar, ons sien julle weer by die Gallagher Estate.

 ??  ??
 ??  ?? HEELBO: Ons tydskrif se stalletjie by HuntEx. 1. Marc Hillerman van die L&O-groep vertoon een van die nuwe Sig Sauer-teleskope. 2. Die Sauer Model 100 is nou uiteindeli­k beskikbaar in Suid-Afrika – ‘n lekker ligte jaggeweer. 3. A-Tec se nuwe...
HEELBO: Ons tydskrif se stalletjie by HuntEx. 1. Marc Hillerman van die L&O-groep vertoon een van die nuwe Sig Sauer-teleskope. 2. Die Sauer Model 100 is nou uiteindeli­k beskikbaar in Suid-Afrika – ‘n lekker ligte jaggeweer. 3. A-Tec se nuwe...
 ??  ?? Seppie Cilliers van Magnum Archery met een van die nuwe Ravinkruis­boë. Let op hoe kompak die kruisboog is. Hierdie kruisboë is geskik vir die jag van die meeste van ons antiloopso­orte.
Seppie Cilliers van Magnum Archery met een van die nuwe Ravinkruis­boë. Let op hoe kompak die kruisboog is. Hierdie kruisboë is geskik vir die jag van die meeste van ons antiloopso­orte.
 ??  ?? BO: Redge Grant van Archer’s Edge vertoon die Benjamin Airbow van Crosman. Hierdie “lugboog” werk met saamgepers­te lug en lanseer ‘n vollengte pyl van 375gr teen 450vps. Dis kragtig genoeg om groot wildsbokke op kortafstan­d te dood.
BO: Redge Grant van Archer’s Edge vertoon die Benjamin Airbow van Crosman. Hierdie “lugboog” werk met saamgepers­te lug en lanseer ‘n vollengte pyl van 375gr teen 450vps. Dis kragtig genoeg om groot wildsbokke op kortafstan­d te dood.
 ??  ?? BO EN LINKS: Mark Newton met Rigby se nuwe Highland Stalker. Dis ‘n pragtige Mauser-geweer met ‘n gladde aksie.
BO EN LINKS: Mark Newton met Rigby se nuwe Highland Stalker. Dis ‘n pragtige Mauser-geweer met ‘n gladde aksie.
 ??  ??
 ??  ?? G&G Varminting se Eugene van Niekerk wys hier hoe die Racken Rest (1) en die Quad Rest-geweerruss­e op onderskeid­elik (2) ‘n bakkiedeur en ‘n kwadfiets gebruik kan word. Hierdie geweerruss­e is uitstekend geskik vir die uitdun van wild. G&G Varminting...
G&G Varminting se Eugene van Niekerk wys hier hoe die Racken Rest (1) en die Quad Rest-geweerruss­e op onderskeid­elik (2) ‘n bakkiedeur en ‘n kwadfiets gebruik kan word. Hierdie geweerruss­e is uitstekend geskik vir die uitdun van wild. G&G Varminting...
 ??  ?? Nathan Fourie van Inyathi Sporting Supplies wys hoe die skietstoel werk wat hulle invoer.
Nathan Fourie van Inyathi Sporting Supplies wys hoe die skietstoel werk wat hulle invoer.
 ??  ?? Ons motorborg, die Westvaalgr­oep het ‘n paar mooi Isuzubakki­es kom uitstal op HuntEx.
Ons motorborg, die Westvaalgr­oep het ‘n paar mooi Isuzubakki­es kom uitstal op HuntEx.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Daar was hierdie jaar meer kunswerke en kunstenaar­s as vorige jare op HuntEx. Of ons hulle almal weer volgende jaar gaan sien, is ‘n ope vraag.
Daar was hierdie jaar meer kunswerke en kunstenaar­s as vorige jare op HuntEx. Of ons hulle almal weer volgende jaar gaan sien, is ‘n ope vraag.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa