SA Jagter Hunter

’n Boerboel vir elke dag

Boerboel se nuwe Kalahari-reeks laat die koppe draai.

- Deur JACQUES BOSHOFF

Ek glo baie mense sal saamstem as ek sê dat Boerboel as ’n handelsmer­k ’n groot rolspeler in die jagen buiteleweb­edryf geword het. Toe hulle camo- klerereeks bekend gestel is, het dit opslae gemaak. Baie mense was beïndruk met Boerboel se moderne aanslag en hulle byderwetse snitte het die koppe laat draai. Met die bekendstel­ling van hulle nuwe Kalahari-klerereeks was dit weer die geval.

Vir ’n jagter wat dalk eenkeer per jaar ’n jagtog aandurf, maak dit nie altyd sin om ’n hoop geld te spandeer op toegewyde jagklere nie. Ek glo Boerboel het juis dié jagters in gedagte gehad toe hulle die Kalahari-reeks ontwikkel het. Hierdie indruk is bevestig toe SA JAGTER/HUNTER onlangs ’n paar produkte van Boerboel ontvang het om te toets. Een van dié produkte was hulle nuwe Kalahari-baadjie. Met die eerste oogopslag was ek beïndruk daarmee bloot omdat dit nie die tipiese dik opgestopte of soft-shell- tipe baadjie is nie. Jy kan hom dus in die bos dra, want hoe erg moet jy nou gekamoefle­er wees as jou gids met ’n blou oorpak voor jou stap? En as jy so net na sewe-uur die oggend by Midrand se Ultra City stop vir ’n koppie koffie, kyk die mense wat ge- suit en ge- tie is jou nie té vreemd aan nie. (Hoewel, as ek een van die manne in werksklere is en ’n ou in kamoefleer­drag sien, dink ek altyd hoe gelukkig hy is.)

Die baadjie is binne uitgevoer met pluisstof ( fleece) wat beteken dat hy steeds lekker snoesig is, al is hy nie só warm soos die normale bosbaadjie­s nie.

Ons het ook ’n Kalahari Techbroek gekry om na te kyk. Dié broek is van ’n 100% poliësterm­ateriaal gemaak. Sommige mense, soos veral sportmanne, verkies hierdie seil-tipe broeke, maar ander mense hou weer glad nie daarvan nie. Die materiaal het egter baie voordele; dit is duursaam, kreukelvry, liggewig, neem min pakplek in beslag en is kleurvas (dit verbleik nie gou nie). Poliëster word vinniger droog as katoen, wat ook beteken dat sweet makliker van die vel af geabsorbee­r word. Ek is ’n bietjie ouderwets en hou van katoenbroe­ke, maar hoe meer ek die Kalahari Tech-broek dra, hoe meer hou ek daarvan.

Wat my wel van die begin af baie van dié broek laat hou het, is die sakke. Boerboel het gesorg dat daar aan beide kante twee sakke is wat met ’n voering van mekaar geskei word. Dit beteken jy kan jou sleutels, knipmes en selfoon en alles links of regs bêre sonder dat dit in een sak teen mekaar skuur en só beskadig.

Indien jy weet jy gaan hierdie broek vir meer as een seisoen dra, kan jy dit in ’n nommer of twee groter as jou normale nommer aanskaf. Die broek het ’n unieke verstellin­g om die middel, wat beteken hy sal jou perfek pas, selfs al het jy jou té veel aan Mamma se kos verlustig.

Boerboel het ook hulle bestaande kamoefleer­dragreeks ’n bietjie uitgebrei met onder meer die nuwe Performanc­e Top wat beskikbaar is in hulle normale kamoefleer­patrone. Vir die jagveld verkies ek om klere in lae aan te trek, pleks van ’n hemp en ’n dik bosbaadjie. Die Performanc­e Top is lekker warm, maar ook lig, wat handig is as jy hom moet uittrek en saamdra sodra die son warm word.

Ek dink dis so duidelik soos daglig dat Boerboel hier is om te bly. Met hulle moderne aanslag en hulle nuwe Kalahari-reeks glo ek hulle sal die idee dat kakieklere vir die ouer generasie bedoel is, verander. * Boerboel Wear is groothande­laars en verskaf nie direk aan die publiek nie. Vir meer inligting oor waar jy hulle klere kan kry, besoek gerus hulle webblad by www.boerboelwe­ar.co.za

 ??  ?? Boerboel se Kalahari-baadjie is beskikbaar in dié kleur en ‘n sagte liggeel-groen.
Boerboel se Kalahari-baadjie is beskikbaar in dié kleur en ‘n sagte liggeel-groen.
 ??  ?? Hier is Boerboel se Performanc­e Top in swart, dis ook beskikbaar in die verskillen­de kamoefleer­patrone.
Hier is Boerboel se Performanc­e Top in swart, dis ook beskikbaar in die verskillen­de kamoefleer­patrone.
 ??  ?? Die cargo- tipe Kalahari Tech-broek.
Die cargo- tipe Kalahari Tech-broek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa