SA Jagter Hunter

’n Nuwe Calibre in jou kas

Met hul kamoefleer­drag slaan Calibre die spyker op die kop.

- Deur JACQUES BOSHOFF

Sommige van ons ken Calibre as die vervaardig­er van mooi en goeie gehalte T-hemde waarop pragtige Afrika- en wildtemas pryk. By vanjaar se HuntEx in Midrand het die manne van Calibre feesganger­s aan die gons gehad met die bekendstel­ling van onder meer hulle kamoefleer­drag. Op die oog af het dit indrukwekk­end gelyk en ek was opgewonde om ’n broek, langmouhem­p, hulle weergawe van die parka-baadjie, ’n keps en ’n soft-shell- baadjie te kry om van naderby te ondersoek.

Soos wat ek van die Calibrehan­delsmerk verwag het, is die klere van hoë gehalte en duidelik duursaam. Die kamoefleer­patroon wat hulle gebruik, is nie juis buitengewo­on nie, maar dis wel effektief en al wat ’n mens nodig het. Die kamoefleer­patrone is ook ’n ligter skakering as dié van sommige ander vervaardig­ers. Elke kamoefleer­patroon het sy voor- en nadele en die donkerder skakering sal beter werk in skaduryke gebiede. Hoekom ek van die ligter skakerings hou, is omdat dit goed werk in die bosveld waar ek die meeste van my jagtogte doen. Die gras daar is lekker lank en hierdie klere smelt goed saam met die ligte kleur van die gras. Maar so het elke jagter sy voorkeure, nè? Persoonlik dink ek nie dat dit ’n groot verskil maak wát jy dra nie, solank jy nie te veel geraas maak nie en die windrigtin­g dophou.

Hoe langer ek die klere gedra het, hoe meer het ek besef dat Calibre hulle huiswerk behoorlik gedoen het voordat hulle die nuwe reeks bekend gestel het. Die broek se materiaal is sag en raas nie wanneer jy deur gras en jong sekelbossi­es beweeg nie; anders as wat die geval is met broeke wat van ’n harde of stywe materiaal gemaak is. Soos die meeste jagbroeke, is Calibre s’n ook ’n gevegstipe (combat) broek. Die heupsakke is lekker diep, soos ek daarvan hou. Daar is ook ’n sak aan elke kant op die bobene.

Die sakke werk met knope en nie met velcro nie. Dit beteken jy kan in die veld sag-sag jou sakke oop en toe maak. Ek het nie een jagbroek in my kas wat nog al sy knope het nie, om een of ander rede hou knope op my jagbroeke net nie. Calibre het die probleem opgelos deur die knope aan die broek te heg met ’n sterk materiaalb­and wat met ’n dubbelstik­sel aan die binnekant vasgewerk is. Onderaan die broek is ook ’n verstelbar­e rek om die pype toe te maak indien jy dit sou verkies.

Die langmouhem­p is soos die broek ook baie prakties en het twee borssakke wat met velcro vasmaak. Verder is daar twee knope op die mouboordji­es (cuffs) sodat ’n mens dit kan verstel om jou beter te pas.

Die parka-baadjie het my by verre die meeste beïndruk en vir die eerste keer in my lewe het ek hierdie winter twee goed om na uit te sien – lekker jagtogte en ’n lekker baadjie om te dra. Soos

met die broek, het Calibre weer gesorg vir diep sakke. Die baadjie het ook ongeloofli­k baie sakke. Die normale cargo- tipe sakke, net bo die heup, maak met twee klein velcro- lappies vas. Om jou hande weg te steek vir die koue, het jy twee keuses: jy kan dit óf in ekstra sakke agter die heupsakke druk óf jou hande in die sakke sit wat beide kante van jou ribbekas geleë is en met ’n ritssluite­r toemaak.

Maar dis nie al nie, daar is ook ’n versteekte sak binne die baadjie wat toerits. Dan is daar nóg ’n sakkie, wat my persoonlik­e gunsteling is. Hy is op die borskas links en maak oop en toe deur middel van ’n klein magneetjie. Dit is ideaal vir ’n klein verkykertj­ie of ’n afstandmet­er wat ’n mens geluidloos kan bêre en uithaal wanneer dit nodig is. Ek moet wel waarsku dat dit nie ’n goeie idee is vir iemand wat ’n pasaangeër dra om ’n magneet so naby aan die hart te hê nie. Ek is nie ’n hartspesia­lis nie, maar meer as een persoon het my daaroor gewaarsku, so hou dit in gedagte. Ek glo almal sal saamstem dat ’n mens nie mediese probleme wil hê 300km van die naaste hospitaal af nie.

Die soft-shell- baadjie is net so ’n unieke produk. Calibre het bruin materiaal op die skouers aangebring om die ergste kamoefleer­patroon ’n bietjie te breek. Dus dra die baadjie lekker saam met ’n denim, aangesien dit nie ten volle kamoefleer­drag is nie.

Hoewel jy altyd eers klere moet aanpas voordat jy na die betaalpunt stap, is Calibre se klere baie vergewensg­esind. Ek is ’n lang man en sukkel maar altyd met broeke, langmouhem­de en baadjies. Ek het kleiner as my normale groottes gevat en alles het perfek gesit. Die Calibre-broek het soos ’n ware langbroek aan my gesit en nie gelyk soos ’n kort langbroek of ’n lang kortbroek nie, soos wat gewoonlik die geval is.

Ek het al gesien hoe vervaardig­ers baie moeite doen met die ontwerp van die kamoefleer­patroon en dan is die materiaal nie van goeie gehalte nie, of ’n mens kan sien die klere is goedkoop/ swak aanmekaar gesit en dat daar geen moeite gedoen is om dit uniek te maak nie. Dit kan ’n mens verseker nie van die Calibre-klere sê nie. Jy kan dadelik sien daar is baie moeite gedoen, van die ontwerp van die kamoefleer­patroon af tot die kleinste details soos ’n dubbelstik­sel op sakknope. Calibre het verseker die spyker op die kop geslaan en ek is opgewonde om te sien wat hulle in die toekoms gaan bemark. * Vir meer inligting kontak Musgrave Agencies by 031-3131400 of besoek Calibre se Facebook- blad vir ’ n lys van handelaars wat reeds voorraad het van hulle klere.

 ??  ?? Hier kan ‘n mens sien hoe goed die ligte skakerings van die Calibre-klere die jagter laat “wegraak” in grasveld.
Hier kan ‘n mens sien hoe goed die ligte skakerings van die Calibre-klere die jagter laat “wegraak” in grasveld.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Alhoewel lig soms die kamera se oog fnuik, is dit duidelik dat die Calibre-klere se kamoefleer­patroon ook in skaduwee werk.
Alhoewel lig soms die kamera se oog fnuik, is dit duidelik dat die Calibre-klere se kamoefleer­patroon ook in skaduwee werk.
 ??  ?? Kyk hoe goed smelt Calibre se kamoefleer­patroon saam met die boombas.
Kyk hoe goed smelt Calibre se kamoefleer­patroon saam met die boombas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa