SA Jagter Hunter

CrossAfric­a Camo

- Deur KOOS BARNARD

Dié nuweling beïndruk met sy goeie kwaliteit, lekker-dra jagbroek.

Cross Africa Camo is ’n relatiewe nuwe naam in die kamoefleer­klerebedry­f en dis ’n maatskappy waarvan die produkte plaaslik vervaardig word – in Hammanskra­al, noord van Pretoria. ’n Verskeiden­heid produkte word aangebied, van hemde, langbroeke, langmou-pluisstoft­oppe ( sweaters), dik baadjies, kinderkler­e tot boshoede en pette.

Ons het ’n hemp, broek en ligte pluisstoft­op van naderby bekyk. Cross Africa Camo se kamoefleer­patroon simuleer die winterdrag van bosveldbom­e en die patroon is op kakiekleur­ige materiaal gedruk. Ek sal later uitwei oor die geskikthei­d van die kleur en kamoefleer­patroon.

Die kortmouhem­p (van katoen) wat ons gedra het, het borssakke wat met knope vasmaak en daar is ’n Cross Africa Camo-embleem bo die linkersak. Dis ’n lekker koel hemp wat gemaklik dra. Die kakiekleur­ige agtergrond is ligter as dié van die broek.

Soos gebruiklik met die meeste jagklere is die broek van die gevegstipe ( combat pants) met heupsakke en sakke op die bobene. Die sakke op die bobene het flappe wat met knope vasmaak sodat items wat jy daarin wil bêre nie kan uitval nie. Soos alle tipe gevegsbroe­ke het dit lekker breë lusse aan die lyfbandged­eelte sodat jy ’n breë belt/gordel kan dra. Die broek maak toe met behulp van ’n ritssluite­r en ’n knoop. Dan het die broek ook ingeboude kamaste ( putties of gators) en ’n rek wat onderom die voet gaan om die kamaste in plek te hou (meer hieroor later).

Ek was regtig beïndruk met die broek. Dis van baie sterk materiaal gemaak, het my perfek gepas en dra uiters gemaklik. Hierdie is beslis ’n broek wat jy met groot gemak die hele dag lank sal kan dra.

Daar is ’n hele paar vervaardig­ers/bemarkers wat ingeboude kamaste/ putties aan hulle langbroeke laat aanbring, maar volgens my is dit ’n foefie wat nie werk nie. Ek het in die verlede al heelparty sulke broeke getoets, maar onmiddelli­k die ingeboude putties verwyder. My hoofpunt van kritiek is dat dit nie in enkelhoogt­eskoene/stewels pas nie en ek hou nie van die rek om my voet nie. By die meeste van die broeke wat sulke ingeboude putties gehad het, was die totale pyp dan te lank en het die rek wat om jou voet moet gaan, heeltemal pap gehang – dis ook die geval met die Cross Camo-broek. Daar is seker mense wat van hierdie ontwerp hou, maar ek is nie een van hulle nie. Ek verkies om los putties te dra.

Hoe dit ook al sy, die Cross Africa Camo-broek is een wat ek beslis aanbeveel.

Die langmou-pluisstoft­op is ideaal vir koel weer wanneer jy nie ’n dik baadjie wil gebruik nie. Ek sou dink dat dit ook ideaal is om oor ’n T-hemp aan te trek terwyl jy jag. Hierdie top het geen sakke nie, maar ’n ritssluite­r by die kraag.

Na my mening is die kleure wat Cross Africa Camo in hul kamoefleer­patroon gebruik ’n bietjie aan die ligte kant, wat die aanwending daarvan beperk tot sekere tipes terreine. In normale bosveld vertoon hierdie kleure effens te lig na my sin. Dit sou meer geskik wees vir grasveld en terreine waar daar ’n amper totale afwesighei­d van groen is. Kyk na die foto’s en julle sal sien wat ek bedoel. * Vir meer inligting oor Cross Africa Camo se produkte, besoek gerus hul webblad by www.crosscamo.co.za of e-pos Tienus by Tienus@crosscamo. co.za

 ??  ?? Op hierdie drie foto’s kan gesien word hoe die kamoefleer­patroon in verskillen­de tipes bosveld lyk. Die ligte kleur van die kamoefleer­patroon beperk die aanwending daarvan tot sekere veldtipes.
Op hierdie drie foto’s kan gesien word hoe die kamoefleer­patroon in verskillen­de tipes bosveld lyk. Die ligte kleur van die kamoefleer­patroon beperk die aanwending daarvan tot sekere veldtipes.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Cross Africa Camo se kamoefleer­patroon simuleer die bosveldse winterkleu­re.
Cross Africa Camo se kamoefleer­patroon simuleer die bosveldse winterkleu­re.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa