SA Jagter Hunter

Jeep, die DKWoplossi­ng

Jeep gaan orals saam, of jy nou dans, kerk of werk toe gaan.

- Deur JACQUES BOSHOFF

Die Jeep-handelsmer­k is al jare lank bekend vir sy hoëkwalite­it-produkte. Met hulle reeks skoene het hulle verseker dieselfde wenresep gevolg.

Ons het in die verlede hulle jagstewels, die Namib en Kalahari, onder die vergrootgl­as gehad en was baie tevrede met die resultate. Soveel so dat die paar Namibs steeds die eerste ding in my tas is wanneer ek die jagveld aandurf. Onlangs het ek hulle Legend-stewels ontvang om te toets en ek was weereens nie teleurgest­eld nie. Maar kom ek begin by my eerste indrukke.

Ek moet bieg ek het nog nooit tevore daaraan gedink om hierdie tipe stewel, met die rekbare band aan beide kante van die skoen, vir myself te koop nie. Ek hou daarvan as my skoene lekker stewig sit (ek dra byvoorbeel­d ook nie oop sandale nie) en ek het altyd gedink sulke stewels sit baie los. Dis totdat ek die Legend aangepas het en besef het dit is glad nie die geval nie, of moet ek sê, die gevóél nie. Jeep gee ’n ekstra paar binnesole wat juis verhoed dat die skoen nie los pas nie. Ek kon ongelukkig nie die ekstra paar gebruik nie, want dan was die skoen té styf. Ek wens egter ek kon, want die sole bied ’n nóg sagter kussing onder jou voet en is baie gemaklik wanneer jy stap.

Tydens die eerste proeflopie het ek sommer dadelik my lekker dik Falke-kouse uit die kas gaan haal. Ek het in die verlede al lelike stelle afgetrap met nuwe skoene. Maar nadat ek die Legends die eerste keer heeldag gedra het, was ek baie beindruk toe ek hulle die aand uittrek. My voete het nie daardie dankie-tog-ons-kry-lug gevoel gehad nie. Dit het eintlik gevoel of ek daardie dag glad nie skoene gedra het nie. En net daar het die Legends my DKW-skoene geword.

Nietemin het hulle wel so ’n bietjie inbreektyd nodig gehad toe ek die eerste keer dun sokkies gedra het, maar dit was net tydelik en nou is hulle en enige paar sokkies groot maats.

Een belofte wat Jeep oor hul Legends maak, is dat dit waterdig is en ek kan met eerlikheid sê dit is die waarheid. Ek het met die hele voorste deel van een van my skoene binne-in ’n dam getrap nadat ’n klein gedeelte van die wal meegegee het, maar my kous en voet het kurkdroog gebly. Dit was ook die geval toe ek vroegoggen­d in die veld deur nat gras geloop het. Die elastiese deel aan die kant van die skoene het wel lekker nat geword, maar my voete nie.

Hierdie stewels se sool het my ook beïndruk. Hoewel hulle nie noodwendig die sagste sluip in die veld verseker nie, is hulle ideaal wanneer jy op nat, rotsagtige terrein jag. Ek het hulle gedra tydens ’n rooibokjag in die Waterberge en hul goeie traksie (vastrap) was ’n groot voordeel. Tog is die Legends se loopvlakpa­troon nie só aggressief soos ander stewels s’n nie en dra jy dus nie die beeskraal saam met jou die huis in nie.

Dra jy egter dié skoene is kamaste ( putties/gators) ongelukkig ’n moet, want die stewel trek oop by jou enkels wanneer jy op jou hurke saggies onderdeur takke wil beweeg.

Omdat hierdie skoene nie veters het nie maak hulle maklik skoon en hulle lyk ook goed; jy kan hulle byvoorbeel­d saam met jou gunsteling-denim dra sonder om vreemde kyke van vroulief te kry.

Ten slotte, die Legends is vir iemand wat nie R1 500 wil spanspande­er op skoene wat slegs as jagstewels gebruik kan word nie, maar iets soek waarmee hulle ook dans, werk en kerk toe kan gaan. Dis wat ek gedoen het en ek vermoed my Namibstewe­ls gaan dalk vanjaar by die huis bly wanneer ek gaan jag. * Jeep-skoene is beskikbaar by handelaars landwyd, maar indien jy hulle nie kan opspoor nie, kontak Footwear Trading by 011-630-4000 of stuur ’n e-pos aan ftrading@gbsa.co.za

 ??  ??
 ??  ?? Kamaste is ‘n moet saam met die Legends om grassade en klippies uit die skoene te hou. Op die foto is Sniper se kamaste.
Kamaste is ‘n moet saam met die Legends om grassade en klippies uit die skoene te hou. Op die foto is Sniper se kamaste.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa