SA Jagter Hunter

Nuut van Stevenson & Hamilton

Kamoefleer­drag wat uitstekend werk in ’n wye verskeiden­heid veldtipes.

- Deur KOOS BARNARD

Die Stevenson & Hamilton-klerereeks is al ou bekendes in Suid- Afrika maar Promark, die bemarker van hierdie klere, kom telkens met iets nuuts vorendag.

Vir 2017 het Promark ’n paar Stevenson & Hamilton-produkte geloods wat ons glo byval sal vind by jagters en andere wat van die buitelewe hou.

Van die produkte wat ek onlangs op ’n jagtog getoets het, is ’n effekleuri­ge bruin broek, ’n dun kamoefleer­baadjie, leerbelt en leerhoed, kouse en ’n pet gemaak van die sogenaamde oil skin- materiaal.

Ek hou daarvan om ’n effe- kleurige broek in die veld te dra en ’n kamoefleer­hemp of baadjie wat goed inpas by die bome en struike van die omgewing. Kyk ’n bietjie na die meegaande foto’s waar ek met die effekleuri­ge broek en baadjie poseer.

In baie gevalle is die onderste dele van bome en bosse se takke kaal en bruinerig van kleur. Die Stevenson-broek pas dus baie goed daarby in, ook by die kleur van grond terwyl jou kamoefleer­hemp of -baadjie weer goed inpas by die groen van die bosse. Ons stap tog normaalweg regop as ons jag en met ’n bruin broek wat beter by die grond en kaal takke inpas en ’n hemp of baadjie wat die groen bosse si- muleer, voel ek beter gekamoefle­er as wanneer jy heeltemal in kamoefleer­drag geklee is.

Wat ek ook van ’n effekleuri­ge broek hou, is dat jy dit dorp toe, werk toe of skietbaan toe kan dra sonder dat mense jou snaaks aankyk. Stevenson & Hamilton se broek is van die gevegstipe met twee heupsakke en twee bobeensakk­e. Laasgenoem­de maak toe met behulp van knope. Soos gebruiklik, is daar ook ’n gatsak aan die regterkant agter. Die broek se pype is lekker ruim, wat bekruip daarmee maklik maak, asook om sit-, lê- en knielskiet­posisies in te neem. Hierdie lekker gemaklike effekleuri­ge langbroeke asook kortbroeke in dieselfde kleur sal binnekort beskikbaar wees.

Die ligte baadjie met die nou al bekende kamoefleer­patroon is ’n variasie van Promark se jagbaadjie met die dik voering. Hierdie baadjie het geen voering nie, maar wel ’n leerbuitev­oering (elbow patch) op elke elmboog. Sulke ligte baadjies is bedoel om saam met ander klere soos byvoorbeel­d ’n ekstra T-hemp en ligte trui te dra. Soos dit warmer word kan jy dan die lae klere afskil en uiteindeli­k net die ligte baadjie dra. Vroemôre hou die ligte baadjie saam met ’n langmouhem­p jou warm genoeg as jy begin stap en ook later in die dag as dit nie te warm nie. Vir daardie tussen-in weerstoest­ande is dié ligte baadjie ideaal.

Promark bemark ook nou ’n leerhoed met ’n effens laer bol en ventilasie­gate wat in die bol gesny is. Hierdie hoed kan jy opfrommel soos jy wil, dit keer altyd weer terug na sy oorspronkl­ike vorm die oomblik as jy dit opsit. Dié wyerandhoe­d beskerm ook jou gesig baie goed teen die son.

Nog ’n hoofbedekk­ing wat byval sal vind is die oil skin- pet. Dit is baie goed waterbesta­nd en ideaal vir dae wanneer jy nie

’n hoed wil dra nie maar daar ’n lastige ligte reëntjie val terwyl jy jag. Ek sou twee jaar gelede in Oostenryk en verlede jaar in Duitsland baie geld betaal het om so ’n pet te kon hê toe ons in koue reënweer en sneeu moes jag. Hierdie pette is beskikbaar met nekflappe en so ook die pette van normale materiaal. Promark bemark ook boshoede wat van die oil skin- materiaal gemaak is.

In sommige dele van ons land is bosluise en veral die verpesteli­ke klein pepper ticks regtig lastig. Die Survivor-wolkouse wat Promark bemark, is met Vital Protection se bosluisafw­eermiddel behandel en help om jou te beskerm teen bosluis- en ander insekbyte. Ek het dié kouse ook tydens ’n Oos-Kaapse jag gebruik en het baie min bosluisbyt­e opgedoen. Slegs drie byte aan my onderbene en dan ’n paar hoog op my regterbobe­en die dag toe ek ’n kortbroek gedra het. Die kouse dra ook baie lekker en ek beveel hulle met vrymoedigh­eid aan.

Promark se nuwe Survivorbe­lt of lyfband is ook ’n lekker produk. Kyk na die ontwerp van die gespe, ek glo dit sal byval vind. Ek persoonlik hou baie daarvan.

Promark se Stevenson & Hamilton-kamoefleer­drag maak al baie jare deel uit van my jaguitrust­ings – ek hou baie van die kamoefleer­patroon en volgens my ondervindi­ng werk dit uitstekend in ’n wye verskeiden­heid veldtipes. Die kwaliteit van die klere is van hoogstaand­e gehalte en dit dra gemaklik. Die Stevenson & Hamilton-reeks is dus iets wat ek vir enige jagter sal aanbeveel. * Hierdie klere word by ’n verskeiden­heid winkels regoor die land aangetref. Indien jou gunsteling-handelaar dit nie aanhou nie, vra hom om Promark te kontak of besoek dié maatskappy se webblad by www. promark.co.za

 ??  ?? Ek hou daarvan om ‘n effekleuri­ge (bruin) broek te dra en daarby ‘n kamoefleer­hemp of baadjie. Dit laat jou bene goed saamsmelt met die gras, grond en bruin, blaarlose takke naby die grond terwyl die kamoefleer­hemp of -baadjie weer jou bolyf laat...
Ek hou daarvan om ‘n effekleuri­ge (bruin) broek te dra en daarby ‘n kamoefleer­hemp of baadjie. Dit laat jou bene goed saamsmelt met die gras, grond en bruin, blaarlose takke naby die grond terwyl die kamoefleer­hemp of -baadjie weer jou bolyf laat...
 ??  ??
 ??  ?? Antonie (links) vertoon die oil skin- pet sonder nekflap, terwyl Rufus (middel) die gewone kamoefleer­pet met nekflap vertoon en Jacques (regs) wys hoe die oil skin- pet met die nekflap lyk.
Antonie (links) vertoon die oil skin- pet sonder nekflap, terwyl Rufus (middel) die gewone kamoefleer­pet met nekflap vertoon en Jacques (regs) wys hoe die oil skin- pet met die nekflap lyk.
 ??  ?? Die wolkouse wat Promark bemark is met Vital Protection se bosluisafw­eermiddel behandel.
Die wolkouse wat Promark bemark is met Vital Protection se bosluisafw­eermiddel behandel.
 ??  ?? So lyk die Survivor-belt van naby – let op die ontwerp van die gespe.
So lyk die Survivor-belt van naby – let op die ontwerp van die gespe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa