SA Jagter Hunter

Sniper, die betroubare

Sniper hou aan om hul wenresep te verbeter.

- Deur JACQUES BOSHOFF

In my oë is Sniper die maatstaf van die kamoefleer­dragindust­rie. Ek het onlangs ’n draai gemaak by hulle kantore in Johannesbu­rg en was stomgeslaa­n oor die aantal produkte en proto-tipes wat nooit die rakke gehaal het nie, of wat vir ’n rukkie op die rakke was en toe met ’n verbeterde produk vervang is. Ek kan met eerlikheid sê dat Sniperprod­ukte déúr jagters vír jagters gemaak word en dat elke klein aanpassing of veranderin­g met goeie rede gedoen word. Dis goed om te sien hoe Sniper aanhou om hul reekse uit te brei tot die voordeel van jagters wat die volgende stukkie biltong of lewenslang­e herinnerin­g in die veld “bekruip”.

Sniper het onlangs aan SA JAGTER/HUNTER ’n paar produkte gegee om ons mening daaroor te hoor. Al dié produkte was in hulle populêre 3Dkamoefle­erpatroon. Ek dink die meeste Suid-Afrikaanse jagters ken al Sniper se kamoefleer­produkte, so ek gaan nie té veel daarop uitbrei nie. Al wat ek daaroor sal sê, is dat dit die ideale patroon is vir jag in terreine waar daar baie lig en skaduwees is, want die donker skakering help ’n mens om teen die veldagterg­rond te “verdwyn”. Die 3D-patroon werk nie so goed in ligkleurig­e grasveld nie, maar nou ja, soos die Engelse sê, horses for courses. En net soos die wind, terrein en kykwaar-jy-trap jou onsigbaarh­eid vir die dier beïnvloed, só ook tel jou kamoefleer­drag in jou guns, al dan nie.

Die eerste produk waarna ek gekyk het, was ’n gevegslang­broek (combat pants). Net so ’n bietjie agtergrond, ek is net oor die twee meter lank en dra op ’n goeie dag ’n nommer 36-broek. Nou, manne wat soos ek ook lengteslag­offers is, sal verstaan dat langbroeke en langmouhem­de ’n nagmerrie is en dat jy meer teleurstel­lings as suksesse beleef as jy gaan klere koop. Soveel so dat ek maar oorgeslaan het na lekker hoë jagstewels om die hoeveelhei­d klitse in my kouse te beperk as ek met ’n langbroek jag.

Só druk die Sniper-man die broek in my hand en probeer vir my verduideli­k dat ek hom baie sal geniet. Ek staan en dink so by myself, “Ja-ja, sê jý wat ’n lekker normale lengte is...” Wat my toe ook verder benoud maak, is die feit dat daar nie aanpashokk­ies is nie en dat die broek boonop ingeboude kamaste (gators) het wat met ’n rek binne-in jou skoen, onderom jou voet pas, juis om die klitse uit te hou. Tot my grootste verbasing ooit, pas die broek toe perfek en selfs al sit ek op my hurke, bly hy gemaklik en trek nie op of span té styf nie. As ek met sommige van my ander langbroeke op my hurke sit, lyk dit kompleet asof ek ’n driekwartb­roek aan het.

Kyk, hierdie broek, soos die meeste jagbroeke, is gebaseer op die cargo- tipe snit. Die twee sakke op die bobeen-gedeelte is aan die een kant vasgewerk en maak met een knoop oop of toe. Dit verseker dat, indien jy vergeet om die knoop toe te maak, die inhoud van die sak nie maklik sal uitval nie en glo my, ’n mens soek moeilik na iets op ’n 1 000 hektaar-plaas. Velcro sal jou dalk vinniger toegang tot die sak se inhoud gee, maar dit maak ook ’n geraas. Die een knoop werk dus perfek – dis geluidloos en neem gouer as om twee knope los te maak.

Iets waarvan ek baie hou, is die breë groen velcro- strook wat aan die binnekant van die regterkant­se sak vasgewerk is. Sniper stel binnekort ’n patroonsak­kie bekend wat jy aan dié velcrostro­ok kan heg. Dit beteken die

dae van patrone se geklingel in jou sakke is verby en jy hoef ook nie meer een patroon in elke beskikbare sak te sit nie. Ons almal weet ook dat met al die katoeters wat ’n mens deesdae saamdra, die plek in jou belt beperk is. Soms is belde só vol katoeters gepak dat jy nie meer jou geweer oor jou skouer kan dra sonder dat die kolf teen iets skuur nie. Só ’n sakkie sal dus baie handig wees.

Ons het ook Sniper se weergawe van die parka-baadjie gekry om te toets. Met dié baadjie sien ek sommer weer kans vir ’n jag op Jagersfont­ein tydens ’n koue front. Ek hou van die feit dat die baadjie by die moue lekker sag seël met die hulp van ’n ingewerkte band om die gewrigte. Dis baie effektief om koue lug uit te hou. Die baadjie het die normale sakke waaraan ’n mens gewoond is en daar is ook twee sakke op die bors wat met ritssluite­rs toemaak. Dan is daar ’n binnesak en plek vir jou hande agter die onderste twee sakke.

Die flap wat die baadjie se rits toemaak, werk met knope. Ek verkies egter velcro hier, aangesien dit makliker sal wees om oop en toe te maak.

Die baadjie se moue is nie so dik soos die lyfgedeelt­e nie, wat dit ’n bietjie gemakliker maak om te dra, want jy voel nie soos die Oros-mannetjie nie.

’n Nuwe blink idee wat Sniper met hierdie baadjie gehad het, is die helderoran­je waterweren­de sakkie waarin jy jou opgerolde baadjie kan bêre. Dis ideaal, want om jou mooi gekamoefle­erde baadjie, wat jy in ’n boom gehang het, later weer te kry, kan dalk moeilik wees. Of as jy jou baadjie agterop die bakkie los wanneer jy in die veld afgelaai word, verhoed die drasak dat jy hom aan die einde van die dag terugkry, bedek met bloedspats­els of fyn stof wat jou neus laat jeuk.

Die baadjie het nie ’n kappie nie. Ek haal gewoonlik dadelik die kappies van my baadjies af, want dit irriteer my, maar ek weet daar is mense wat ’n kappie verkies.

Ek het ongelukkig nie genoeg tyd tot my beskikking gehad om dié klere in die veld te toets nie, maar ek glo die meeste mense weet teen hierdie tyd dat jy die gehalte van ’n Sniper-produk kan vertrou en dat dit nie na jou eerste kennismaki­ng met ’n apiesdorin­g tot niet sal wees nie. Ek het ’n stel Sniper Shadowkamo­efleerdrag wat ek jare gelede al gekoop het en dit gee steeds baie goeie diens.

Weereens, welgedaan aan die mense van Sniper wat aanhou uitbrei en ontwikkel en aan ons as jagters praktiese, bekostigba­re en goeie gehalte klere bied. * Vir meer inligting oor Sniper se produkte, skakel 011-8341289 of besoek hulle webwerf by www.sniperafri­ca.com

 ??  ?? Sniper se kamoefleer­drag in aksie. Dié maatskappy het duidelik ‘n wenresep (Foto: Sniper).
Sniper se kamoefleer­drag in aksie. Dié maatskappy het duidelik ‘n wenresep (Foto: Sniper).
 ??  ?? Die helderoran­je waterweren­de sakkie waarin die Sniper-baadjie voorsien word.
Die helderoran­je waterweren­de sakkie waarin die Sniper-baadjie voorsien word.
 ??  ?? LINKS: Hierdie foto is geneem waar ek op my hurke sit. Let op die broek sit steeds laag genoeg.
LINKS: Hierdie foto is geneem waar ek op my hurke sit. Let op die broek sit steeds laag genoeg.
 ??  ?? REGS: Die velcrostro­ok waaraan jou patroonsak­kie lekker stewig kan heg.
REGS: Die velcrostro­ok waaraan jou patroonsak­kie lekker stewig kan heg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa