SA Jagter Hunter

Hell’s Canyon Browning

As jy nie hou van koud kry in die jagveld nie, het Browning nét die klere vir jou.

- Deur KOOS BARNARD

Baie mense dink seker dadelik aan gewere en haelgewere as hulle die naam Browning hoor. Dié Amerikaans­e maatskappy bemark egter ook baie ander skiet- en jagbybehor­e waaronder verskeie klerereeks­e.

Ons het onlangs Browning se Hell’s Canyon Ultra-Lite-baadjie en -broek getoets. Hierdie klere word plaaslik deur Safari Outdoor bemark en verkoop.

Amerikaans­e winters is baie kouer as ons s’n en die UltraLite-reeks is bedoel vir koel Amerikaans­e weer of dit kan in kombinasie met ander warm klere gedra word. In Suid-Afrika sal ons dit sommer in die middel van die winter kan dra. Die eienskap van dié klere wat jou dadelik opval, is dat dit winddig en waterbesta­nd is. Let wel, nie waterdig nie, slegs waterbesta­nd. Dit beteken die klere sal jou droog hou in ligte motreën of tydens een van daardie ysreënbuie waarvoor die Karoo en dele van die Wes-Kaap so bekend is. Ek is seker ’n goeie klomp van ons lesers het al so iets beleef tydens ’n springbokv­oorsitskie­t.

Behalwe dat die Hell’s Canyon-klere jou teen wind en reën beskerm, het dit ook ’n pluisstofv­oering (fleece) aan die binnekant wat verseker dat dit selfs ’n taamlike geniepsige byt van die winterkoue in toom sal hou. Die klere het ook verskeie sakke wat ek nou-nou sal bespreek.

Die kamoefleer­patroon is die sogenaamde bruin Mossy Oak en werk uitstekend vir bykans alle Suid-Afrikaanse jagterrein­e. Die klere het ook effekleuri­ge bruin insetsels (sien foto). Wat die broek uniek maak, is die pype wat tot byna by knielengte kan ooprits. Dit help met die aanof uittrek van groot stewels en ook as jy sou besluit om ’n stel Hell’s Canyon-klere te koop om bo-oor ander warm klere te dra.

Die baadjie het ’n enkele klein binnesakki­e wat toerits en bedoel is vir jou jaglisensi­e en jagtoestem­mingsbrief, iets wat ons ook in Suid-Afrika veronderst­el is om by ons te dra. Verder het die baadjie twee ruim kantsakke aan die buitekant wat kan toerits. Reg agter die kraag is ’n rits wat ek gedink het aangebring is vir ventilasie, maar dis eintlik ’n opening waardeur jou veiligheid­sharnas se hegpunt gaan as jy op ’n platform (tree stand) diere voorsit in ’n boom. Jy kan dus dié baadjie oor jou veiligheid­sharnas dra – dis nogal handig vir boogjagter­s wat gereeld diere in bome voorsit. Vir Suid-Afrikaanse geweerjagt­ers is hierdie “nutsopenin­g” natuurlik oorbodig.

Die broek het ’n rubbervoer­ing aan die binnekant van die lyfbandged­eelte wat verhoed dat jou hemp of T-hemp uit jou broek trek terwyl jy beweeg. Verder het dit die normale heupsakke aan elke kant en twee bobeensakk­e aan elke bobeen. Laasgenoem­de maak toe met behulp van ritssluite­rs. Daar is ook ’n gatsak aan die regterkant wat kan toerits. Soos julle op die foto’s kan sien, is daar bruin insetsels in die kniegedeel­te wat glo aangebring is vir groter gemak en beweeglikh­eid. Browning noem ook dat die klere toegerus is met ADDvanced Scent Control wat diere verhinder om jou maklik te ruik. Wel, miskien werk dit met Amerikaans­e bokke, maar my bevinding is dat dit nie met ons bokspesies werk nie. Ek het hierdie klere in die Oos-Kaap op ’n jag getoets, maar ek dink ons bokke se reuksintui­g is te ADDvanced vir dié Scent Control.

Nadat ek hierdie klere in die jagveld getoets het, kan ek dit egter met groot vrymoedigh­eid

 ??  ?? Browning se Ultra-Lite-klere smelt goed saam met enige bosveld- en ander tipe veldterrei­ne.
Browning se Ultra-Lite-klere smelt goed saam met enige bosveld- en ander tipe veldterrei­ne.
 ??  ?? Die Ultra-Lite-broek se pype kan ooprits tot amper by die kniegedeel­tes – dis handig as jy hierdie broek oor groot stewels wil aantrek of oor ‘n ander jagbroek.
Die Ultra-Lite-broek se pype kan ooprits tot amper by die kniegedeel­tes – dis handig as jy hierdie broek oor groot stewels wil aantrek of oor ‘n ander jagbroek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa