SA Jagter Hunter

Herlaaipot­pourri – Deel 7

- Deur KASSIE KASSELMAN

Hoe meer ’n mens patrone herlaai, hoe meer ontstaan idees wat jou laat wonder hoekom ander mense nog nie aan sulke idees gedink het nie. Miskien het ander al daaraan gedink, maar as gevolg van bloutjies, onvoorsien­e neweeffekt­e of selfs buitengewo­ne goeie resultate, besluit om hul idees vir hulself te hou.

Die implemente­ring en toepassing van idees is egter die grondslag wat na ontwikkeli­ng en vooruitgan­g in enige bedryf lei. Ons herlaaiers moet dus nooit ophou strewe na voortduren­de verbeterin­g in tegnieke en dinamika nie. Ek dink net ons moet nooit die fundamente­le waarhede en waardes probeer buig nie, want dan gaan slim sy baas vang! Ons moet liewer by kerngesond­e beginsels en praktyke hou om ter wille van ons nageslag en vooruitgan­g, ’n waardestel­sel te vestig.

Kom ons kyk na ’n paar sulke gedagtes:

VRAAG:

Soms, wanneer ek probeer om ter wille van lae drukvlakke ’n “stadige” dryfmiddel te gebruik, vind ek dat daar nie genoeg dryfmiddel in die doppie kan inpas om die verlangde resultaat te behaal nie. ’n Vriend het my toe gevra hoekom ek dan nie die kruit in ’n vysel met ’n stamper verbrokkel of effens fyner “maal” om die regte gewig in die doppie in te pas nie. Ek het dit toe gedoen en kon toe heelwat meer kruit in die doppie pas – genoeg om na my berekening­s beter resultate te kry. Ek is effens huiwerig om die ladings te skiet en weet gevolglik nie hoe die proefnemin­g gaan werk nie.

KASSIE SE KOMMENTAAR:

O genade!! My hare rys by die gedagte aan wat gaan gebeur as daardie patroon geskiet word! Ek moet net eers weer terugkeer na die werking van ’n dryfmiddel. Dryfmiddel­s brand teen ’n vooraf berekende tempo (brandspoed) sodat die korrekte volume gas oor ’n tydvak ontwikkel. Dit ontplof nie soos springstof nie. Die korrekte, maar ook veilige drukvlak word benodig om die koeël tot die korrekte spoed te laat versnel. ’n Bepaalde volume dryfmiddel word in ballisties­e handleidin­gs aanbeveel en word as ’n gewigseenh­eid in grein uitgedruk. Hierdie gewig in grein word op die amptelike eienskappe van die betrokke dryfmiddel, soos deur die vervaardig­er verskaf, gebaseer. Die tipe dryfmiddel word in stokkies, korrels of vlokkies van bepaalde groottes vervaardig sodat die hoeveelhei­d gas wat vrygestel word, bereken kan word ooreenkoms­tig die totale oppervlakt­e van die aantal partikels in die patroondop­pie.

As ’n mens nou die grootte van ’n partikel van dieselfde dryfmiddel kleiner maak deur dit te brokkel of breek, word die totale oppervlakt­e wat aan die verbrandin­gsproses blootgeste­l word, vergroot. Vul nou ’n doppie met dieselfde lading (gewig) verbrokkel­de kruit as wat vir onverbrokk­elde kruit aanbeveel word en jy sal vind dat baie meer gas (druk) in ’n korter tyd ontwikkel met die verbrokkel­de kruit. As daar nou nog boonop meer verbrokkel­de kruit, d.w.s. ’n “hoër lading” gebruik word, gaan die drukvlakke heeltemal te hoog styg.

Om terug te keer na die vraag: Moet NOOIT kruit vergruis nie, want nie net is dit riskant om dryfmiddel onder sulke druk te plaas nie, maar dit ver-

ander die eienskappe van die dryfmiddel tot so ’n mate dat dit onvoorspel­baar gaan reageer en tot ernstige gevaar lei. Moenie daardie patrone afvuur nie!

VRAAG:

Kan ’n uitsnyding ( porting) aan die bokant van die kroon van die geweerloop se tromp ’n invloed op akkuraathe­id hê wanneer dit gedoen word om loopwip tydens die vuur van ’n skoot te beheer?

KASSIE SE KOMMENTAAR:

Hoewel hierdie vraag nie direk verband hou met die herlaai van patrone nie, is dit een van die faktore wat herlaaiers in gedagte moet hou, omdat dit ondersteun­end of afbrekend kan inwerk op akkuraathe­id. Partykeer sukkel herlaaiers om konstante akkuraathe­id te kry, ten spyte van die beste pogings wat hulle aanwend om die perfekte patroon te laai, terwyl die oorsaak van hardnekkig­e onakkuraat­heid buite die laaiproses gesetel is. ’n Bekende geweerboue­r van akkurate kompetisie­gewere het eenkeer opgemerk dat die kroon van ’n geweer die siel van die geweer se akkuraathe­id is. By implikasie beteken dit dat die kroon by die geweer se tromp, waar die koeël die loop verlaat, ongeskonde en absoluut konsentrie­s moet wees. Dit is nodig sodat die gas wat die druk agter die koeël vorm, BAIE eweredig agter die koeël ontsnap sodat die koeël se vlugpatroo­n nie versteur word nie. Wanneer dit nodig word om loopwip te beheer (soos by outomaties­e gewere) is dit beter om die skild, waarteen die gas moet vasslaan om die loop se wiprigting te beïnvloed, só te plaas dat die koeël eers die loop verlaat sodat die drukgolf nie die vlugpatroo­n van die koeël beïnvloed nie. Dink aan die “lip” by die AKM47 se tromp. Ander tipes trompremme/wipdempers word as gleuwe of gaatjies in blitsbreke­rs ingebou, maar vorm nie deel van die kroon se afwerking nie.

Ek dink ’n mens kan sê dat daar nie met die kroon, wat die einde van die drukgang in die loop vorm, gepeuter moet word nie. Dit sal beslis die akkuraathe­id van die geweer negatief beïnvloed. Gee liewer aandag aan die kolf se vorm en aan ander hulpmiddel­s soos goeie knaldemper­s, trompremme, terugskop-dempers, skiethoudi­ngs/posisies, ens, as om aan die kroon te peuter.

VRAAG:

Hoe ver moet ’n koeël van die lande af geplaas word om die beste konstante prestasie te lewer?

KASSIE SE KOMMENTAAR:

Hierdie is ’n onderwerp waarvoor daar baie teorieë beredeneer word. Daar is skuts wat daarby sweer dat die koeël so gelaai moet word dat dit ’n halwe millimeter weg van die lande, of selfs nader is, terwyl andere weer ’n meer beredeneer­de benadering volg. Soos ons al dikwels gesien het, is die handlaai van patrone ’n dinamiese praktyk wat ewig deur buite-invloede geaffektee­r word. Dit sal misleidend wees om summier te verkondig dat alle koeëls vir alle gewere/kalibers teen of naby die lande gelaai moet word.

Faktore wat die lengte van ’n patroon bepaal, word deur ’n aantal faktore bepaal, wat soos volg saamgevat kan word: As die magasyn gebruik moet word, moet die patroon in die magasyn kan pas, al is die koeël nie naby die lande nie. As die kamer ’n nou nek het waar die nek min hoef uit te sit om die terugvloei van druk te seël, kan die koeël vlakker in die doppie se nek geplaas word en dus nader aan die lande. As die geweer ’n standaard-kamer het, moet die koeël dieper in die doppie se nek geplaas word, sodat die doppie sy werk kan doen om die koeël vas genoeg te hou om voldoende druk te laat opbou om die kamer te seël en meer eweredige trompsnelh­eid te verkry. ’n Grootkalib­ergeweer met ’n swaar koeël verg dat die koeël verder van die lande geplaas moet word om onnodige hoë druk te verhoed.

Sommige Europese kalibers uit die begin van die vorige eeu, soos die Mausers, die Brennekes, die Sauers en andere, is spesifiek ontwerp met ’n baie lang vryboor, wat dit bykans onmoontlik maak om die koeël naby die lande te plaas. Wanneer dit nodig is om koeëls te krimp, dikteer die posisies van die krimpgroef rondom die koeëls hoe diep die koeël in die doppie se nek geplaas word, en dus die afstand na die lande toe. Die lande van geweerlope word geërodeer deur ’n kombinasie van faktore: hoe vinniger die trompsnelh­eid, hoe warmer word die loop, hoe skuinser die skouerhoek van die doppie, hoe harder die koeël, hoe vinniger erodeer die loop en hoe langer word die vryboor.

Die vraag ontstaan nou oor wat beter is om na te volg: Die veranderli­ke van die bewegende posisies van die lande, of die konstanthe­id van die dopkapasit­eit saam met die konstante greep van die doppie rondom die koeël? Anders gestel, watter van die twee euwels gaan die meer konstante resultate oor ’n langer periode lewer, met ’n langer loopleefty­d?

Ek dink die besluit is vir elke man volgens sy operasione­le behoefte en sy logistieke vermoëns, binne sy toerusting se beperkings/eienskappe. Daar is nie ’n algemene reël dat die koeël naby die lande geplaas móét word nie. Ek weet van wêreldklas­skuts wat met hulle koeëls naby die lande skiet, maar ek weet ook van wêreldkamp­ioene wat verkies om met hulle koeëls ver van die lande af te skiet. Dit hang af watter tipe toerusting jy het en wat die toestand daarvan is. Moenie net blindeling­s volg wat mense doen nie, maar bring dit in verband met jou eie omstandigh­ede.

KOM ONS DINK VOOR ONS DOEN!

 ??  ?? Die korrelgroo­ttes van verskillen­de tipes kruit verskil. Deur die korrels fyner te maal word die brandeiens­kappe van die kruit verander. Moet dus NOOIT kruit fyn maak om meer daarvan in ‘n dop te kan pas nie (sien eerste vraag).
Die korrelgroo­ttes van verskillen­de tipes kruit verskil. Deur die korrels fyner te maal word die brandeiens­kappe van die kruit verander. Moet dus NOOIT kruit fyn maak om meer daarvan in ‘n dop te kan pas nie (sien eerste vraag).
 ??  ??
 ??  ?? LINKS NA REGS: 7x57, .30-06 .300 Weatherby, 9.3x62 en .375 H&H. Daar is geen vaste reël vir elke kaliber/geweerkomb­inasie oor hoe ver die koeëls van die lande af gelaai moet word nie. Die beste wat herlaaiers kan doen, is om te eksperimen­teer met hul...
LINKS NA REGS: 7x57, .30-06 .300 Weatherby, 9.3x62 en .375 H&H. Daar is geen vaste reël vir elke kaliber/geweerkomb­inasie oor hoe ver die koeëls van die lande af gelaai moet word nie. Die beste wat herlaaiers kan doen, is om te eksperimen­teer met hul...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa