SA Jagter Hunter

DIE LEKKER VAN PRESIDENTS­KIET

-

Cassie Nienaber vertel: Op 6 Mei 2017 het die Oosrandtak ’n Streek Presidents­kiet en Intertak Skietkompe­tisie op die Rooikraals­kietbaan aangebied. Slegs ’n ligte wind het gewaai en 105 skuts het deelgeneem onder ideale weersomsta­ndighede. (Sien Ruan Schoeman se foto.)

Almal se positiewe gesindheid, tesame met die skuts se goeie dissipline, het bygedra tot ’n heerlike skietdag.

Die prysuitdel­ing het begin met die senior skuts, lede ouer as 65 jaar. Ons het groot respek en waardering vir ons senior lede wat sonder klagtes saam met ons skiet. Dankie vir die voorbeeld wat julle aan ons junior lede stel.

En watter verrassing kry ons toe die Juniors daarna aan die beurt kom. Die elfjarige Xander Bailey wen die Junior afdeling met ’n telling van 650.05 uit 720. Maar dis nie al nie, in die Ope Klas was Xander algeheel tweede. Die wenner se telling was 650.09 en hy het dus slegs vier V-kolle meer as Xander geskiet. Xander was een van slegs sewe skuts wat ’n Platinum-balkie losgeskiet het.

Boonop het Xander se span, die Blesbokke van die Kos- mostak, die tweede plek behaal. Toe Xander vir hierdie medalje vooraan sy span vorentoe kom, sy vierde vir die dag, het ons hom as “Die Generaal” gedoop. Dis ’n wonderlike prestasie, veral in ag genome dat Xander met ’n standaard-grootte jaggeweer en onder presies dieselfde stel reëls en voorwaarde­s as al die volwassene­s deelneem.

Bring asseblief julle juniors, dit is heerlik om te sien hoe hulle kan gatskop.

 ??  ?? Ruan Schoeman se hommeltuig­foto van Rooikraal.
Ruan Schoeman se hommeltuig­foto van Rooikraal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa