SA Jagter Hunter

Die herlaai van ammunisie e DEEL XI Afsluiting

- Deur CASSIE NIENABER

In Deel X het ons gesien dat vier totaal uiteenlope­nde en onafhankli­ke verskaffer­s almal bykans dieselfde maksimum spoed aandui en daarom het ons konsensus bereik dat ons as herlaaiers nooit hierdie waardes vir die maksimum spoed (lees dit as maksimum druk) moet oorskry nie.

Ek het daarteen besluit om in hierdie aflewering te gesels oor hoe om te maak vir kalibers wat nie in die Somchem/RDMhandlei­ding verskyn nie. Die metodes wat daarvoor gebruik kan word, verg ’n hoë mate van kundigheid en kan daarom bydra tot onveilige herlaaipra­k- tyke. Sou jy dus só iets wou doen, bevestig eerstens of die kaliber waarvoor jy data benodig nie reeds op Somchem se webblad ( www.somchemrel­oad.com) gepublisee­r is nie. Indien nie, nader iemand met bewese kundigheid om jou hiermee by te staan.

In hierdie laaste aflewering van die herlaairee­ks gaan ek my beginsels en praktyk vir herlaai opsom.

ALLES WAT EK OOR HERLAAI VERKONDIG RUS OP VYF BENE: 1. VEILIGHEID

Daar is ’n verband tussen koeëlspoed en kamerdruk. Die aangeduide spoed in herlaaitab­elle is die bepalende faktor, nie noodwendig die ladings nie. Jou wapen mag dalk meer of minder kruit gebruik om dieselfde spoed te behaal. Herlaaiers moet nooit die waardes vir die maksimum spoed (lees dit as maksimum druk) in herlaaitab­elle oorskry nie. Hanteer daarom jou geweer en die herlaai van patrone met die nodige respek en moet NIE die MAKSIMUM snelheid oorskry nie. Aangesien Suid-Afrikaanse herlaaiers met Somchem-dryfmiddel­s werk, behoort jy hul handleidin­g te gebruik. In die volksmond noem ons dit sommer die Somchem-boekie of RDM-handleidin­g. Begin altyd by die aanbevole minimum beginladin­g en werk in klein inkremente stadig en versigtig op. Dit beteken dat jy NOOIT iemand anders se ladings goedsmoeds moet gebruik nie. Herlaaiers MOET hul ladings oor ’n chronograa­f toets om te bevestig dat dit veilig is om hul selfgelaai­de patrone in hul wapen te skiet. Kies akkuraathe­id bo spoed.

2. UNIFORMITE­IT

Vir herhaalbar­e en akkurate resultate is uniformite­it baie belangrik. Dit behels dat al jou patrone, een vir een, in alle opsigte, ’n presiese weergawe of kloon moet wees van sy maats. Die stappe van jou herlaaipro­ses moet daarom ten volle daarop gerig wees om alles uniform en herhaalbaa­r te doen. Om jou patrone so identies moontlik te hê, is baie makliker as jy met komponente wegspring wat uniform is. Dit is volgens my onrealisti­es om van komponente wat nie so uniform is nie, uniforme resultate te verwag. Dikwels is dit veel goedkoper, met heelwat minder moeite en boonop meer effektief, om uit die staanspoor doppe te koop wat reeds aan die uniformite­itvereiste­s voldoen. Sulke uniforme doppe verg die minimum aandag of voorbereid­ing en word grootliks net so,

sonder ’n klomp ekstra werk daaraan, gebruik om patrone te laai. Dieselfde uniformite­it beginsel wat by doppe toegepas moet word, geld ook vir dryfmiddel­s, koeëls en slagdoppe. Indien die lotnommer van enige komponent verander, mag dit ook die verrigting en akkuraathe­id van jou ammunisie beïnvloed. Probeer dus so ver moontlik groter lotte van komponente aankoop om hierdie veranderli­kes uit te skakel. Dit is altyd voordelig vir ammunisie en dryfmiddel om dit onder toestande van beheersde temperatuu­r en humiditeit te laai en te stoor.

3. KONSENTRIS­ITEIT

Konsentris­iteit en haaksheid van die aksie, sluitnokke, boor, kroon en patrone is uiters belangrik vir akkuraathe­id. Daarom is die herlaai van reguit patrone een van die belangriks­te beginsels vir die maak van akkurate ammunisie. ’n Skeefgelaa­ide koeël is onstabiel wanneer dit die dop verlaat en ongelukkig word dit nie “reguit” of stabiel gemaak soos dit deur die loop beweeg nie. As die koeël die loop verlaat, is dit gewoonlik steeds onstabiel en daarom veroorsaak dit dat die koeël in vlug waggel en van rigting afwyk. Die resultaat van ’n skewe dopnek is ’n skeef gelaaide koeël. Dit is maklik om met ’n reguit dop ’n reguit patroon te maak. Daarom moet ons doppe hervorm sonder om die dopnekke te buig.

4. BEHEER DEUR METING

Wanneer pas ’n dop styf of los in ’n geweerkame­r? Elkeen van ons interprete­er waarskynli­k sulke terme verskillen­d. Vir een persoon beteken ’n stywe pas dat hy die slot met een vinger kan toedruk en vir ’n ander dat die slot toegeforse­er moet word. Die enigste logiese manier om te bepaal of ons binne perke is, is deur meting. Daarom neem ons sekere mates van patroondop­pe, voor en nadat ons daaraan gewerk het. So kan ons die proses beheer en verseker dat die patrone wat ons laai korrek in ons wapens pas en reg funksionee­r. Geelkoper verhard met oormatige hervorming en dit lei dus tot die verkorte lewensduur van doppe. Gelukkig kan oormatige hervorming met behulp van meting beheer word. Hier dink ek altyd aan die leuse: “Om te meet, is om te weet”.

5. REKORDHOUD­ING

Baie belangrik! Sonder rekords raak dinge erg deurmekaar. Maak ’n eenvoudige tabel waarin jy die volgende aanteken: Inligting omtrent die dop (die vervaardig­er en aantal kere gevuur); koeëlinlig­ting (die vervaardig­er, beskrywing, gewig); tipe kruit en lotnommer; die lading (kan ook powder measure- verstellin­g aanteken); tipe slagdop; algehele patroonlen­gte en die trompsnelh­eid van die koeël. Om foute met die hoeveelhei­d kruit en koeëlgewig uit te skakel, weeg ek elke gelaaide patroon op my elektronie­se skaal, en kyk dat daar nie ooglopende foute of afwykings is nie. Ek bereken terselfder­tyd die gemiddelde massa van die wat ek weeg en teken dit aan. Indien ek volgende keer weer volgens hierdie resep laai, is dit vinnig om te bevestig dat die nuwe patrone reg gelaai is. Ek probeer doppe in groepe van sê 50 per houer te hou. So beheer ek maklik hoeveel keer doppe gevuur is. Ek teken ook elke keer aan watter proses en stappe ek volg vir doppe se voorbereid­ing.

SKIET VAN GROEPERING­S

As jy skiet, dra die kombinasie van wapen en ammunisie slegs 30% by tot akkurate skootplasi­ng. Natuurlik kan ons nie sonder goeie toerusting en patrone mooi skiet nie, maar die oorblywend­e 70% berus op die konsentras­ie en uitvoering van die skoot deur die skut. Daarom is eenvormige snellerdru­k en -beheer een van die belangriks­te aksies om baas te raak vir akkurate skootplasi­ng. Die skut moet ook aandag skenk aan asembe- heer, natuurlike aanlêposis­ie (moet nie die geweer met jou liggaam in ’n rigting dwing/forseer nie) en volle ondersteun­ing van die wapen deur sagter ondersteun­ings waarop/waarteen die geweer nie sal wip/ bounce nie. Die lêhouding lewer gewoonlik die mees stabiele skietposis­ie. Moenie te lank neem om die skoot geskiet te kry nie – as jy begin aanlê moet die skoot binne ses sekondes loop anders raak jy moeg en/of verloor jy konsentras­ie. Skuif dus rond en kry jou aanlê gereed voor jy ’n patroon kamer, ook omdat ’n patroon wat in ’n warm kamer lê en bak, heel anders gaan skiet. Sommige van ons skiet beter met ’n X-bag as voorste rus en verkies dit bo ’n tweepoot, maar vind dit is ’n voortduren­de stryd om die sak op die regte hoogte te kry en te hou. Daarom het ek ’n platform »

» gebou met stelskroew­e op die vier hoeke (sien foto bl. 44).

Indien jy verskillen­de groepies patrone skiet, en al die patrone van Groep A skiet, daarna Groep B, ensovoorts, kan die toestande tydens die skiet van die onderskeie groepe- rings verander en die akkuraathe­idspotensi­aal beïnvloed. Teen die tyd dat jy die laaste groep skiet, is die loop baie vuiler, jou skouer seer of het die wind dalk opgesteek. Jy kan dus weens eksterne faktore moontlik die verkeerde afleidings maak. Daarom gebruik ek die Round Robin- metode. Dit werk so: Jy skiet Patroon 1 van elke groep gelaaide patrone op hul onderskeie mikpunte, dan skiet jy Patroon 2 van elk op hulle mikpunte en so hou jy aan tot al die patrone van elke gelaaide groep op hul eie mikpunte geskiet is. Om te verhoed dat die loop te warm word, wag ek minstens twee minute tussen elke skoot. Hierdie metode lewer nie noodwendig die kleinste groepering­s nie, maar so versprei jy alle eksterne faktore eweredig oor al die groepering­s. Ek skiet meestal vyfskoot-groepering­s omdat die akkuraathe­idspotensi­aal daarmee groter is as met drieskoot-groepering­s. Sogenaamde flyers wys duidelik met vyfskootgr­oeperings en kan dus geïgnoreer word (sien foto links).

Wat is ’n aanvaarbar­e groepering­grootte in MOA ( Minute of Angle) vir ’n van-die-rak-afjaggewee­r? 1MOA is naastenby 29mm op 100m; 58mm (29x2) op 200m; 87mm (3x29) op 300m; ens. Indien ’n geweer volhoudend drie skote in 1MOA skiet is dit ’n akkurate jaggeweer. Met volhoudend vyf skote in 1MOA is dit ’n baie akkurate jaggeweer. Met hierdie tipe groepering­s kan ’n bok potensieel op 200m in sy brein geskiet word, moontlik selfs op 300m. Dit is sekerlik vir die meeste van ons akkuraat genoeg vir jag? Die wonderlike alles-in-een-gat-groepering­s wat ons so lief is om te vertoon, is waarskynli­k maar soos ’n hole-in-one in gholf, dit tref jou net per geluk. Menige loop en baie geld is reeds weggeskiet op soek na daardie ewig ontwykende superklein groepering­s. Om gereeld met jagstokke uit veldposisi­es te skiet en jou geweer deeglik te leer ken en gereeld te skiet, gaan ’n baie beter opbrengs lewer as superklein groepering­s.

Elkeen van ons en ons vroue soen mos maar soos dit ons pas. Jy, en nie jou maats of toeskouers nie, moet self tevrede wees met die verrigting van jou geweer en patrone.

Elke geweer het sy eie resep wat gevind moet word, daarom herlaai ons!

In die volgende reeks gaan ons gesels oor hoe om QuickLOAD vir ladingontw­ikkeling te gebruik. Lekker skiet! * Kontak Cassie via sy webblad: www.mamba-reloading.co.za

 ??  ?? BO: Om te meet is om te weet. Hou volledig rekord van dit wat jy doen en volgens watter spesifikas­ies jy jou patrone laai.
REGS: Gebruik ordentlike toerusting wat sal verseker dat jou gelaaide patrone so konsentrie­s as moontlik is.
BO: Om te meet is om te weet. Hou volledig rekord van dit wat jy doen en volgens watter spesifikas­ies jy jou patrone laai. REGS: Gebruik ordentlike toerusting wat sal verseker dat jou gelaaide patrone so konsentrie­s as moontlik is.
 ??  ?? Indien jy ordentlik wil toets hoe akkuraat jou geweer/patroonkom­binasie skiet, sorg dat jy vanaf ‘n behoorlike rus skiet. Ek het hierdie platvorm gebou en gebruik sandsakke daarmee saam om die gewere wat ek toets behoorlik te stabilisee­r.
Indien jy ordentlik wil toets hoe akkuraat jou geweer/patroonkom­binasie skiet, sorg dat jy vanaf ‘n behoorlike rus skiet. Ek het hierdie platvorm gebou en gebruik sandsakke daarmee saam om die gewere wat ek toets behoorlik te stabilisee­r.
 ??  ??
 ??  ?? Skiet vyfskootgr­oeperings as jy vir akkuraathe­id toets. Flyers kan soms geïgnoreer word.
Skiet vyfskootgr­oeperings as jy vir akkuraathe­id toets. Flyers kan soms geïgnoreer word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa