Die dag van die njala

Toe die bul vas­steek en oor sy skou­er kyk, dreun die Re­ming­ton...

SA Jagter Hunter - - INHOUD - Koos Bar­nard

Hy het skie­lik van die ska­du’s voor ons los­ge­raak, oor ’n klein oop­te ge­skiet en toe in die ruie bos ver­dwyn. Sy hel­der­geel “sok­kies” was die laas­te wat ek kon sien.

Ons het vas­ge­steek, Mo­di­se Mat­he die gids, ek, en Mar­co, my seun. So word jy die slag­of- fer van on­ge­duld, het ek by my­self ge­dink. ’n Ent ag­ter­toe het ’n njala-ooi en haar lam voor ons ’n droë loop ge­kruis. On­be­wus van ons teen­woor­dig­heid het die ooi ge­stop en oor haar skou­er ge­kyk na die bos waar iets haar aan­dag ge­trek het. Ons het haar blik ge­volg, maar niks ge­sien nie, en aan­ge­stap. Toe die twee­tal ons sien, het hul­le stil- weg die ruig­tes in­ge­glip.

Toe ons ont­span en vin­ni­ger aan­stap, het dit ver­oor­saak dat nie een van ons die nja­la­bul be­tyds sien nie.

Ge­luk­kig was die veld san­de­rig en die bul se hard­loop­spoor dui­de­lik sig­baar. Ek het vir Mo­di­se ge­sê ons moet ui­ters sta­dig en ver­sig­tig op die spoor aan­stap. In dig­te bos het Mo­di­se Mat­he se oë geen ge­ly­ke nie. Hy het by ver­re die skerp­ste oë van al die gid­se met wie ek al ge­werk het.

Die bul het nie ver ge­hard­loop voor hy be­gin stap het nie. Maar selfs sy stap­spoor was mak­lik om te volg in die san­de­ri­ge grond om­dat hy meest­al in ’n wild­spaad­jie ge­hou het. Ons het baie sta­dig ge­vor­der, ek was vas­be­slo­te dat die bul ons nie weer on­kant moes vang nie.

Die son het neer­ge­bak, sweet­straal­tjies het teen my rug be­gin af­loop. Voor my het Mo­di­se skie­lik ver­styf. My oë het regs en links ge­flits en toe sien ek hom ook. Net sy ag­ter­lyf was sig­baar... skaars 20 treë voor ons. Mar­co moes skiet en ons moes hom ge­luid­loos op die skiet­stok­ke pro­beer kry. Die njala was eg­ter nie al wat ons in ge­dag­te moes hou nie. So­wat 70m ver­der het ’n rooi­bok­ram staan en wei, met sy kop by­na reg­uit in ons rig­ting.

Met ge­ba­re­taal het Mo­di­se ge­wys hy dink ons moet eers die rooi­bok skiet en dan kyk wat die njala maak. Daar­voor was ek nie te vin­de nie. Ek wou hê Mar­co moes dié be­trok­ke njala skiet (al het ons net ver­moed dat dit die­self­de bul is wie se spo­re ons ge­volg het).

Met han­de, oë en ’n ui­ters sag­te ge­fluis­ter is daar plan­ne be­raam... tot­dat Mar­co uit­ein­de­lik sy .308 op die skiet­stok­ke ge­reed ge­had het, met die Nig­ht-

for­ce-te­le­skoop se ver­gro­ting af­ge­draai na 5x toe. Daar was eg­ter geen kans op ’n skoot nie. Die bul het met sy he­le voor­lyf reg ag­ter ’n dig­te bos ge­staan. Mi­nu­te het ver­by­ge­tik...

Ek het net ge­won­der hoe lank ons daar in die son sou moes bly staan, toe die njala die be­sluit vír ons neem. Hy het skie­lik om­ge­draai en reg­uit weg van ons af ge­stap. Toe ek my mond oop­maak om na hom te roep, het Mo­di­se se stem ge­demp skuins ag­ter my op­ge­klink: “Hey!” Die bul het vas­ge­steek en oor sy skou­er ge­kyk...

PLEK VAN HERINNERING

Zinns­hoek, Chris Derk­sen-hul­le se plaas, dis waar ons ge­jag het. ’n Plek wat al­tyd in my ge­heue ge­prent sal bly, want dis waar ek my groot­ste koe­doe­bul (ho­ring­leng­te) ge­skiet het. Na die droog­tyd­perk het hy 62⅞” ge­meet. Só ’n koe­doe skiet jy dalk net een­maal in ’n leef­tyd.

Hier­die groot en ruig­be­groei­de lap grond lê tus­sen Vaal­wa­ter en El­lis­ras. Dis uit­da­gend om daar te jag, ver­al aan die ein­de van die sei­soen, maar dis hoe­kom ek en Mar­co weer Zinns­hoek ge­kies het. Ook om­dat daar net te voet ge­jag word (ons guns­te­ling-ma­nier van jag), jag­ters hul eie ding kan doen (bin­ne per­ke na­tuur­lik) en jy in e­ni­ge van drie unieke jag­kam­pe kan bly.

Mo­der­ne lod­ges is goed, maar waar ons kan, bly ons graag meer pri­mi­tief. As ons jag, wil ons juis ’n bie­tjie weg­breek van som­mi­ge van die mo­der­ne ge­rie­we wat jou el­ke dag in die s­tad om­ring.

Be­hal­we ons, was daar geen an­der jag­ters op Zinns­hoek nie, dus kon ek en Mar­co in die hoof­kamp bly. Dis ’n prag­ti­ge plek met baie at­mos­feer en meer as goed ge­noeg in­ge­rig dat jy al jou kos op oop vu­re in die bui­te­lug kan maak. Son­pa­ne­le ver­skaf e­ner­gie vir en­ke­le lam­pies wat snags aan­ge­ska­kel kan word vir lig. Ons het ver­kies om net by die vuur­lig te sit. ’n Don­kie word ge­stook vir warm wa­ter. Die kamp­op­sig­ter en ge­kwa­li­fi­seer­de sjef is A­nan­ja Ma­ko­ga, ’n man wat am­per ge­af­fron­teerd lyk as hy nie vir jou iets kan doen nie (meer hier­oor ’n bie­tjie la­ter).

Een van ve­le din­ge wat hier­die kamp so in­te­res­sant maak, is dat daar ’n voer- en d­rink­plek vir vo­ëls am­per reg langs die vuur­maak­plek is. Boom­eek­ho­rin­kies, bos­vel­dak­ke­dis­se, mui­se en an­der wer­wel­die­re is ook ge­reel­de kui­er­gas­te. Ek en Mar­co het let­ter­lik hon­der­de fo­to’s ge­neem van on­der meer geel­bors­wil­lies, swart­kop­wie­le­wa­le, rooi­kop­hout­kap­pers, rooi­kop­we­wers, blou­sy­sies, bos­pa­try­se, Na­tal­se fi­san­te, geel­vlek­mos­sies, neus­ho­ring­vo­ëls, dui­we, ka­na­ries en ve­le meer. Mar­co het da­de­lik be­sluit dat die naam swart­kop­wie­le­waal te lank is en hy het dié vo­ëls som­mer wa­wie­le ge­noem.

Ek deel nie mak­lik ’n jag­kamp met an­der men­se nie, maar dis vir my heer­lik om saam met my seuns te kan jag. En soms is dit no­dig dat jy dit een-een met hul­le doen. Hier­die keer was dit my en Mar­co se beurt.

Op Mar­co se lys was ’n koe­doe, blou­wil­de­bees of wa­ter­bok en twee rooi­bok­ke en ek wou ’n rooi­bok met my Ru­ger .44 Mag­num-re­wol­wer pro­beer skiet. »

» Soos al­mal weet, is daar geen en­ke­le ge­weer- of ka­li­ber­kom­bi­na­sie wat as die per­fek­te al­l­roun­der be­skou kan word nie. Som­mi­ge kom­bi­na­sies kom wel na­by daar­aan.

Jag jy op Zinns­hoek, moet jy jou klaar­maak vir ruie bos en kort skiet­af­stan­de. Daar is net en­ke­le plek­ke waar jy ’n roer se be­ne so ’n bie­tjie kan rek. Vir die bos is ’n kort, lig­te ge­weer in ’n re­de­li­ke krag­ti­ge ka­li­ber die ant­woord as jy gro­te­ri­ge bok­ke wil skiet. Iets soos ’n kort­loop-.308 Win by­voor­beeld. Wel, Mar­co be­sit ’n .308 maar dis waar sy­ne se oor­een­koms met ’n bos­roer stop.

Sy ge­weer is ’n lang­loop-Re­ming­ton met ’n so­ge­naam­de tak­tie­se kolf van sin­te­tie­se ma­te­ri­aal. Dis toe­ge­rus met ’n 5-25x50 Nig­ht­for­ce-te­le­skoop en die Re­ming­ton weeg net so kort dus­kant ’n ton!

Dis eg­ter sy e­nig­ste ge­weer en dis waar­mee hy ge­jag het want, “Pa, ’n mens jag nie met ie­mand an­ders se ge­weer nie”. Daar­mee kon ek nie fout vind nie. Dié Re­ming­ton het ’n voor­lief­de vir 168gr Nos­ler CC-koe­ëls, ver­al as jy hul­le re­de­lik sta­dig aan­jaag. Dus het Mar­co die Nos­lers ge­laai dat hul­le net so ’n knap­sie on­der die 2 400vps uit die loop weg­spring. Hier­die kom­bi­na­sie, het ons ge­glo, sal ook werk vir koe­doe of blou­wil­de­bees as jy jou sko­te ver­sig­tig kies.

Soos te­vo­re ge­noem, is die wild aan die ein­de van die sei­soen baie skug­ter. Ver­al die rooi­bok­ke, wat baie ge­jag is, was erg pa­ra­no­ïes. Op die eer­ste jag­dag kon Mar­co niks on­der skoot kry nie. Na ’n ver­sig­ti­ge be­kruip­tog kon hy op die twee­de dag »

» ’n mooi rooi­bok­ram op so­wat 80m met ’n hoë nek­skoot plat­trek. Die wa­ter­bok-, koe­doe- en blou­wil­de­bees­bul­le het ons eg­ter bly ont­wyk. Ons het nooit eens ’n wa­ter­bok­bul on­der oë ge­kry nie. So loop din­ge mos maar soms met ’n jag. Wa­ter­bok- en koe­doe­koeie was vol­op.

Laat­mid­dag op die twee­de dag loop ons toe ’n prag van ’n koe­doe­bul raak. Hy het teen ’n rant ge­staan en ons al die tyd in die wê­reld ge­gun om hom te skiet. Dat sy ho­rings hoog in die 50” sou meet, was ge­wis. Ek kon dit eg­ter nie oor my hart kry dat Mar­co hier­die bul skiet nie. Ons het ’n spe­si­a­le ver­gun­ning ge­kry om nie tro­fee­pry­se te be­taal nie en om dan so ’n mooi tro­fee­dier te skiet, sou nie reg wees nie. Dus het Mar­co die koe­doe deur sy ge­weer se te­le­skoop af­ge­neem. So het ons dié bul met ons eie weer­ga­we van ’n “g­reen hunt” ge­jag. Mo­di­se het my ver­tel dat ie­mand ge­du­ren­de die 2017-jag­sei­soen ’n 58”-koe­doe­bul op Zinns­hoek ge­skiet het.

Daar­die aand het ons met Chris Derk­sen oor­een­ge­kom dat ons ’n njala in die plek van e­ni­ge van die groot bok­ke kon skiet.

LEK­KER SMUL

Al­hoe­wel ek en Mar­co op ’n self­sor­g­jag was, kon A­nan­ja nie die ver­soe­king weer­staan om ons op sy kook­kuns te trak­teer nie. Eers het hy uit sy eie vir ons ’n ge­bak­te poe­ding op die vuur ge­maak en toe ons een mid­dag uit die veld kom, het hy heer­li­ke, groot, tuis­ge­maak­te sa­moe­sas voor­ge­sit – be­slis die lek­ker­stes wat ek se­ker nóg ge­ëet het.

Bei­de my seuns is lief vir kos­maak en ty­dens hier­die jag kon ek saans heer­lik ag­ter­oor sit ter­wyl Mar­co sorg dat ons mae ge­vul word. Ek het da­rem een aand rooi­bok­le­wer gaar­ge­maak en ook ’n hoen­der­pot­jie ge­maak.

Vir my was die lek­ker ge­sprek­ke, die grap­pe, die saam kui­er en kos­maak ’n hoog­te­punt. Mar­co het die een mid­dag vir ons jaf­fles ge­maak en ter­wyl die pro­ses aan die gang was, het ek hom dui­de­lik laat ver­staan dat my jaf­fle ’n gour­met- ene moet wees... ek wou nie ’n “moer my”- jaf­fle hê nie. Dis wat met die “sjef” sou ge­beur as die jaf­fle nie na wen­se was nie! Dis sul­ke ver­spot­te grap­pies wat die sa­me­syn met jou kin­ders lek­ker maak.

Om­dat hul­le as kin­ders in die Noord-Kaap groot­ge­word en meest­al daar ge­jag het, is die Bos­veld en sy die­re nog vir my seuns ’n re­la­tief nu­we er­va­ring. En soms ge­beur dit dat dier­na­me ef­fens vreemd ont­hou word. As jul­le ooit vir Mar­co raak­loop, vra hom tog wat vir ’n die­ra­sie ’n steek­muis is!

Ek is ook ont­set­tend dank­baar dat jag vir Mar­co oor veel meer gaan as nét skiet. Vo­ëls, in­sek­te, rep­tie­le, an­der ge­wer­wel­des, bo­me en bos­din­ge fas­si­neer hom net so­veel as die jag self.

WEES WAKKER!

Wat jag op ’n bos­veld­plaas soos Zinns­hoek so lek­ker maak, is dat el­ke ses­sie in die veld ’n ver­ras­sings­pak­kie is. Jy moet ge­du­rig op jou to­ne wees, sta­dig en so sag as moont­lik be­weeg en jou oë die he­le tyd wa­wyd oop hou... en jy weet glad nie waar­in jy jou vol­gen­de gaan vas­loop nie. Ons was ver­skeie ke­re baie na­by aan wild, maar die bos was só ruig dat jy glad nie kan skiet nie. Dis uit­da­gend, want jy moet saam met die wild pro­beer be­weeg son­der om jou teen­woor­dig­heid weg te gee.

Om die wind­rig­ting te al­le tye in ag te neem, is ui­ters be­lang­rik en jy moet reg­tig­waar baie fyn kyk, want in ruie veld smelt die wild baie goed saam met die om­ge­wing. Die twee din­ge wat jag­ters die mees­te weg­gee, is hul reuk en be­we­ging. En as jy na­by aan wild is, e­ni­ge on­na­tuur­li­ke ge­luid, soos wan­neer me­taal teen me­taal kap.

Zinns­hoek is ook die tuis­te van bruin hi­ë­nas en lui­perds. Ek het juis met ’n vo­ri­ge be­soek hel­der oor­dag ’n lui­perd ge­sien en een nag het ’n lui­perd bob­be­jaan se kind op ’n krans reg bo­kant ons kamp kom vang. Bos­var­ke is ook vol­op daar en ek het by twee ge­leent­he­de van húl­le hel­der oor­dag ge­sien. Te­rug na die njala... Toe die don­ker bul vas­steek en om­kyk, het die .308 skaars ’n se­kon­de of twee la­ter ge­dreun en die dier het net daar in sy spo­re ge­val. “Her­laai,” het ek ge­sê. Ter­wyl Mar­co die vol­gen­de pa­troon in die loop stoot, het Mo­di­se hier skuins ag­ter ons drin­gend ge­fluis­ter, “Die rooi­bok, die rooi­bok, hy staan nog”. Weer het die .308 ge­dreun en ook die rooi­bok is, as­of deur ’n on­sig­ba­re hand, plat­ge­slaan.

Daar was ’n oom­blik stil­te en toe juig ons al­drie saam! Dis hoe ’n jag moet ein­dig. Ons het die af­stand na die nja­la­bul toe af­ge­tree, dit was 37 treë. Die 168gr Nos­ler CC het hom net on­der die lin­ker­oog ge­tref en ons het die koe­ël on­der die vel uit sy nek aan die ag­ter­kant van sy kop her­win.

Die rooi­bok was so 70m weg en hy het ’n Nos­ler skuins bo die reg­ter­oog ont­vang. Hier­die koe­ël het dwars­deur sy kop ge­fluit. En so het Mar­co se jag op Zinns­hoek, net soos my vo­ri­ge een, ook op ’n on­ver­geet­li­ke noot ge­ëin­dig.

PER­FEK­TE EIN­DE

Na­dat ons die bok­ke ge­slag het, is ons die na­mid­dag weer veld toe en hier­die keer was die ge­luk aan ons kant. Ons kon ’n trop­pie rooi­bok­ke in ’n dig­te stuk bos be­kruip dank­sy ’n lig­te bries wat in ons guns ge­bly het. Ek het ’n groot ram op 35m plat­ge­trek, maar ’n tak 11m voor die Ru­ger Black­hawk-re­wol­wer se loop raak­ge­skiet. Die koe­ël het ef­fens ge­de­flek­teer en waar dit be­doel was om die voor­kant van die blad te tref, het die koe­ël die nek ge­vang en ook hier­die ram het in sy spo­re laat val.

Vir my en Mar­co sal Zinns­hoek, (“die plek van die groot koe­doe” en “die plek van die njala”) al­tyd ’n be­son­de­re stuk­kie bos­veld bly. Ons het daar jag­her­in­ne­rin­ge ge­maak wat ons le­wens­lank sal ont­hou. * Die­ge­ne wat be­lang­stel om op Zinns­hoek te gaan jag, kan ge­rus vir Chris Derk­sen kon­tak by [email protected]­hoek.com

Mar­co met die nja­la­bul waar­van ek in die sto­rie ver­tel.

Ons het baie vo­ëls ge­fo­to­gra­feer. Zinns­hoek bied die i­de­a­le ge­leent­heid om ons ge­veer­de vriend­jies op ka­me­ra vas te lê. Mar­co tuur uit oor Zinns­hoek se dig­te bos­veld. Ie­wers daar het ‘n nja­la­bul op hom ge­wag.

Die hoof­kamp het baie at­mos­feer en is uit­ste­kend toe­ge­rus vir kos­maak in die bui­te­lug.

Op die fo­to is A­nan­ja Ma­ko­ga met die heer­li­ke sa­moe­sas wat hy vir ons ge­maak het.

HOOFFOTO: Die koe­doe­bul wat ons met ons weer­ga­we van ‘n groen jag “plat­ge­trek” het.

Hier­die is die eer­ste rooi­bok wat Mar­co ge­skiet het. Let op sy Re­ming­ton met die tak­tie­se kolf en lang ma­ga­syn. As dit jou e­nig­ste ge­weer is, moet dit maar doen as jy in die bos­veld te voet jag.

BO: Mo­di­se Mat­he ag­ter die s­tuur van ons jag­kar.

Mo­di­se en Mar­co by die rooi­bok­ram en nja­la­bul wat Mar­co bin­ne en­ke­le se­kon­des van me­kaar ge­skiet het. Bei­de het kop­sko­te ont­vang op on­der­skei­de­lik 37 en on­ge­veer 70m.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.