Koe­doe­jag in die Klein-Ka­roo

In die Kam­ma­nas­sie­ber­ge tus­sen ghwar­rie­bos en spek­boom word koe­doe­jag ’n sin­tuig­li­ke er­va­ring...

SA Jagter Hunter - - INHOUD - Gerrie Vosser

Laat­mid­dag, on­der in die poort, ge­vorm deur ’n sei­soe­na­le ri­vier­loop wat oor baie eeue heen sy kron­kel­gang tus­sen die steil kop­pe en krans­wan­de uit­ge­kal­we het, het ons aan­vank­lik die koe­does ge­mis. Dit was eers toe ek weer ’n keer te­rug­kyk dat ek en­ke­le die­re, en ook slegs hul­le kop­pe en ken­mer­ken­de groot ore, teen die dig­be­groei­de berg­hang ge­waar.

’n Sag­te sis­ge­luid tus­sen my tan­de het Fran­cois laat om­draai na waar ek reeds langs Hans plat op my bla­ker deur die te­le­skoop die koe­does be­trag het. Ons tot-stil­stand-kom het die trop­pie bok­ke teen die on­moont­li­ke steil berg­hel­ling, dig be­groei met ghwar­ries en spek­bo­me, laat uit­be­weeg. Die koeie, soos al­tyd voor, is ge­volg deur ’n jong bul. ’n Kop­knik deur Fran­cois, sy ver­ky­ker vas teen sy oë, het be­ves­tig wat ek graag wou weet – ek kon maar skiet. Dit het die wakker Hans langs my laat in­skuif so­dat my reg­ter­knie teen hom kon stut om my skiet­po­si­sie te ver­ste­wig.

Die ruie plan­te­groei teen die berg het sa­ke eg­ter be­moei­lik – slegs ge­deel­tes van be­we­gen­de bok­ke was kort­ston­dig sig­baar en ek het die bul uit die oog ver­loor. Die op­waart­se skuins hoek waar­teen ek moes aan­lê, het boon­op nog skuin­ser ge­raak, so­dat ek na­der­hand van sit­plek moes ver­skuif om my voor­ste hand se pols­ge­wrig teen ’n dwars­tak te stut. My eer­ste en e­nig­ste kans was toe die bul net on­der die kruin vas­steek, met net ge­noeg van sy bors bo die bos­se sig­baar. Die ge­ves­tig­de roe­ti­ne van ’n hal­we a­sem uit­blaas, die vas­suig van die kruis­draad, e­ga­li­ge snel­ler­druk en deur­vol­ging na die skoot, het eg­ter nie die ver­wag­te ‘doep’ van ’n koe­ël wat tref, ge­le­wer nie. My kop het

ge­sê, “Goeie skoot”, my hart, “En as dit nie was nie?”

Hans (’n-berg-maak-my-nie­moeg-nie) is am­per so moei­te­loos as die koe­does berguit en het van bo af be­duie daar is bloed. En na ’n baie lang vyf mi­nu­te het hy be­ves­tig dat die bul plat is. Ver­lig­ting en vreug­de is op­ge­volg deur die nug­ter we­te dat dit gaan kners om die bok te her­win. En dit was ook so.

Óp moes ek dik­wels han­de­vier­voet deur dig­te spek­boom bos­ka­sies beur en oor lae rots­ban­kies met bo­be­ne wat al lam­mer raak. Áf was dit nóg moei­li­ker met los klip­pe en bui­te-be­heer knieë wat my voe­te laat trap het op plek­ke waar ek nie wou nie. S­waar­te­krag was Fran­cois en Hans se bes­te (e­nig­ste) hand­lan­ger – dit het ge­help dat hul­le die jong bul­le­tjie son­der my hulp tot on­der kon sleep en boon­op vir my moes wag. Mid­del­ses­tig, wis ek toe, is lank­al nie meer mid­delt­win­tig nie!

VOL­OP IM­MI­GRAN­TE

Ty­dens my mi­li­tê­re op­lei­ding in Oudts­hoorn in die vroeë 1970’s was daar nog geen koe­does in die Klein-Ka­roo nie. Po­f­ad­ders ja, en som­mer baie daar­van. Vol­gens Fran­cois wat op die buur­plaas groot­ge­word het, het koe­does (im­mi­gran­te uit die Oos-Kaap), eers van­af 2008 daar be­gin voor­kom. Hier­die aan­pas­ba­re die­re het so vol­op ge­word »

» dat spe­si­a­le per­mit­te van Na­tuur­be­wa­ring soms no­dig is om hul­le snags uit die lan­de­rye te hou. Ons het die og­gend van my eer­ste dag in die veld am­per veer­tig koe­does ge­sien.

Fran­cois se ant­woord op my aan­vank­li­ke na­vraag was dat hy vir die jag­sei­soen reeds vol be­spreek was, maar toe ver­mur­we sy hart met ’n, “Dit klink my Oom wil om die reg­te re­des kom jag, ek maak vir jou plek”. Dit was die be­gin van ’n mooi vriend­skap met hier­die be­dag­sa­me, be­kwa­me jong ja­gon­der­ne­mer wie se da­de har­der as sy woor­de praat. Sy veld­werk oor leeus (vir sy mees­ters­graad) was teen die Mo­lo­po­ri­vier in die Ka­la­ha­ri, waar­ty­dens hy ook jag­be­ge­lei­ding ty­dens groot­wild­jag­te ge­doen het.

DIE JAGAREA

Die ge­kon­so­li­deer­de 16 000 hek­taar-jag­ge­bied in die K­leinKa­roo, oos van De Rust, strek van­af die kruin van die Swart­ber­ge in die noor­de, deur die O­li­fants­ri­vier­val­lei oor die mid­del­veld – be­staan­de uit pa­ral­lel­lo­pen­de, me­di­um­hoë berg­reek­se – tot teen die han­ge van die Kam­ma­nas­sie­ber­ge in die sui­de. Kam­ma­nas­sie, ’n ver­bui­ging van t’Kamt’Na­si uit die taal van die streek se eer­ste K­hoi­san­be­wo­ners, be­te­ken “berg van wa­ter” en be­staan uit ’n ru­we berg­kom­pleks van 350 tot 1 850 me­ter bo see­vlak, met tal­le stand­hou­den­de fon­tei­ne wat in diep klo­we ont­spring. Die berg huis­ves van­dag die Kam­ma­nas­sie Na­tuur­re­ser­vaat wat spog met ’n ge­o­gra­fies af­ge­son­der­de ge­ne­poel van ons unieke Kaap­se berg­se­bra, E­quus zebra zebra. Hier­die prag­ti­ge en kri­tiek­be­dreig­de die­re se be­vol­king het van ses aan­ge­groei na so­wat se­wen­tig en hul voor­keur-hou­ge­bied lê op ’n me­sa (af­ge­plat­te kop waar­op ’n oer­vlak­te voor­kom) pas­lik be­kend as die Per­de­vlak­te.

Die jag­ge­bied se plan­te­groei word ti­peer deur twee bi­o­me, suk­ku­len­te Ka­roo en Al­ba­ni­a­ruig­tes, be­staan­de uit fyn­bos, ver­skil­len­de aal­wyn- en vet­plant­soor­te, hout­ag­ti­ge s­trui­ke en met gw­har­ries, blou­bos­se, koe­nie-, spek-, ka­ree- en soet­do­rings as die mees pro­mi­nen­te boom­soor­te. Op my vraag oor ’n struik met ’n in­te­res­san­te blaar­vorm en glan­sen­de groen kleur, het Hans, K­hoi­san-af­stam­me­ling en kun­di­ge veld­mens wat hy is, ge­ant­woord dat dit Kaat­jie Roem­ryk heet. Wat ’n be­son­der­se naam! Hans het in sy reg­uit A­fri­kaans ver­tel dat sy lek­ker­ste doen­ding is om met sy slim skaap­hond te gaan loop, want dié leer hom dan van die veld, soos om hom te neem na ’n bos­sie waar­teen ’n jak­kals ge­pie het.

ONS JAGPATROON

Ons het koe­does ge­jag soos ek daar­van hou: be­gin reeds don­ker­og­gend en druk deur tot on­ge­veer twaalf­uur, ge­volg deur ’n kor­ter laat­mid­dag­ses­sie tot net na son­on­der. Wan­neer Fran­cois en Hans my sog­gens kom op­laai het by die af­ge­son­der­de klip­huis in ’n diep kloof, het die koue ag­ter op die bak­kie y­sig deur my lae warm kle­re ge­dring, my vin­gers laat vries en my snor druip­nat on­der ’n loop­neus ge­laat.

Ons vroeg­og­gend- mo­dus o­pe­ran­di was om teen ’n ge­ko­se ri­vier­lo­pie af te ry om ho­pe­lik nog die koe­does (wat snags daar­langs in die do­ring­bo­me ge­wei het), laag teen die om­lig­gen­de ber­ge op te spoor. Deur die dag keer hul­le te­rug na die ho­ër­lig­gen­de ge­bie­de en jy wil hul­le laag teen die han­ge vang om her­win­ning mak­li­ker te maak. ’n Be­kruip­tog is ge­woon­lik daar­na be­plan om ’n bok on­der skoot te kry. In­dien on­suk­ses­vol, sou Fran­cois en ek dan la­ter te voet die ber­ge aan­durf om ge­skik­te klo­we en kom­me deur te werk.

Laat­mid­dag was die pro­ses om­ge­keer – ons sou stel­ling in­neem teen die la­er berg­han­ge om koe­does on­der­weg na die ri­vier­lo­pe te on­der­skep. Ek wou graag twee jong bul­le jag om na bil­tong, wors, maal- en kook­vleis te ver­werk. Suk­ses was eg­ter nie ver­se­ker nie; soos my pa al­tyd ge­sê het: “Jong, as al ons plan­ne al­tyd ge­werk het, sou ons dit skiet en nie jag »

Laat­mid­dag was die pro­ses om­ge­keer – ons sou stel­ling in­neem teen die la­er berg­han­ge om koe­does on­der­weg na die ri­vier­lo­pe te on­der­skep.

» ge­noem het nie.”

Die eer­ste og­gend was dit Fran­cois wat van­uit die ka­juit die jong koe­doe­bul, ewe grys as die ske­mer veld om hom, ge­waar en stil­ge­hou het. Na­der as hon­derd me­ter, sy kop hoog ge­lig, het die bul ons en­ke­le se­kon­des stip be­trag voor hy om­ge­krink en lui­weg te­rug die ri­vier­ruig­tes in is. Sy eer­ste, be­son­der diep en wye ho­ring­spi­raal het eers aan die bui­te­kan­te van sy ore te­rug­ge­draai. Ons het hom nie ge­volg nie – as deel van Fran­cois se be­stuurs­plan moes hier­die bul die ge­leent­heid kry om tot vol­was­sen­heid te groei en sy be­lo­wen­de ge­ne op sy na­ge­slag oor te dra. Al­hoe­wel ons ge­du­ren­de die laat­og­gend­ses­sie heel­wat koe­does ge­waar het, was daar geen bul­le by die koeie en kal­wer­trop­pies nie.

BAIE KLEIN­WILD

Die be­dui­den­de ge­tal­le klein­wild het my op­ge­val. S­teen­bok­kies, ti­pies in paar­tjies, het on­be­vreesd na ons staan en kyk, soms skaars t­win­tig me­ter weg. Een spe­si­fie­ke ram­me­tjie wat met een voor­poot­jie in die lug roer­loos bly staan het – slegs sy kop het bly draai om ons dop te hou – se ho­rings was re­kord­klas. Daar­en­teen was dui­kers, gro­ter en ste­wi­ger ge­bou, op­val­lend don­ker­bruin, en­kel­lo­pend en im­mer be­dry­wig, aan die roer. Een keer op die kruin van ’n lae rant het Fran­cois en ek vas­ge­steek en stil bly staan, so­dat ’n aan­ko­men­de dui­ker­ram, sy oë blink en kalm, vlak teen ons ver­by is son­der om ons te ei­en. On­der­vin­dings soos hier­die maak jag die moei­te werd.

Die twee­de dag het ons ewe vroeg koers ge­kry na ’n breë val­lei met tal­le sy­klo­we wat diep in­ge­keep het na die ri­vier on­der in die val­lei. Van­waar ons laag teen die lin­ker­hang langs ge­jag het, kon ons koe­does, ter­gend bui­te be­reik, teen die oor­kant­ste berg­han­ge in die og­gend­son sien. Ek wou ’n fo­to van ’n uit­ge­strek­te plaat aal­wy­ne neem, toe et­li­ke groe­pies koe­does skie­lik bin­ne skoot­af­stand te voor­skyn kom. Tot my te­leur­stel­ling was daar weer nie bul­le by nie. Maar Hans het met sy skerp oë ’n koe­doe­bul ge­waar wat links in ’n wye kloof, steeds in diep ska­du ge­hul, aan die uit­be­weeg was.

’n Ou ka­me­ra-drie­poot met ’n spe­si­a­le pas­stuk vir my ge­weer het in die sit­po­si­sie ’n sta­bie­le skiet­plat­form ge­bied. Die bul was reeds by­kans 300 me­ter weg. Op Fran­cois se stil vraag het ek be­ves­tig dat ek met ver­troue ’n ak­ku­ra­te skoot oor dié af­stand met die drie­poot en die plat koe­ël­baan van my ge­troue .270, wat op 200 me­ter in­ge­stel was, kon plaas.

BOK­KOORS!

Die koe­doe­bul het aan­hou stap en toe hy gaan staan, was dit met sy bou­de na my toe. Ek moes ge­dul­dig wag ter­wyl op­laai­en­de op­win­ding kom­mer­wek­kend na bok­koors be­gin neig het. Die eer­ste keer toe die bul d­wars draai, kon ek nie my a­sem­ha­ling on­der be­heer kry nie en die kans is ver­speel. Eers toe ek sag­gies vir my­self kon lag dat ek na al die ja­re nog só op­ge­won­de kon raak, het die no­di­ge kalm­te te­rug­ge­keer.

Met die twee­de vas­steek en dwars­draai­slag was ek reg en het die skoot per­fek ge­loop. In die te­le­skoop kon ek sien hoe die bul se stert wit oop­waai­er en hy met ’n ge­krom­de rug weg­vlieg, ge­volg deur die ge­luid van die koe­ël wat tref. Teen hoë spoed, ken­mer­kend van ’n hart­skoot, het hy af­draand ge­koers en na links in die kloof ver­dwyn, waar ons hom sou kry. Al­tans, dit was die ver­wag­ting... tot­dat hy kort daar­na ver­skyn waar hy hin­ken­de saam met ’n vier­tal koeie teen die berg uit­be­weeg het. Dit was tóé dat die pla­sing van die kruis in die mid­del van sy diep bors, in lyn met die voor­been, dui­de­lik voor my gees­tes­oog af­speel en dit my soos ’n don­der­slag ge­tref het: Ek het nie ek­stra toe­ge­gee vir die af­stand wat die bul ver­der as die aan­vank­li­ke 300 me­ter weg­be­weeg het nie. Die skoot was te laag!

Goeie span­werk het eg­ter bin­ne ’n kort tyds­be­stek sa­ke tot ’n ein­de ge­bring. Hans en ek is teen die lin­ker­hang van die kloof op, Fran­cois met sy .30-06 teen die reg­ter­hang. Die swaar­ge­won­de bul kon nie aan die bo­punt van die kloof saam met die koeie die vol­gen­de hoë kop uit nie, en het te­rug­ge­draai na waar Fran­cois hom met ’n goed ge­plaas­te skoot plat­ge­trek het. On­der­soek het ge­toon dat die 150gr ProAmm-koe­ël uit my ge­weer die dus­kant­ste hu­me­rus net bo­kant die bors­been ver­gruis het, met stuk­kies lood, ko­per­man­tel en been­splin­ters wat die lon­ge op­waarts bin­ne­ge­dring het.

DANK­BAAR

Ja, dit was ’n ge­luk­ki­ge ein­de, maar ge­luk moes daar­in nooit ’n rol ge­speel het nie. Ek moes nie toe­ge­laat het dat bok­koors my aan­dag so kon af­lei dat ek ver­geet het om ho­ër te mik toe ek moes nie. Dit pla my steeds. Tog ge­beur al­les met ’n doel: Ho­pe­lik sal me­de­jag­ters saam uit my fou­te kan leer so­dat ons daar­die ho­ër stan­daar­de haal waar­na ons al­mal streef.

Daar­die aand, waar ek voor my klein kamp­vuur­tjie bui­te die klip­huis my jag her­leef het, het die plaas­li­ke bob­be­jaan­trop in die don­ker weers­kan­te teen die kloof­hel­lings ver­by­ge­trek na hul slaap­plek toe. An­ders as die vo­ri­ge aan­de, was hul­le stem­me vreemd ge­demp. Die do­mi­nan­te ou man­ne­tjie het van­af sy krans­lys ’n en­ke­le diep blaf in bas­so pro­fun­do ge­ui­ter. Na­dat ’n nag­uil­tjie tril­lend ge­roep het, het hy laag in kan­tel­vlug oor my heen ge­skeer. Bo die klip­huis het die sui­der­kruis stil ge­hang. En die S­kep­per van gans al­les het my met die­pe ver­won­de­ring en dank­baar­heid ge­vul.

Waar is die koe­does? Is dit wat Ran­ger hier won­der? ‘n Pa­no­ra­mie­se uit­sig oor die jag­ge­bied suid van die Swart­ber­ge.

Jag­ters gaan tuis in dié klip­huis, diep weg­ge­steek in ‘n af­ge­son­der­de kloof. Bob­be­ja­ne slaap graag in die kran­se op die ag­ter­grond.

Met die hulp van vier man­ne met dra­bal­ke, was her­win­ning van die twee­de koe­doe­bul heel­wat mak­li­ker.

Ja­gon­der­ne­mer en vriend, Fran­cois van der Mer­we, met sy koe­doe­bul – ‘n baie mooi voor­beeld van die ti­pie­se don­ker­bruin kleur van koe­does in die Klein-Ka­roo.

Die eer­ste koe­doe­bul word berg­af ge­sleep na die jag­bak­kie on­der in die kloof (met die pyl­tjie aan­ge­dui). Let op hoe steil die berg­hang is wat so met die jag­ters ge­mors het!

Goeie voor­be­rei­ding ver­se­ker suk­ses in die jag­veld: Na baie oe­fe­ning op die skiet­baan, eers met die .22, was hier­die my bes­te groe­pe­rings met die .270 van­uit ‘n sit­po­si­sie.

In die goed in­ge­rig­te klip­huis is ook ‘n ge­sel­li­ge bin­ne­braai en ge­rief­li­ke kui­er­toon­bank, ver­vaar­dig uit spoor­weg­dwars­lê­ers. Die prag­ti­ge jag­ge­bied suid van die Swart­ber­ge (die ber­ge op die ho­ri­son). Die fo­to is ‘n paar jaar ge­le­de ge­neem voor die...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.